Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Grafika Rame


<img src="?" border="#" /> stel die raamgrootte vir grafika

Die grafika raam is die lyn wat buite-om grafika verskyn. Hierdie raam sal gewoonlik net verskyn as die grafika as 'n skakel gebruik word. Jy kan egter doelbewus 'n raam van enige grootte om jou grafika skep deur die <img src="?" border="#" />-merker te gebuik en die "#" met 'n waarde te vervang. Die waarde kan wissel tussen 1 tot 99.

'n Waarde van "0" sal die raam basies afskakel, dus geen raam vertoon nie. Dit klink half dom om die moeite te doen om 'n raam met 'n nulwaarde te spesifiseer indien dit in elk geval nie vertoon word as daar geen waarde gespesifiseer word nie. Maar daar is ook 'n doel daarvoor. As jy bv. grafika vir 'n skakel gebruik, kan jy met 'n nulwaarde die raam afskakel wat deur die verstekstelling om die grafika geplaas word. (<img src="?" border="0" />). Ons normale grafika sonder 'n gespesifiseerde raam, het geen raam nie:

 

 

Ons kan egter 'n raam byvoeg deur te skryf:

 

<p align=center><img src="./pictures/kat.gif" border="5" /></p>

 

en dan sal dit soos volg vertoon:

 

 

So kan ons die raam se wydte gaan aanpas deur die waarde van <img src="?" border="#" /> te verander:

 

<p align=center><img src="./pictures/kat.gif" border="20" /></p>

 

en dit lyk dan so:

 

 

Die slegte nuus is dat jy met HTML alleen maar tevrede moet wees met 'n swart raam om jou grafika. Die goeie nuus is dat jy met kaskaderende stylblaaie nie net die kleur van die raam kan beheer nie, maar selfs verskillende kleure binne dieselfde raam kan gebruik. Maak dus seker dat jy wel deur die lesse oor kaskaderende stylblaaie gaan werk. Maar voltooi maar eers die lesse oor HTML, anders gaan jy nie kaskaderende stylblaaie verstaan nie.

OM OP TE SOM:
  • <img src="?" border="#" /> stel die raamgrootte vir grafika.
  • Die raam sal gewoonlik net verskyn as die grafika as 'n skakel gebruik word, tensy jy die grootte spesifiseer.

Indien jy voel jy het grafika rame onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor teks en grafika.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1