Bybel Pakkette


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


Al die Bybelpakkette wat op hierdie blad beskryf word, is gratis beskikbaar om af te laai vanaf die Internet. Die toepaslike skakels is onderaan elke beskrywing geplaas.

Indeks

Theophilos
The Sword Project
Bijbel Aktueel


Theophilos

Theophilos is 'n alles in een Bybelpakket. Dit bevat die King James Version van die Bybel met vele ander vertalings addisioneel beskikbaar. Daar is ook Bybelwoordeboeke en kommentare beskikbaar. Baie ander geskrifte is al verwerk vir die pakket. In Theophilos kan jy ook jou eie notas maak oor jou Bybelstudie onderwerp, asook verwysingslyste skep met teksverwysings oor 'n spesifieke onderwerp. Daar is ook 'n uitstekende soekfasiliteit met vervangingsimbool en logiese nie karakter soektogte. Dit sluit ook soektogte in enige dokument in.

Theophilos beskik ook oor volle HTML steun. Enige webbladsy kan dus in die pakket oopgemaak word. Dit is veral handig indien daar teologiese artikels van die Internet af afgelaai word vir bestudering. Die pakket het ook multimedia funksionaliteit. So kan daar 'n foto en klank aan 'n teks gekoppel word om outomaties oop te maak of te speel wanneer die vers in Theophilos gelees word. Daar is ook taalsteun vir 'n hele aantal verskillende tale, onder andere ook vir Afrikaans.

Wat die pakket besonders maak, behalwe dat dit alles totaal GRATIS is, is die hoeveelheid Afrikaanse werke wat reeds beskikbaar is in Theophilos formaat. Die meeste van die werke is deur Dr. A.H. Bogaards van die Gereformeerde Kerk Daniëlskuil in Theophilos formaat verwerk. Onder andere is die volgende werke beskikbaar:

  • Psalms
  • Skrifberymings
  • Formuliere
  • Algemene Belydenisskrifte
  • Heidelbergse Kategismus
  • Dordtse Leerreëls
  • Kerkorde
  • Nederlandse Geloofsbelydenis
  • Verskeie preke

Daar is ook 'n "utility" beskikbaar genaamd SCRIBE waarmee enige een addisionele modules kan verwerk in die Theophilos formaat. Die hoofsaaklike program ontwikkeling word gedoen deur Ivan Jurik. Hy baseer sy ontwikkeling volledig op insette wat deur die gebruikers van die pakket verskaf word. Daar is dan ook 'n gebruikersforum waar die pakket en algemene geloofsake bespreek word. Die forum funksioneer deur middel van e-pos en die diens word gratis verskaf deur Yahoogroups. Dit is 'n vrywillige forum waarby enige persoon kan aansluit. Die forum bestaan uit gebruikers van Theophilos wêreldwyd en die voertaal is Engels.

Theophilos kan afgelaai word by: www.theophilos.sk

Voorbeeldskerm van Theophilos

Terug na Indeks


The Sword Project

The Sword Project is 'n naslaanwerk vir die wat verskillende tekste van die Bybel wil vergelyk. Daar is verskillende vertalings van die Bybel beskikbaar, asook Strong se Konkordansie met Griekse en Hebreeuse woorde. Die International Standard Bible Encyclopedia kan ook addisioneel afgelaai word. Matthew Henry se volledige kommentaar van die Bybel is ook beskikbaar.

The Sword Project kan afgelaai word by: www.crosswire.org

Voorbeeldskerm van The Sword Project

Terug na Indeks


Bijbel Aktueel

Bijbel Aktueel bevat die Nederlandse Statenvertaling van die Bybel. Dit is 'n gebruikersvriendelike program wat die Statenvertaling toeganklik maak. Daar is egter nie verdere modules vir Bijbel Aktueel beskikbaar nie en ook geen soekfunksie nie.

Wat wel ook by die webtuiste afgelaai kan word, is Woord in Beeld. Dit is 'n interaktiewe program wat agtergrond gee oor die ontstaan van die Bybel, die leefwyse van die mense in Bybelse tye, verskeie kaarte, die land en volk Israel en so meer.

Bijbel Aktueel en Woord in Beeld kan afgelaai word by: www.c3ws.com

Voorbeeldskerm van Bijbel Aktueel

Voorbeeldskerm van Woord in Beeld

Terug na Indeks


Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1