Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Agtergrondgrafika


<body background="?"> spesifiseer die agtergrondgrafika

Die <body background="?">-merker laat jou toe om grafika vir die agtergrond van jou webblad te gebruik. 'n Groot beeld kan dalk slegs een keer vertoon word (afhangend van die grootte van jou webblaaier venster en die resolusie vir jou monitor), terwyl 'n kleiner beeld soveel keer vertoon gaan word as wat nodig is om die venster te vul - 'n proses wat bekend is as "tiling".

As jy in jou HTML-dokument skryf:

 

<body background="kat.gif">

 

sal dit soos volg vertoon:

 

 

Kat.gif sal soveel keer in jou webblaaier venster vertoon word as wat nodig is om die venster te vul. Indien kat.gif baie klein is, sê maar 20 by 20 pixels, en die blad word vertoon in 'n webblaaier venster van 640 by 480 pixels, sal kat.gif 'n astronomiese 768 keer vertoon word.

Indien jy nie wil hê dat jou agtergrondgrafika moet teël nie, kan jy die grootte van die grafika gaan aanpas met 'n grafiese pakket soos Paint Shop Pro. Onthou egter dat 'n groter prent langer neem om te laai en dus die spoed van jou blad nadelig kan beïnvloed.

Is jy gewoond aan agtergrondgrafika wat saam met die teks beweeg soos wat jy deur die dokument beweeg? Dit hoef nie so te wees nie! Die agtergrondgrafika kan stilstaan met die teks wat daaroor beweeg. Dit gee jou 'n "floating" effek vir jou teks.

As jy in jou HTML-dokument skryf:

 

<body background="kat.gif" bgproperties="fixed">

<p>Voor die koms van bulhond Bertha in die de Jager huishouding, was dit drie chihuahuas gewees - pa, ma en seun. Oubaas, Peggy en Boesman en katte was hulle groot spesialiteit want hulle het as span saamgewerk. Een sou alarm gee "daars KAT in die werf" en die ander twee sou met groot haas vertrek na die aksie toe.</p>

<p>Gewoonlik sou die rondloopkat die naaste boom kies waarvan ons baie gehad het. Pomelo, nartjie, suurlemoen, lemoen, papaja, piesang, koejawel of mango. Die katte het groot keuse gehad waar hulle wou in. Die bome met dorings was seker maar bietjie ongemaklik maar geen kat het kans gesien vir drie chihuahuas nie en boomklim het hulle geklim - die katte.</p>

<p>Die enigste manier om weer rus en orde te herstel, was om die kat nat te spuit met die tuinslang dat hy kon uit die boom uit. Dan was dit 'n dolle gejaag vir die naaste heining. Vreeslik sports vir die brakke gewees en na die beste van my wete was die ergste skade die aan 'n kat se ego.</p>

 

sal dit soos volg vertoon:

Die <bgproperties="fixed">-merker gee die effek van die agtergrondgrafika wat stilstaan terwyl die teks daaroor beweeg. As jy die "fixed" waarde vervang met "scroll" sal die agtergrondgrafika saam met die teks beweeg, maar dan kan jy dit net sowel weglaat aangesien die verstekwaarde "scroll" is. O ja, hierdie merker werk nie in Netscape 4.78 of ouer weergawes van Netscape nie.

Wil jy meer beheer oor jou agtergrondgrafika hê? Soos bv. om te voorkom dat dit teël of die presiese plasing daarvan op jou blad bepaal? Ongelukkig is daar geen manier om dit met HTML te doen nie. Die goeie nuus is egter dat jy dit met kaskaderende stylblaaie kan doen. Daarvoor kan jy die lesse oor kaskaderende stylblaaie (CSS) gaan deurwerk.

OM OP TE SOM:
  • <body background="?"> spesifiseer die agtergrondgrafika.
  • 'n Groot beeld kan dalk slegs een keer vertoon word terwyl 'n kleiner beeld soveel keer vertoon gaan word as wat nodig is om die venster te vul - 'n proses wat bekend is as "tiling".
  • Die <bgproperties="fixed">-merker gee die effek van die agtergrondgrafika wat stilstaan terwyl die teks daaroor beweeg.

Indien jy voel jy het die agtergrondgrafika onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor grafika.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1