Leer Webbladontwerp

Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke

1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Genommerde Lyste

begin 'n genommerde lys

begin elke lysitem

eindig elke lysitem

eindig die genommerde lys

Genommerde lyste is... uhmm... lyste waarin die items genommer is. Elke genommerde lys word begin met
en MOET geëindig word met
("ol" staan vir "ordered list"). Elke lysitem word aangedui met
en word weer geëindig met
. Dit is nie nodig om die lysitems per hand te nommer nie, dit word outomaties gedoen volgens die volgorde waarin die items geplaas is. Jy kan dus die lysitems rondskuif binne die lys sonder om jou oor die nomering te bekommer.

'n Eenvoudige genommerde lys sal soos volg lyk:

Drie dinge wat ek weet waar is:

HTML is die taal van die Internet.

Vlae is instruksies wat vir die webblaaier sê hoe die blad moet lyk.

Die instruksies is eenvoudige Engelse woorde en afkortings.

en dit sal soos volg vertoon:

Drie dinge wat ek weet waar is:

1. HTML is die taal van die Internet.
2. Vlae is instruksies wat vir die webblaaier sê hoe die blad moet lyk.
3. Die instruksies is eenvoudige Engelse woorde en afkortings.

Alles goed en wel, sê jy, maar jy wil nie nommers hê nie? Wel, daar is ander opsies vir mense soos jy. Jy kan Romeinse syfers gebruik. Of alfabesies. Jy kan selfs kies tussen HOOFLETTERS en kleinletters. Gebruik net 'n
formaat. Die verskillende opsies is as volg:

dui nommers aan (1, 2, 3)

dui hoofletters aan (A, B, C)

dui kleinletters aan (a, b, c)

dui hoofletter Romeinse syfers aan (I, II, III) (Dit is 'n hoofletter "i")

dui kleinletter Romeinse syfers aan (i, ii, iii)
Jy kan selfs die verskillende opsies kombineer en 'n lys binne 'n lys plaas:

Moenie op die eerste afspraak soen nie

Jou intensies kan verkeerd verstaan word

Jy kan geklap word

Jy gaan nie 'n volgende afspraak kry nie

en dit sal soos volg vertoon:

1. Moenie op die eerste afspraak soen nie
1. Jou intensies kan verkeerd verstaan word
1. Jy kan geklap word
2. Jy gaan nie 'n volgende afspraak kry nie

OM OP TE SOM:

begin 'n genommerde lys.

begin elke lysitem.

eindig elke lysitem.

eindig die genommerde lys.
• Lysitems word genommer volgens die volgorde waarin hulle geplaas is.

dui nommers aan (1, 2, 3).

dui hoofletters aan (A, B, C).

dui kleinletters aan (a, b, c).

dui hoofletter Romeinse syfers aan (I, II, III).

dui kleinletter Romeinse syfers aan (i, ii, iii).
• Jy kan die verskillende opsies kombineer en 'n lys binne 'n lys plaas.

Indien jy voel jy het die genommerde lys onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor ongeordende lyste.

Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1