Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Webbladontwerp


Die Internet bied jou 'n wonderwêreld van inligting. Jy het deur die Internet toegang tot die grootste bron van kennis wat daar is. Soos met enige produk wat jy wil koop, speel die verpakking of aanbieding daarvan 'n groot rol. Elke produk se aanbieding verskil van die volgende. Gaan kyk maar na verskillende webtuistes, jy sal lank moet soek om twee te kry wat presies dieselfde is.

Hierdie verskil in aanbieding van inligting het my begin interesseer en daarom het ek besluit om meer daarvan te leer. Jy sal verbaas wees hoe maklik dit is. Soos met enige ander tipe inligting, is alles wat jy wil weet oor webbladontwerp op die Internet beskikbaar. Al wat jy nodig het, is 'n basiese kennis van rekenaars en enige woordverwerker programmetjie. Hierdie webblad het ek in Notepad geskryf wat standaard saam met Windoze geïnstalleer is. Geen duur sagteware of enige kursusse is nodig nie, net bietjie navorsing op die Internet en daar gaan jy.

Daar is wel baie oulike programme wat jy kan gebruik om 'n webblad te skryf. Sommige van die programme is selfs gratis beskikbaar vanaf die Internet. Jy kan Evrsoft 1st Page 2000 gaan aflaai om jouself touwys te maak met webbladontwerp.

Indien jy nie die tyd het om self te leer webblaaie skryf nie of nie daarvoor kans sien nie, kan ek vir jou 'n webblad ontwerp. Gaan kliek heel onder aan hierdie blad op die knoppie wat sê "Kliek hier om my te kontak" en stuur vir my 'n e-pos met jou besonderhede dan gee ek jou 'n kwotasie vir jou persoonlike webblad.

Indien jy egter 'n "doen-dit-self" persoon is, kan jy op hierdie blad die nodige kennis oor HTML kom opdoen. Gaan dus gerus na die eerste les oor basiese beginsels.

As jy graag 'n boek wil aankoop om jouself HTML aan te leer, gaan besoek gerus Amazon.co.uk. Kies jou afdeling hieronder as boeke en gebruik die sleutelwoorde "HTML". Kliek op die "Go" knoppie en gaan soek jou boek.

Search:
Keywords:
In Association with Amazon.co.uk
In Association with Amazon.co.uk


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1