Leer Webbladontwerp

Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke

1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Ongeordende Lyste

begin 'n ongeordende lys

begin elke lysitem

eindig elke lysitem

eindig die ongeordende lys

Soos enige van ons gunsteling dinge, is die
-merker meer as wat dit voorgee om te wees. Soos die naam suggereer is die
-merker se sterk punt om ongeordende ("bulleted") lyste te struktureer. Maar dit figureer ook sterk as 'n kantlyn-maker, soos wat jy hier onder sal sien.

Die oorspronklike doel van die
-merker is maklik om te bereik: Elke ongeordende lys begin met die
-merker en word geëindig met die
-merker. Tussenin word elke lysitem aangedui met die
- en
-merkers, net soos met genommerde lyste (

Een ding om te onthou: Die enigste goed wat binne 'n ongeordende lys kan kom, is die lysitems. Indien jy dus jou lys 'n titel wil gee, moet jy dit voor die
-merker kom. Dit geld ook vir genommerde lyste.

Die HTML vir 'n basiese lys sal soos volg lyk:

Diere wat swak kantoortroeteldiere uitmaak:

Hoenders

Olifante

Varke

en sal soos volg vertoon:

Diere wat swak kantoortroeteldiere uitmaak:

• Hoenders
• Olifante
• Varke

Jy kan ook 'n lys binne 'n ander lys plaas. Onthou net om elke
weer af te sluit met 'n

Diere wat swak kantoortroeteldiere uitmaak:

Hoenders

Moeilik om toiletmaniere te leer

Lê eiers op snaakse plekke

Olifante

Kan nie op jou skoot sit terwyl jy werk nie

Pas nie in jou kantoor nie

Varke

Kan jou tafel omgooi met een stamp van die kop

Benodig 'n kantoor modderbad (dalk 'n voordeel?)

In jou webblaaier sal dit soos volg vertoon:

Diere wat swak kantoortroeteldiere uitmaak:

• Hoenders
• Moeilik om toiletmaniere te leer
• Lê eiers op snaakse plekke
• Olifante
• Kan nie op jou skoot sit terwyl jy werk nie
• Pas nie in jou kantoor nie
• Varke
• Kan jou tafel omgooi met een stamp van die kop
• Benodig 'n kantoor modderbad (dalk 'n voordeel?)

Soos ek aan die begin aangedui het, het die
-merker ook 'n ander doel: kantlyne. Deur die
-merker sonder die
-merkers te gebruik, kan jy die linkerkantse kantlyn verander. As jy dus in jou HTML-dokument skryf:

Sy glimlag

en stap weg.

Dink daaroor...

voor jy weer met haar praat.

sal dit soos volg vertoon:

Sy glimlag

en stap weg.

Dink daaroor...
voor jy weer met haar praat.

Sien jy dat verskeie
-merkers gekombineer is om die teks na regs te skuif en weer terug? En ook ekstra
-merkers om die teks vertikaal te spasieer. Onthou net om elke
-merker af te sluit met 'n
-merker.

Nou vir die keuses: Jy kan die vorm van die "bullets" verander deur die tipe te spesifiseer. Die opsies is:

OM OP TE SOM:

begin 'n ongeordende lys.

begin elke lysitem.

eindig elke lysitem.

eindig die ongeordende lys.

word gebruik om ongeordende ("bulleted) lyste te struktureer.
• Jy kan 'n lys binne 'n ander lys plaas.
• Deur die
-merker sonder die

-merkers te gebruik, kan jy die linkerkantse kantlyn verander.

Indien jy voel jy het die ongeordende lys onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor definisie lyste.

Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1