Die Krüger's se Familieregister


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


Oom Abraham Kruger

Hierdie register is 'n uittreksel uit die werk van Abraham Kruger * 04-08-1922, ! 23-12-2001, 'n neef van my Pa. Hoewel ek Oom Abraham nooit persoonlik ontmoet het nie, het ons mekaar deur middel van e-pos leer ken en gereeld op die wyse gesels. Oom Abraham se skielike afsterwe was vir almal wat hom geken het, 'n groot verlies. Ek plaas slegs die deel wat direk van toepassing is op myself met toestemming van Oom Abraham. Die meer volledige familieregister is in boekvorm (ISBN 0 620 17673 3, 1993) beskikbaar vanaf: Abraham Kruger, Bus 34210, Erasmia, 0023. Groot dank ook aan hom vir die harde werk om die familieregister op te stel.


Indeks

Geskiedenis
Kwartierstaat
Omgewing waar die familie vandaan kom
Verduideliking van Terme
Register
Foto's


Geskiedenis

Die Kruger familie se geskiedenis in Suid Afrika begin in 1713. Die stamvader Jacob Kruger is gebore op 01 Mei 1686. Hy was die seun van Franz Kruger en Elizabeth Hartwig en kom uit Sadenbeck in die Priegnitz naby Berlyn in Duitsland. Jacob Kruger het in 1713 aan boord die skip Middelwoud in die Kaap aangekom as 'n soldaat in diens van die HOIK. Van 1714 tot 1719 was hy 'n boukneg. Hy het 'n burger van die Kaap geword op 11-01-1717. Later het hy geboer in die Sandveld. Hy is oorlede op 29-10-1749 in die Kaap. Jacob was getroud met Johanna of Jannetjie Kemp op 01-05-1717. Johanna Kemp is gebore in Augustus 1691 en is oorlede op 27- 10-1778. Jacob en Johanna het agt kinders gehad, vyf seuns en drie dogters.

Jacob Kruger is die bekendste van die Kruger stamvaders in Suid Afrika aangesien President Paul Kruger een van sy nasate is.

Terug na indeks


Kwartierstaat

Kwartierstaat verwys na ondertrouery in 'n familie, met ander woorde gevalle waar 'n neef en niggie met mekaar trou, of 'n broer en suster, ens. As ons ondertrouery digitaal wil vaspen dan praat ons van 'n KWARTIERVERLIES. As 'n persoon se voorgeslagte almal (oupas en oumas) in die vorm van 'n stamboom of KWARTIERSTAAT aangegee word, bv. sy twee ouers, vier grootouers, agt oorgrootouers, ens., verdubbel die aantal voorouers met elke geslag. Indien hierdie persoon se voorouers egter bloedverwante was, verminder die aantal werklike voorouers. Sommige se name sal twee of meer keer in die KWARTIERSTAAT voorkom. As jou pa en ma neef en niggie is sal jy in die vierde geslag slegs 12 in plaas van 16 voorouers hê, en in die vyfde geslag sal jy slegs 24 in plaas van 32 voorouers hê. Dit is KWARTIERVERLIES.

'n Historiese werklikheid is dat daar 'n mate van familie- ondertrouery by die Afrikaners was en nog is. Dit was veral tussen die Franse Hugenote. Voor die stigting van die Gereformeerde Kerke in 1859 was hierdie ondertrouery reeds in sekere kringe kommerwekkend. Met die stigting van die Gereformeerde Kerke in 1859 het die gewoonte ontstaan om voorkeur te gee aan huwelike binne kerkverband. Aangesien die Gereformeerdes dan ook in sekere distrikte gekonsentreerd was, het hier omstandighede geheers wat ongesonde familie-ondertrouery 'n groot moontlikheid gemaak het. Daarom vind ons dat daar in die Gereformeerde Kerke 'n besondere sensitiwiteit hierteenoor bestaan het.

