Leer Webbladontwerp

Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke

1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Die Divisie-merker

begin 'n divisie

eindig 'n divisie

Jy sal nou seker vra hoekom bêre ek die beste vir laaste? Wel, soos met enige projek, is daar maar plekke waar die pap op die grond val. Byna... Gelukkig het ek van die
-merker onthou. Om die waarheid te sê, is daar nog 'n paar ander lesse ook wat ek al vroeër kon behandel het. Maar nouja, agteros kom ook in die kraal...

Is jy siek en sat daarvan om align="?" in bykans elke merker te plaas net om jou blad behoorlik uitgelê te kry? En hoe voel jy oor al die ander merkers wat jy moet gebruik om jou teks en grafika behoorlik geposisioneer te kry? Dis nie pret nie, nê? Hou moed, die
-merker gaan tot jou redding kom!

So, kom ons begin. As jy bv. 'n klomp teks, 'n foto en dan nog teks het wat jy alles wil sentreer op jou blad, het jy tot nou toe by bykans elke merker 'n <align="center"> bygevoeg. Jou HTML sou dus soos volg gelyk het:

Toe kom leer die buurman se windhond Stan se katte wat spaaitvoelnis is en net daarna kry die kat se ego seer by my drie chihuahuas. Goed, nou het kat van spaaitvoel geleer.

My garage was te vol van gemors dat ek nog die Passat kon inkry ook met die gevolg die Passat het in die afdakkie langs die garage gestaan. In daardie dae het jongste dogter ook 'n Siamees iewers gekry en my drie brakke moes noodgedwonge die katgedierte aanvaar.

Met die
merker, gaan jou HTML soos volg lyk:

en dit gaan soos volg vertoon:

Toe kom leer die buurman se windhond Stan se katte wat spaaitvoelnis is en net daarna kry die kat se ego seer by my drie chihuahuas. Goed, nou het kat van spaaitvoel geleer.

My kat

My garage was te vol van gemors dat ek nog die Passat kon inkry ook met die gevolg die Passat het in die afdakkie langs die garage gestaan. In daardie dae het jongste dogter ook 'n Siamees iewers gekry en my drie brakke moes noodgedwonge die katgedierte aanvaar.

Dit maak HTML makliker, nê? Die
-merker werk ook saam met ander goed soos tabelle, vorms en lyste. Maar wat nou as jy daardie twee paragrawe links wou belyn en die grafika sentreer? Wel, jy kan die
-merker "override" deur 'n align="center"-merker in te voeg by die merker wat jy anders wil hê. Sodra daardie merker weer gesluit word, neem die
merker weer effek.

OM OP TE SOM:

begin 'n divisie

eindig 'n divisie
• Die
-merker werk ook saam met tabelle, vorms en lyste.
• Jy kan die
-merker "override" deur 'n align="?"-merker in te voeg by die merker wat jy anders wil hê.

Indien jy voel jy het die divisie-merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor horisontale strepe.

Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1