Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Gevorderde Tabelle


<table align="?"> belyn die hele tabel
<tr align="?"> belyn die inhoud van 'n ry
<td align="?"> belyn die inhoud van 'n sel
<tr valign="?"> belyn die inhoud van 'n ry vertikaal
<td valign="?"> belyn die inhoud van 'n sel vertikaal
<cellspacing="#"> vergroot die binneste raam van die tabel
<cellpadding="#"> vergroot die afstand tussen die inhoud van die sel en die raam om die sel
<td nowrap> voorkom dat die teks in die sel omvou
<table width="#%" height="#%"> spesifiseer die wydte en hoogte van die tabel

Hou jy al van tabelle? Na die les sal jy defnitief. In hierdie les gaan ons jou tabel verfraai en die lewe oor die algemeen vir jou moeilik maak... Toemaar, toemaar, ek spot net. Dis nou oor die moeilik maak deel.

Teen hierdie tyd verstaan jy seker al die basiese tabel. Jy behoort ook al bekend te wees met belyning. Indien nie, gaan werk gerus eers deur die les oor "Belyn Teks". Andersins kan ons aangaan.

Net soos jy align="?" al saam met die <img>- en <p>-merkers gebruik het, gaan ons dit ook saam met tabelle gebruik. As jy <tr align="right"> gebruik, sal alles in die ry regs belyn word. As jy <td align="right"> gebruik, sal alles wat jy in die sel plaas, regs belyn word. <table align="right"> belyn die hele tabel regs en laat die teks om die tabel vloei, net soos wat dit met die belyning van grafika werk.

Die waardes om 'n tabel te belyn, is as volg:

  • align="left" belyn die hele tabel links. (Dit is die verstekwaarde, dus sal jy dit baie min gebruik.)
  • align="right" belyn die tabel regs
  • align="center" sentreer die tabel

Soos gewoonlik, het jy meer keuses as net dit. Jy kan ook jou inligting binne die tabel vertikaal belyn, aan die bokant, in die middel, of aan die onderkant van die sel. Daarvoor gebruik jy valign="?". <td valign="top"> sal alles binne die sel aan die bokant van die sel belyn. <tr valign="top"> sal alles wat binne die selle van dieselfde ry is, aan die bokant van die selle belyn. Jy hoef ook nie net aan die bokant te belyn nie, die waardes is as volg:

  • valign="top" belyn alles binne die sel aan die bokant van die sel.
  • valign="bottom" belyn alles binne die sel aan die onderkant van die sel.
  • valign="middle" belyn alles binne die sel vertikaal in die middel van die sel. (Dit is die verstekwaarde, dus sal jy dit baie selde gebruik.)

Terloops, waarom gebruik ons align="center" vir horisontale belyning en valign="middle" vir vertikale belyning? Wel, jy kan enige van die waardes in enige van die gevalle gebruik, maar dit is hoe dit in Netscape se dokumentasie gelys is.

'n Klein bietjie s p a s i e

Nou dat jy jou tabel mooi belyn het, kan jy die selle spasieër. Daarvoor gebruik jy die cellspacing="?"- en cellpadding"?"-merkers. Nou moet jy weer konsentreer soos 'n dronk vlooi op 'n wakker hond se stert, want jy gaan nog baie deurmekaar raak met hierdie twee merkers.

Beide cellspacing="?" en cellpadding="?" skep spasie tussen die selle van die tabel, maar op verskillende maniere.

cellspacing="?" vergroot die raam van die tabel aan die binnekant van die tabel.

cellspacing="10"
12
34

cellpadding="?" voeg onsigbare spasie binne die raam van die sel by, wat dan die afstand vergroot tussen die inhoud van die sel en die raam om die sel.
cellpadding=10
1 2
3 4

Beide cellspacing en cellpadding word saam met die <table>-merker gebruik. Die HTML-kode gaan dus soos volg lyk:

 

<table cellpadding="4" cellspacing="5">

 

As jy nie jou tabel 'n raam gaan gee nie, maak dit nie werklik saak watter een van die twee jy gaan gebruik nie. Maar indien jy jou tabel 'n raam gaan gee en kleur byvoeg, raak die verskil tussen die twee baie belangrik. Onthou net: cellspacing="?" vergroot die grootte van die raam binne die tabel en cellpadding="?" vergroot die spasie tussen die raam en die inhoud van die sel.

Wenke

Nou dat jy dink jy ken tabelle, hier is 'n klompie wenke wat dalk handig te pas gaan kom:

  • Indien jy nie cellpadding="?" en cellspacing="?" spesifiseer nie, word 'n verstekwaarde van 2 gebruik. As jy dus die inhoud van die tabel lekker styf teen mekaar wil kry, spesifiseer cellpadding="0" en cellspacing="0".

  • Vir meer beheer oor hoe jou data in jou tabel gaan vertoon, gebruik nowrap in jou tabel soos volg: <td nowrap>. Dit sal veroorsaak dat die teks in die sel nie omvou nie, tensy jy dit met 'n <br>-merker laat omvou.

  • As jy wil hê jou tabel moet die hele blad vol vertoon, ongeag van hoe klein of groot die gebruiker sy blad maak, stel die wydte en hoogte van jou tabel na 100%, soos volg: <table width="100%" height="100%">. Onthou egter dat height="100%" slegs in Netscape werk.

  • Wees altyd kreatief en nie oordadig nie.

OM OP TE SOM:
  • <table align="?"> belyn die hele tabel
  • <tr align="?"> belyn die inhoud van 'n ry
  • <td align="?"> belyn die inhoud van 'n sel
  • <tr valign="?"> belyn die inhoud van 'n ry vertikaal
  • <td valign="?"> belyn die inhoud van 'n sel vertikaal
  • <cellspacing="#"> vergroot die binneste raam van die tabel
  • <cellpadding="#"> vergroot die afstand tussen die inhoud van die sel en die raam om die sel
  • <td nowrap> voorkom dat die teks in die sel omvou
  • <table width="#%" height="#%"> spesifiseer die wydte en hoogte van die tabel
  • <align="left"> belyn die hele tabel links. (Dit is die verstekwaarde, dus sal jy dit baie min gebruik.)
  • <align="right"> belyn die tabel regs
  • <align="center"> sentreer die tabel
  • <valign="top"> belyn alles binne die sel aan die bokant van die sel.
  • <valign="bottom"> belyn alles binne die sel aan die onderkant van die sel.
  • <valign="middle"> belyn alles binne die sel vertikaal in die middel van die sel. (Dit is die verstekwaarde, dus sal jy dit baie selde gebruik.)
  • Wees altyd kreatief en nie oordadig nie.

Indien jy voel jy het die gevorderde tabelle onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor tabel kleur en rame.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1