In die Kontrei waar hierdie deel van die Kruger familie vandaan kom, was daar twee plase (Ons sê was want een is nou onder water): Eselshoek waar Dirk Jacobus Coetsee hom gevestig het en Zeekoegat wat deur Jan Harm Van Wyk aangelê is en later deur sy nageslag Krugers bewoon is. Daar was in die begin geen bloedverwantskap tussen hierdie twee groot families nie. Hierdie twee families voldoen seker presies aan die beskrywing van "Clans" soos deur D.G. Venter beskrywe is in "Die Venter-familie". Albei was egter lede van die Gereformeerde Kerke (Doppers). Ons vind dan dat gedurende 'n tydperk van veertig jaar daar vyftien huwelike tussen hierdie twee groot families plaasgevind het. Hierdie selfde verskynsel het dikwels gebeur, bv. tussen die Krugers van Waschbank en die Aucamps van Uitkyk. Daar is nog baie ander. Hierdie huwelike, wat geensins bloedverwant was nie, het die mite laat ontstaan dat die Doppers, meer as ander Afrikaners, met familie getrou het.

Dit verg egter geen groot intellek om te besef dat in die gevalle van Eselshoek en Zeekoegat hierbo genoem daar geensins sprake is van 'n KWARTIERVERLIES nie. Maar tog, so het die mite ontstaan dat die Doppers meer as die ander Afrikaners onderhewig is aan kwartierverliese.

Die volgende kinders en kleinkinders van Eselshoek het met kinders en kleinkinders van Zeekoegat getrou. Slegs die nommer van die Eselshoekers volgens Volume 1: Dirk Jacobus Coetsee (Oom Abraham se boekie oor Dirk Jacobus Coetsee) word genoem. 1. g6 JJ Coetsee. 2. f2 PJ Coetsee. 3. f2g4 PJ Coetsee. 4. f3g4 AEJ Grobler. 5. f3g4h4i1 AP Van Wyk. 6. f3g5 JC Grobler. 7. f3g6 HJC Grobler. 8. f3g8 JF Grobler. 9. f4g8 PJ Venter. 10. f5g4 LJ Van Wyk. 11. f6g2 HB Kruger. 12. f6g2h2i1 MC Kruger. 13. f8 AJ Coetzee. 14. f13g1 PP Van der Walt. 15. f14 HM Coetzee.

Die volgende kinders van Waschbank het met kinders van Uitkyk getrou. Slegs die nommer van die Waschbankers volgens Volume 3: Johannes Abraham Kruger (hierdie werk) word genoem. 1. e3f4 JA Kruger. 2. e3f7 AJC Kruger. 3. e3f8 AS Kruger.

Terug na indeks


Omgewing waar die familie vandaan kom

Die familie kom hoofsaaklik uit die Venterstad - Burgersdorp - Steynsburg distrik. Van die familieplase is vandag onder die water van die Gariepdam. Dit is skaapwêreld en daar is ook met koring geboer. Dit is ook Dopperkontrei en die stigting van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika het dan ook in 1859 in die omgewing plaasgevind. Venterstad is gestig deur die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp op die plaas Kareefontein van H.T.J Venter in 1875. Venterstad was dan ook die eiendom van die Gereformeerde gemeente Venterstad tot dit op 17 Mei 1930 aan die munisipaliteit van Venterstad verkoop is. Die administrasie van die dorp is deur die Kerkraad hanteer wat meegebring het dat daar sake soos die herstel van die polisiehuis se dak en die maak van 'n voetblok vir gevangenis in die tronk op die kerkraadstafel gedien het.

My eie familie kom van die plaas Witpoort (no. 76 hieronder). Die plaas is na bewering deur my Oupa geruil vir 'n wa en span osse en is nou drie geslagte in ons familie. Die kaart hieronder dui die familieplase aan en die nommers op die kaart word hieronder uiteengesit soos wat die situasie in 1993 gelyk het.

Kaart van plase van die stamvaders

Plase van die stamvaders en huidige eienaars (1993)

