Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Simbole en Spesiale Karakters


Wanneer jy gewone letters, syfers en karakters tik wat normaalweg op jou sleutelbord voorkom, verskyn dit in jou HTML-dokument presies soos jy dit getik het. Maar dit is nie so maklik in lande waar 'n ander alfabet gebruik word nie. Elke taal het ook sy eie spesiale karakters wat in woorde voorkom, soos bv. Frans, Duits en Yslandies. Karakters wat nie op 'n gewone sleutelbord gevind word nie. Selfs in Afrikaans word karakters gebruik wat beklemtoning en spesifieke uitsprake aandui. Daar is 'n groot verskil tussen "sê" en "se".

Hoe nou gemaak om aksente en spesiale karakters te laat vertoon in jou webblad? Jy gebruik 'n spesiale stel kodes, naamlik karakter entiteïte wat jy in jou HTML-kode plaas en wat jou webblaaier sal vertoon as die ooreenstemmende karakters. Die mees algemeenste karakter entiteïte is versamel deur die ISO (Internasionale Organisasie vir Standardisasie) en saamgestel in die ISO Latynse Alfabet Nr. 1 tabel, wat spesiale karakters, letters met diaktriese tekens (aksente, umlauts, ens.), wetenskaplike en geldeenheid simbole insluit. Die Latyn-1 tabel bevat 255 karakters.

Daar is twee verskillende tipes karakter entiteïte: teks en numeries. Beide se HTML-kode begin met 'n ampersand (&) en eindig met 'n kommapunt (;)

Die teks entiteïte gebruik letters om 'n karakter te verteenwoordig en is bedoel om maklik te wees om te onthou. As jy in jou HTML-dokument skryf:

 

Die © simbool staan vir kopiereg.

 

Sal dit soos volg vertoon:

 

Die © simbool staan vir kopiereg.

 

Numeriese entiteïte is soortgelyk aan teks entiteïte, maar word gesryf in die volgende formaat: &#x; - waar "x" 'n nommer verteenwoordig tussen 0 en 255. Dit is baie belangrik om te verseker dat jy die "#" simbool voor die nommer plaas, andersins sal dit nie werk nie. As jy dus 'n numeriese entiteït wil gebruik vir die vorige voorbeeld, sal jy skryf:

 

Die © simbool staan vir kopiereg.

 

en dit sal soos volg vertoon:

 

Die © simbool staan vir kopiereg.

 

Soos jy kan sien, word sommige karakters (bv. ©) verteenwoordig deur 'n teks entiteït of 'n numeriese entiteït. Jy kan ook ASCII kodes gebruik om jou spesiale karakters te maak, bv. alt136 gee jou ê en alt137 gee jou ë. Wees egter versigtig, aangesien verskillende webblaaiers die karakters dalk anders kan interpreteer as wat jy dit bedoel het. Dit gebeur omdat die kode wat jy gebruik het om die karakter te skep, nie direk in die Latyn-1 karakterstel voorkom nie.

Somtyds kan die kastipe ("uppercase or lowercase") van die letter ook 'n rol speel, bv. é gee jou é en É gee jou É.

Jy hoef egter nie nou oorboord te gaan en alles net in Latyn-1 te skryf nie, 'n goue reël is dat indien die karakter op 'n standaard Windoze sleutelbord voorkom, kan jy dit so 'n jou HTML-kode gebruik.

Vir 'n volledige stel Latyn-1 karakter entiteïte, kan jy gaan kyk na Webmonkey se karakterstel.

OM OP TE SOM:
  • Jy gebruik karakter entiteïte om spesiale karakters op jou webblad te vertoon.
  • Daar is twee verskillende tipes karakter entiteïte: teks en numeries.
  • Beide se HTML-kode begin met 'n ampersand (&) en eindig met 'n kommapunt (;).
  • Die kastipe van die letter kan ook 'n rol speel.
  • Indien die karakter op 'n standaard sleutelbord voorkom, kan jy dit so 'n jou HTML-kode gebruik.

Indien jy voel jy het die spesiale karakters onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor die divisie-merker.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1