Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Basiese beginsels van webbladontwerp


HTML is die taal van die Internet. Dit is 'n eenvoudige, universele markeertaal ("mark-up language") wat Web publiseerders in staat stel om komplekse bladsye saam te stel met teks en grafika wat dan deur enige persoon gesien kan word, ongeag van watter tipe rekenaar of webblaaier gebruik word. HTML is 'n akroniem vir "Hyper Text Markup Language".

Ten spyte van wat wie jou ookal vertel het, het jy nie enige spesiale sagteware nodig om 'n HTML-bladsy te skep nie. Al wat jy nodig het, is 'n woordverwerkerprogram soos Notepad, Wordpad of MS Word en 'n werkbare kennis van HTML. Gelukkig vir ons almal is HTML doodeenvoudig.

HTML is net 'n reeks merkers ("tags") wat geïntegreer word in 'n teksdokument. Soos wat verhoogaanwysings in 'n toneelstuk net vir die akteur sę hoe hy moet optree, wys merkers ook net vir 'n webblaaier aan wat om te doen en watter hulpmiddels om waar te gebruik.

HTML-merkers is gewone Engelse woorde (soos "blockquote" of "color") of afkortings (soos "p" vir "paragraph" of "b" vir "bold"), maar hulle word onderskei van die normale teks van die dokument omdat hulle in hoekhakies ( < > ) geplaas word. Dus is die "paragraph"-merker <p> en die "blockquote"-merker is <blockquote>. Sommige merkers dui vir die webblaaier aan hoe die webbladsy geformateer moet word (bv. <p> begin 'n nuwe paragraaf) en ander merkers dui aan hoe die teks geformateer moet word (bv. <b> maak die teks "bold"). Nog ander merkers verskaf inligting aan die webblaaier (soos bv. die titel van die webblad) en word gladnie op die blad vertoon nie.

Die eerste ding wat jy moet onthou aangaande merkers, is dat hulle in pare saamloop. Elke keer wat jy 'n merker gebruik, bv. <blockquote>, moet jy dit ook eindig met 'n ooreenstemmende merker, in die geval </blockquote>. Sien jy die vorentoeskuinsstreep ( / ) voor die woord "blockquote"? Dit is wat die verskil aandui tussen 'n beginmerker en 'n eindmerker.

Die basiese HTML-bladsy begin met die merker <html> en eindig met </html>. Tussenin is daar twee afdelings - die kop ("head") en die lyf ("body").

Die kop - ingesluit deur die <head>- en </head>-merkers - bevat inligting oor die bladsy wat nie op die bladsy self gaan verskyn nie, soos die titel van die dokument. Die lyf - ingesluit deur die <body>- en </body>-merkers - is waar die aksie plaasvind. Alles wat op die bladsy gaan verskyn, word ingesluit tussen die <body>- en </body>-merkers.

Kom ons skep 'n eenvoudige webblad. Die eerste stap is om 'n nuwe teksdokument te skep (ONTHOU: die dokument moet as 'n "Text Only" of "Plain Text" tipe gestoor word indien jy 'n woordverwerker gebruik wat meer gevorderd is as Notepad of Wordpad) en noem dit "enigeiets.html" waar "enigeiets", uhm, wel, enige iets is.

WENK:
Moenie hoofletters of spasies in die naam gebruik nie, dit gaan later probleme veroorsaak wanneer jy jou blad opgelaai het na 'n Internet bediener toe. Vervang spasies met 'n onderstrepie ("underscore" _ ).

Jou basiese dokument gaan iets soos die volgende lyk:

 

<html>
<head>
<title>Kommunikasie</title>
</head>

<body>
<h1>Kommunikasie</h1>

<p>Ou buurman Stan Horne in Tsumeb het twee Siamese katte gehad.</p>

<p>Orraait, hulle opvoeding het skeefgeloop want hulle het gedink hulle is honde behalwe vir die blaf gedeelte.</p>

</body>
</html>

 

So, tussen die <head>-merkers, het ons die titel - Kommunikasie - wat in die staaf bo-aan jou webblaaier verskyn (soos jy kan sien, is die titel van hierdie blad "01 Basiese Beginsels van Webbladontwerp").

Tussen die <body>- en </body>-merkers, is alles wat op die blad sal verskyn. In hierdie geval lyk dit soos volg:

 

Kommunikasie

Ou buurman Stan Horne in Tsumeb het twee Siamese katte gehad.

Orraait, hulle opvoeding het skeefgeloop want hulle het gedink hulle is honde behalwe vir die blaf gedeelte.

 

Soos jy kon geraai het, is <h1> die merker vir 'n hoofopskrif en <p> dui die begin van 'n nuwe paragraaf aan.

Lyk eenvoudig, nč? Wel, dit is. Veral omdat jy baie maklik kan sien wat gebruik is om enige webblad te bou: kliek eenvoudig met jou regterkantse muisknoppie enige plek in die bladsy en selekteer "View Source". Die bronkode van die blad sal in Notepad oopmaak en dan kan jy gaan kyk hoe enige webblad aanmekaar gesit is. O ja, jy het ook nie jou eie tuisblad nodig om te kan oefen nie. Stoor eenvoudig enige blad op jou rekenaar se hardeskyf en gebruik dit dan om op te oefen.

OM OP TE SOM:
  • HTML is die universele taal van die Internet.
  • Jy het slegs 'n eenvoudige woordverwerker nodig om 'n webdokument te skep.
  • HTML-merkers ("tags") is gewone Engelse woorde en afkortings.
  • Hoekhakies ( < > ) word gebruik om die merkers aan te dui.
  • 'n Eindmerker word onderskei van 'n beginmerker met 'n vorentoeskuinsstreep ( / ).
  • Die basiese HTML bladsy begin met die <html>-merker en eindig met die </html>-merker.
  • Die kop (head) - ingesluit deur die <head>- en </head>-merkers - bevat inligting oor die bladsy wat nie op die bladsy self gaan verskyn nie.
  • Die lyf - ingesluit deur die <body>- en </body>-merkers - is waar die aksie plaasvind.

Indien jy voel jy het die basiese beginsels onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor bronkode.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1