PlaasnaamHuidige eienaar (1993)
.
  1. Amana
  2. Badsfontein
  3. Bamboeshoek
  4. Beskuitfontein
  5. Bonepartsfontein
  6. Bosrand
  7. Brandvlei
  8. Brandfontein
  9. Broekpoort
  10. Broedersbank
  11. Content
  12. Cheviodale
  13. Deelsvlei
  14. Doordrift
  15. Driefontein
  16. Dassiespoort
  17. Damplaas
  18. Diepfontein
  19. Die Hoek
  20. Eselshoek
  21. Erfdeel
  22. Evergreen
  23. Fonteintjie
  24. Gelykfontein
  25. Groenvlei
  26. Huwelikshof
  27. Jakkalsfontein
  28. Kareefontein
  29. Kleinfontein
  30. Klipbanksfontein
  31. Klipfontein
  32. Knoffelfontein
  33. Klipplaat
  34. Knoppiesfontein
  35. Krugershof
  36. Kruisrivier
  37. Krompoort
  38. Leeufontein
  39. Leliedal
  40. Merino
  41. Mooihoek
  42. Murrayskop
  43. Nooitgedacht
  44. Oudefontein
  45. Palmietfontein
  46. Plankfontein
  47. Pleisterkraal
  48. Poortjie
  49. Rooiberg
  50. Rooipoort
  51. Roosterhoek
  52. Ruigtevlei
  53. Ruigtefontein
  54. Ruiterskraal
  55. Rietfontein
  56. Schalkwykskraal
  57. Sewefontein
  58. Springfontein
  59. Skaapfontein
  60. Swartfontein
  61. Tolpoort
  62. Tweekoppies
  63. Tolkop
  64. Vaalbank
  65. Vaalkop
  66. Vaalrand
  67. Vlakfontein
  68. Vlakplaas
  69. Welgedag
  70. Wildebeesvlei
  71. Wilgedacht
  72. Winkelshoek
  73. Winnaarsbaken
  74. Wonderboom
  75. Waschbank
  76. Witpoort
  77. Uitkyk
  78. Uitsig
  79. Zeekoegat
  80. Klein Wildebeesvlei
  • F. van Rooyen
  • Dr. Bingle Kruger
  • Dept. Natuurbewaring
  • A.J. Botha
  • J.L. de Bruin
  • E.R. Adams
  • C.J. van Wyk
  • J.H. van Wyk
  • S.W. van der Walt
  • D. Staples
  • P.E. Marx
  • J.J. Kruger (Kosie)
  • T.N. Kruger
  • Du Plessis kinders
  • A.J. Marx
  • M.G. Marx
  • Dept. Natuurbewaring
  • D. Louw
  • S.W. van der Walt
  • J.J. Kruger (Hansie)
  • B. van Rooyen
  • W.J.A. Steyn
  • J.H. van der Walt
  • J.B. Haasbroek
  • Dept. Natuurbewaring
  • D. van Wyk
  • Abraham Marx
  • C.J.H. Schutte
  • A.V. Beukes
  • W.J.A. Steyn
  • L.J. Botha
  • J.H. van Wyk
  • Dr. F.J. Nell
  • P.C. (Boet) Pienaar
  • J.J. Styger
  • H.G. Marx
  • K. Double
  • Dept. Natuurbewaring
  • N. van der Walt
  • Dept. Natuurbewaring
  • F.M. van der Walt
  • F.E. Marx
  • W.J. Jordaan
  • G.C.P. Labuschagne
  • Badenhorst
  • H.J. Coetzee
  • W.J.A. Steyn
  • H.J. van der Walt
  • C. Collette
  • C. Collette
  • C.J.H. Schutte
  • J.C. du Plooy
  • W.J.A. Steyn
  • A. Venter
  • J.J. Kruger (Hansie)
  • J.H. Kruger
  • J. Jacobs
  • T.N. Coetsee
  • Dept. Natuurbewaring
  • P.J. Roux

Terug na indeks


Verduideliking van terme

Let asseblief op die volgende verduideliking van simbole ens. wat algemeen aanvaar word: a is slegs vir die oudste stamvader. In die geval van die Krugers is dit dus Jacob. Sy kinders is kronologies b1, b2, b3, ens. Hulle kinders sal dan c1, c2, c3, ens. wees. So sal b1 c3 die derde kind van die eerste kind wees. Aangesien hierdie werk al die afstammelinge van die een persoon insluit, is daar nommers aan AL die afstammelinge toegeken, nie net die seuns soos in ander publikasies nie.

