Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Skrifkleur


<body text="?"> stel die skrifkleur
<body link="?"> stel die kleur van skakels
<body vlink="?"> stel die kleur van besoekte skakels
<body alink="?"> stel die kleur van aktiewe skakels (wanneer jy op die skakel kliek)
<font color="?"> stel die skrifkleur
</font> verstel die skrifkleur terug na die verstekkleur

Daar is twee maniere om skrif te kleur op die Web. Een manier is om die kleur te stel vir die volledige dokument - gespesifiseer in die <body>-merker - en die die ander manier is om kleure te stel en verander soos wat jy deur die dokument beweeg - gespesifiseer in die <font>-merker. Die <body>-merker metode laat jou minder beweegruimte toe, maar is gewoonlik meer prakties as die <font>-merker metode. Die <body>-merker metode word ook wyer ondersteun deur webblaaiers, dus begin ons daarmee.

Deur die <body>-merker te gebruik, stel jy die verhoog op vir die hele dokument. Daarin kan jy die kleure spesifiseer vir gewone teks, skakels (gewoonlik blou), en besoekte skakels (gewoonlik rooi). Onthou egter dat kleure gespesifiseer word deur 'n hexadesimale kode. In die les oor agtergrondkleur, word verduidelik hoe om hierdie kode te bereken. Vir die huidige kan jy egter maar my woord aanvaar dat daar vir elke kleurskakering waaraan jy kan dink, 'n kode is.

As jy in jou HTML-dokument skryf:

 

<body text="#9932cd" link="#ff0000" vlink="#00ff00" alink="#000000">

 

gaan jy 'n bykans onleesbare, maar korrek gekleurde bladsy kry met groen teks en rooi skakels wat verander na swart wanneer jy daarop kliek, en violet nadat jy die skakels besoek het.

Maar hoe gemaak as drie kleure nie genoeg is nie? Of as jy net 'n enleke woord wil kleur? Wel, gelukkig vir jou kan jy dit met die <font>-merker doen. As jy in jou HTML-dokument skryf:

 

<font color="#00ff00">Groen</font> van jaloesie.

 

gaan jy kry:

 

Groen van jaloesie.

 

Jy kan selfs die kleur van indiwiduele letters verander as jy regtig wil:

 

Josef en die verbasende 
<font color="#ff0000">T</font>
<font color="#ff7f00">E</font>
<font color="#ffff00">C</font>
<font color="#00ff00">H</font>
<font color="#0000ff">N</font>
<font color="#6b238e">I</font>
<font color="#9932cd">C</font>
<font color="#ff0000">O</font>
<font color="#ff7f00">L</font>
<font color="#ffff00">O</font>
<font color="#00ff00">R</font> 
droommerker

 

sal die volgende resultate lewer:

 

Josef en die verbasende T E C H N I C O L O R droommerker

 

DIT was nou waarlik nie die moeite wêrd nie! Maar dit is nie waarom dit gaan nie. Dit wys slegs - JY KAN!

Die slegte nuus is dat sommige van die ouer webblaaiers nie die <font color="?">-merker ondersteun nie. Vir 'n baie volledige lys van kleure, besoek gerus my kleurkaart.

OM OP TE SOM:
  • Daar is twee maniere om skrif te kleur op die Web.
  • Die <body text="?">-merker stel die skrifkleur vir die volledige dokument.
  • Die <font color="?">-merker stel en verander die kleur soos wat jy deur die dokument beweeg.
  • </font> verstel die skrifkleur terug na die verstekkleur.
  • <body link="?"> stel die kleur van skakels.
  • <body vlink="?"> stel die kleur van besoekte skakels.
  • <body alink="?"> stel die kleur van aktiewe skakels (wanneer jy op die skakel kliek).
  • Jy kan verskillende kleure vir indiwiduele woorde of letters in dieselfde reël stel.

Indien jy voel jy het die <font color="?"> merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor "bold" en kursiewe teks.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1