Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Vooraf Geformateerde Teks


<pre> begin vooraf geformateerde teks
</pre> eindig vooraf geformateerde teks

<pre> staan vir vooraf geformateer (preformatted). Vooraf geformateerde teks verskil van gewone teks op twee belangrike maniere:

  1. Dit word vertoon in 'n monospasie of vaste wydte skrif wat soos die skrif van ou teleksmasjiene lyk, en
  2. Dit word in die webblaaier vertoon presies soos jy dit getik het, insluitend spasies en "enters".

Vooraf geformateerde teks word die beste benut om kode, ASCII kuns, EE Cummings gedigte, of enige iets anders waar "enter's" en spasies internasionaal en noodsaaklik is, te vertoon. Maar pasop vir die gevare van vooraf geformateerde teks: Jy moet "enter" druk aan die einde van elke reël, anders sal die teks net van die regterkant van die skerm af verdwyn en jou hele paragraaf alles in een lang reël vertoon word.

Die HTML vir vooraf geformateerde teks lyk soos volg:

 

<pre>Liewe Antie Stienie,
Ek wil graag 'n paar
"enter's"
en s p a s i e s leen
         vandag, 
ek sal dit ... môre teruggee.</pre>

 

Dit word presies soos jy dit getik het, vertoon:

 

Liewe Antie Stienie,
Ek wil graag 'n paar
"enter's"
en s p a s i e s leen
         vandag, 
ek sal dit ... môre teruggee.

 

Kom ons gebruik weer daardie voorbeeld, maar die keer sonder die <pre>-merker:

 

<p>Liewe Antie Stienie,
Ek wil graag 'n paar
"enter's"
en s p a s i e s leen
         vandag, 
ek sal dit ... môre teruggee.

 

Nou vertoon dit soos volg:

 

Liewe Antie Stienie, Ek wil graag 'n paar "enter's" en s p a s i e s leen vandag, ek sal dit ... môre teruggee.

 

Sien jy dat die "enter's" en spasies wat so krities vir ons briefie was totaal geďgnoreer word in gewone HTML?

Vooraf geformateerde teks kan vreeslik fyngevoelig wees (in sommige webblaaiers), maar dit kan ook suksesvol kombineer word met ander merkers. Jy kan dit "bold" en kursief maak en jy kan ook skakels daarvan maak. As jy in jou HTML dokument tik:

 

<pre>My maag
      pyn
        van                    die
         o n d e r d r u k t e
                            lag.

<i>Enige een</i> kon
      die kameraman <b>geskop</b> het.

         Maar net 
<a href="mailto:johannes.kruger
@freemail.absa.co.za">
Johan</a>
           sou dit <i>regtig</i>
              gedoen het.</pre>

 

sal dit soos volg vertoon:

 

My maag
      pyn
        van                    die
         o n d e r d r u k t e
                            lag.

Enige een kon
      die kameraman geskop het.

         Maar net 
Johan
           sou dit regtig
              gedoen het.

 

 

OM OP TE SOM:
  • <pre> begin vooraf geformatteerde teks.
  • </pre> eindig vooraf geformatteerde teks.
  • Dit word vertoon in 'n monospasie of vaste wydte skrif wat soos die skrif van ou teleksmasjiene lyk.
  • Dit word in die webblaaier vertoon presies soos jy dit getik het, insluitend spasies en "enters".
  • Vooraf geformateerde teks kan suksesvol kombineer word met ander merkers.

Indien jy voel jy het die <pre>-merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor masjienteks.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1