Verder word die volgende afkortings en skryfwyses gebruik:

*Geboortedatum, gevolg deur pleknaam van geboorte
=Doopdatum, gevolg deur pleknaam van waar gedoop
!Sterfdatum, gevolg deur die pleknaam waar gesterf
xNaam van eerste eggenote, datum en plek waar eerste keer getroud
xxNaam van tweede eggenote, datum en plek waar tweede keer getroud
xxxNaam van derde eggenote, datum en plek waar derde keer getroud, ens.
#Geskei
caCirca (ongeveer)
NNNomen nescio (Naam onbekend)
d.v.Dogter van
s.v.Seun van

Terug na indeks


Register

a Jacob KRUGER * 28-07-1690 s.v. Franz KRUGER wat in 1710 oorlede is en Elizabeth HARTWIG wat in 1747 oorlede is, ! 29-10-1749 Kaap x 01-05-1718 Johanna KEMP * 8-1696 ! 27-10-1778
b1 Jacob KRUGER = 17-7-1718 ! 10-11-1778 x 25-10-1739 Christina STRANG = 14-09-1721 d.v. Carel STRANG van Gotenberg en Anna Maria SWART van Stockholm
b2 Frans KRUGER = 20-08-1719 ! 27-08-1781 x 01-03-1744 Judith COETSEE ! voor 26-09-1752 d.v. Cornelis COETSEE en Gertruida GERRITS xx Maria PUTTER = 15-10-1730 ! voor Mei 1773 d.v. Johannes Lodewyk PUTTER en Anna VAN DER SWAAN xxx Magdalena Catharina ERASMUS
b3 Cecelia KRUGER = 26-01-1721 x 21-08-1738 Hendrik Pieter HESSE van Muhlheim
b4 Johannes KRUGER = 13-12-1722 ! voor April 1779 x 09-11-1746 Petronella SMIT = 23-11-1727 d.v. Alewyn SMIT en Hester BEKKER
b5 Elisabeth KRUGER = 19-02-1723 ! voor April 1779 x 13-5-1742 Michiel BESTER van Maagdeburg
b6 Hendrik KRUGER = 08-04-1725 Kaapstad ! ca 1793 Graaff-Reinet x 05-05-1747 Francina CLOETE * 29-07-1732 = 07-09-1732 Kaapstad ! 1811 d.v. Gerrit CLOETE en Hubrecht SLABBERT
b7 Pieter Ernst KRUGER = 18-08-1726 ! Feb. 1783 x 27-12-1747 Zacharia PUTTER ! voor 27-10-1801 d.v. Johannes Lodewyk PUTTER en Anna VAN DER SWAAN
b8 Catharina KRUGER = 01-08-1728
Johannes Abraham KRUGER stam van b6 soos volg:
b6 Hendrik KRUGER = 08-04-1725 Kaapstad ! ca 1793 Graaff-Reinet x 05-05-1747 Francina CLOETE * 29-07-1732 = 07-09-1732 Kaapstad ! 1811 d.v. Gerrit CLOETE en Hubrecht SLABBERT
c1 Johannes Jacob KRUGER * 15-05-1748 = Kaapstad 20-10-1748 x 06-11-1768 Johanna Alida PUTTER = 26-11-1747 ! 1813 d.v. Jan Lodewyk PUTTER en ANNA van der SWAAN
c2 Gerrit KRUGER * 01-05-1750 = Kaapstad 21-5-1750 ! ca 1830 x 12-11-1769 Susanna Lasya BUYS ! 1802 d.v. Stephanus BUYS en Maria Elizabeth DE VRIES xx 15-05-1808 Anna Sophia VENTER weduwee van Philip SNYMAN
c3 Hendrina Cecilia KRUGER * 06-10-1751 = Kaapstad 16-10-1751 ! 03-09-1762
c4 Johanna Francina KRUGER * 06-10-1751 = Kaapstad 16-10-1751 ! 07-12-1825 x 16-11-1768 Pieter VENTER s.v. Jan Hendrik VENTER en Johanna Maria BUYS
c5 Hendrik KRUGER * 09-02-1754 = 03-03-1754 ! voor Mei 1788 x Lasya Christina VENTER = 06-09-1760 suster van Pieter VENTER en d.v. Jan Hendrik VENTER en Johanna Maria BUYS
