Leer Webbladontwerp
Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke
1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame
Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids
E-pos Skakels
skep 'n e-pos skakel
skep 'n e-pos skakel waarvan al die velde van die e-pos boodskap gespesifiseer is
sluit 'n e-pos skakel
Nie alle skakels op die Internet lei na ander webblaaie toe nie. Meeste blaaie sluit gewoonlik skakels in wat jou 'n e-pos laat stuur aan 'n spesifieke adres. Hierdie tipe skakel staan bekend as 'n e-pos-skakel ("mailto") en is net so maklik om te skep as enige ander skakel. Net soos met ander skakels, kan jy ook grafika gebruik as jou fisiese skakel.
Die verskille tussen 'n gewone skakel en 'n e-pos skakel is dat 'n e-pos skakel se "href=" 'n "mailto:" insluit (Onthou die dubbelpunt [ : ] na die "mailto"). Die "?" word vervang met 'n e-posadres in plaas van 'n URL en die skakel sal nie in jou webblaaier oopmaak nie, maar 'n blanko e-posboodskap.
Jy kan die adres waarheen die e-pos gestuur word spesifiseer in jou HTML kode, asook die onderwerp, 'n kopie ontvanger, 'n blindekopie ontvanger en selfs die boodskap self. Jy kan ook meer as een e-posadres spesifiseer in enige van die adresvelde. Kom ons werk een vir een deur al hierdie funksies.
Die HTML vir 'n e-pos-skakel lyk soos volg:
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Dit sal soos volg vertoon:
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Kom ons gaan verder, jy wil dalk hê dat jou vrou ook dieselfde boodskap moet ontvang. Dan voeg jy haar e-posadres eenvoudig net by na jou adres. Skei net die e-posadresse met 'n kommapunt ( ; ) soos volg:
As jy nou op die e-pos skakel kliek, sal dit 'n blanko e-pos oopmaak waarvan die ontvanger klaar ingevul is, met Piet en Griet Pompies se adresse:
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Jy wil egter dalk graag hê dat die boodskap 'n spesifieke onderwerp moet hê. Daarvoor voeg jy 'n "?subject=?" in na die e-pos adres. Die HTML gaan dan soos volg lyk:
As jy nou op die e-pos skakel kliek, sal dit 'n blanko e-pos oopmaak waarvan die ontvanger en onderwerp klaar ingevul is.
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Jy wil egter ook hê dat jou baas 'n afskrif van die e-pos moet kry. Daarvoor plaas jy 'n "&cc=?" in jou HTML kode:
Nou sal daar 'n e-pos oopmaak met die "To, Cc" en "Subject" velde klaar ingevul:
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Maar jy is ook vriende met jou baas se baas, dus wil jy hê dat hy ook 'n afskrif van die boodskap moet ontvang, maar jy wil nie hê jou baas moet weet dat sy baas ook die boodskap ontvang het nie. Dus plaas jy die grootbaas se adres in die "bcc" veld:
Nou sal daar 'n e-posboodskap oopmaak met al die adresvelde en onderwerpveld klaar ingevul:
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Jy wil egter hê dat die e-pos 'n spesifieke boodskap bevat. Daarom sit jy 'n "&body=?" gedeelte by met jou eie boodskap klaar ingevul:
Nou kry jy 'n boodskap waarvan al die velde ingevul is, sowel as 'n boodskap klaar ingevul. Die boodskap kan dus net gestuur word:
Stuur e-pos vir Piet Pompies
Net toe jy dink ons is nou uiteindelik klaar! Hier is die laaste gedeelte. Jy kan ook jou gunsteling grafika gebruik om die skakel te maak:
En so lyk dit dan:
Kliek hier om vir Piet Pompies e-pos te stuur
Genoeg vir eers... (,}-:
OM OP TE SOM:
•  skep 'n e-pos skakel
•  skep 'n e-pos skakel waarvan al die velde van die e-pos boodskap gespesifiseer is
•  sluit 'n e-pos skakel
• 'n E-pos skakel se "href=" sluit 'n "mailto:" in.
• Die "?" word vervang met 'n e-pos adres in plaas van 'n URL.
• Die skakel sal nie in jou webblaaier oopmaak nie, maar 'n blanko e-pos boodskap.
• Jy kan ook grafika gebruik om die skakel te maak.
Indien jy voel jy het die e-pos-skakel onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor spesiale karakters.
Terug na indeks
Terug na bo
Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak
Site Meter
Hosted by www.Geocities.ws
1