Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Bronkode van 'n Webblad


Of jy nou met HTML of JavaScript werk, dit is baie belangrik om te leer hoe om na die bronkode van 'n webblad te gaan kyk. Deur na die bronkode van 'n blad te kyk kan jy agterkom hoe ander mense dinge regkry en kan jy jouself leer om 'n kragtige webontwikkelaar te word.

Dit werk soos volg: Elke webblad bestaan basies net uit 'n eenvoudige teksdokument, soos 'n e-posboodskap of 'n woordverwerkerdokument. Dit is net 'n klomp letters - geen prentjies of animasies of kleur nie.

Hierdie bladsy met teks word geformateer met HTML-merkers en dit vertel vir jou webblaaier hoe dit wil hê die webblad moet lyk. Die webblaaier lees hierdie instruksies en vertoon die aksiebelaaide bladsy. Hierdie instruksies word die bronkode genoem.

Jou webblaaier kan vir jou die bronkode van enige bladsy wys wat jy besoek. Kies net "Source" vanaf die "View menu" van jou webblaaier. So maklik soos dit, 'n bladsy met HTML (en miskien JavaScript) kode sal verskyn. Hierdie is die kode wat jou webblaaier lees om vir jou die webblad te vertoon.

Jy kan heen en weer skakel tussen die bronkode en die webblad self om 'n idee te kry van hoe alles werk. Wil jy graag weet hoe werk die agtergrond van 'n bladsy? Of hoe word dit gedoen om 'n prentjie op 'n spesifieke plek te plaas? Kyk na die bronkode om te sien wat gaan agter die skerms aan.

Jy kan selfs daardie dele van die bronkode waarin jy belangstel knip en plak in jou eie webblad in en dit jou eie maak. Maar om dit effektief te doen, moet jy weet wat aangaan met HTML. Gelukkig vir jou, kan jy alles van HTML op hierdie blad leer...

OM OP TE SOM:
  • 'n Webblad is net 'n eenvoudige teksdokument.
  • Hierdie teksdokument bevat HTML-merkers wat vir die webblaaier aandui hoe die blad geformateer moet word.
  • Hierdie teksdokument word die bronkode genoem.
  • Jy kan na die bronkode van enige webblad kyk met die "View source" opsie van jou webblaaier.

Indien jy voel jy het die bronkode onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor paragrawe.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1