c6 Pieter KRUGER * 20-08-1757 = Kaapstad 28-08-1757 ! voor 04-05-1805 x 06-10-1785 Maria Magdalena PUTTER weduwee van Casper Hendrik STEENKAMP en d.v. Gerrit PUTTER en Sophia VAN WYK
c7 Jacob Kruger * 13-01-1760 Kaapstad = 20-01-1760 Kaapstad ! 1834 Die Bad Agtersuurberg Distrik Graaf Reinet x 08-02-1786 Anna Elizabeth COETSEE = 28-03-1771 d.v. Johannes Jacobus COETSEE en Anna Johanna CLOETE
c8 Frans KRUGER * 18-09-1761 = 27-09-1761 ! 17-08-1846 x 23-09-1792 Martha VENTER d.v. Jan Adriaan VENTER en Cornelia SMIT ! voor 02-02-1800 xx Anna Cornelia VENTER = 18-02-1787 d.v. Johannes Albertus VENTER en Anna Maria VAN DER WALT = 10-11-1871
c9 Hubrecht KRUGER = 03-04-1763
c10 Jasper KRUGER = 04-11-1764
c11 Elsie Petronella KRUGER = 12-03-1768
c12 Maarten KRUGER = 01-10-1768
c13 Francina Johanna Susanna KRUGER = 25-02-1771 x Stephanus VENTER = 10-02-1765
c14 Hercules Christiaan KRUGER = 27-02-1771 = voor 02-09-1796 x 26-09-1790 Hester Maria PIENAAR d.v. Daniel PIENAAR en Hilletjie Maria STEENKAMP d.v. Casper Jan Hendrik STEENKAMP
c15 Zacharia Anna KRUGER = 1793
c16 Hubrecht KRUGER = 18-02-1776 x 22-12-1799 Andries VENTER = 12-11-1775 s.v Jan VENTER en Johanna Catharina VAN DER WALT
c17 Jacobus Stephanus KRUGER = 12-04-1778 ! 01-12-1843 x 21-01-1798 Hester Cornelia COETSEE = 05-01-1782 d.v. Johannes COETSEE en Hester VILJOEN ! 1858
Johannes Abraham KRUGER stam van c7 soos volg:
c7 Jacob Kruger * 13-01-1760 Kaapstad = 20-01-1760 Kaapstad ! 1834 Die Bad Agtersuurberg Distrik Graaf Reinet x 08-02-1786 Anna Elizabeth COETSEE = 28-03-1771 d.v. Johannes Jacobus COETSEE en Anna Johanna CLOETE
d1 Anna Elizabeth KRUGER = 13-03-1788 x Johannes COETZEE = 14-05-1786 s.v. Johannes COETSEE en Huibrecht COETSEE
d2 Hendrik KRUGER = 19-02-1792
d3 Francina Maria KRUGER = 18-08-1793
d4 Johannes Abraham KRUGER * 03-08-1795 Distrik Middelburg = 21-02-1796 ! 20-09-1884 op Waschbank in die ouderdom van 89 jaar en ook daar begrawe. Sy vader was Jacob KRUGER en sy moeder Anna Elizabeth COETZEE. x 06-10-1817 te Graaff Reinet met die 14 jarige Anna Sophia PRETORIUS * 24-01-1803 Distrik Cradock ! 03-04-1854 Waschbank Burgersdorp en ook daar begrawe d.v. Abraham PRETORIUS * 30-01-1782 = Paarl 06-02-1782 ! 06-01-1843 Grootvlei Burgersdorp en Lasya Catharina VENTER * 18-03-1787
d5 Jacob Petrus KRUGER * 08-09-1797 x 07-04-1817 Hester Carolina PRETORIUS
d6 Francina Johanna Lasya KRUGER = 02-09-1799 x 04-05-1818 Pieter KRUGER s.v.Hendrik Bernardus KRUGER
d7 Hester Jacoba KRUGER = 10-11-1801 x Barend Johannes VAN DER WALT
d8 Hendrik Theunis Christiaan KRUGER = 04-03-1804
d9 Margaretha Johanna KRUGER = 20-04-1806 x 1822 Louis Stephanus LESSING
d10 Elisabeth Sophia Johanna KRUGER = 27-12-1807 x Isaac LESSING
d11 Nicolaas Stephanus KRUGER * 30-05-1810
Johannes Abraham KRUGER is hier d4 en sy nageslag waaruit ek stam volg verderaan
b6c7d4 Johannes Abraham KRUGER * 03-08-1795 Distrik Middelburg = 21-02-1796 ! 20-09-1884 op Waschbank in die ouderdom van 89 jaar en ook daar begrawe. Sy vader was Jacob KRUGER en sy moeder Anna Elizabeth COETZEE. x 06-10-1817 te Graaff Reinet met die 14 jarige Anna Sophia PRETORIUS * 24-01-1803 Distrik Cradock ! 03-04-1854 Waschbank Burgersdorp en ook daar begrawe d.v. Abraham PRETORIUS * 30-01-1782 = Paarl 06-02-1782. Hy was werklik 'n pionier-grensboer en het in die distrik van Burgersdorp op die plaas Grootvlei geboer waar hy op 06-01-1843 oorlede is. x 09-11-1800 Lasya Catharina VENTER * 18-03-1787 xx Johanna Maria KRUGER
e1 Laceya Abrama KRUGER * 07-08-1818 = 13-12-1818 !03-07-1853 x 24-12-1837 te Huwelikshof Colesberg met Paul Philipus VORSTER * 1812 ! 16-06-1853
e2 Anna Elizabeth Jacoba KRUGER * 07-07-1820 = 05-11-1820 ! 16-09-1886 Steynsburg x Graaff Reinet op 22-02-1835 metMaarten Jacobus COETZEE xx N.N. VORSTER xxx Andries Jacob COETZEE xxxx Johannes Christiaan HENNING
e3 Abraham Pretorius KRUGER * 30-07-1822 Cradock ! 12-07-1910 in die ouderdom van 88 jaar in die huis van sy seun Johannes Abraham KRUGER en op Waschbank begrawe x Alida Johanna Catherina AUCAMP * 13-07-1825 ! 18-08-1894 Waschbank Burgersdorp d.v. Pieter AUCAMP en Levina Catharina KRUGER. Sy was 'n suster van sy swaer P.L.S. AUCAMP.
e4 Hendrina Fransina KRUGER * 01-08-1824 Middelburg ! 28-12-1872 Oudefontein x Colesberg 05-07-1841 Pieter Louis Stephanus AUCAMP * 01-09-1823 = 02-11-1823 Graaff Reinet, broer van e3 se vrou
e5 Jacob KRUGER * 15-07-1826 = Colesberg 08-01-1827 x Levina Caterina Wilhelmina VENTER
e6 Johannes Abraham KRUGER * 25-04-1831 Cradock x Hester Jacoba COETZEE
e7 Johannes Lodewicus KRUGER * 15-09-1833 Albert ! 25-09-1879 Vaalrand x Magdalena Catharina DU PLESSIS
e8 Anna Sophia KRUGER * 23-11-1837 x Frans Kruger COETZEE = Colesberg 11-01-1834 ! Petrusville 23-05-1885 s.v. Gert Petrus Nicolaas COETZEE en Albertje Catharina Lasya KRUGER
e9 Johanna Lasya Sarlotta KRUGER * 21-05-1840 x Nicolaas Tjaart COETZEE * 02-10-1823 = Cradock 05-01-1824 ! 08-01-1870 Kraayfontein Albert s.v. Johannes Jacobus COETZEE en Susanna Sophia VAN DER WALT xx Willem SNYMAN
e10 Hendrik Johannes KRUGER * 27-08-1849 Colesberg ! 14-12-1866 verdrink te Winnaarsbaken, Albert
Johannes KRUGER stam van e3 soos volg
e3 Abraham Pretorius KRUGER * 30-07-1822 Cradock ! 12-07-1910 in die ouderdom van 88 jaar in die huis van sy seun Johannes Abraham KRUGER en op Waschbank begrawe x Alida Johanna Catherina AUCAMP * 13-07-1825 ! 18-08-1894 Waschbank Burgersdorp d.v. Pieter AUCAMP en Levina Catharina KRUGER. Sy was 'n suster van sy swaer P.L.S. AUCAMP.
f1 Johannes Abraham KRUGER * 21-04-1844 jonk oorlede
f2 Pieter Lewis KRUGER * 01-08-1847 x Gereformeerde Kerk Burgersdorp 12-02-1866 Francina Margaretha PRETORIUS
f3 Abraham Pretorius KRUGER * 03-12-1849 Waschbank = 15-04-1850 ! 21-07-1925 Witpoort en daar begrawe x 09-07-1868 Hester Maria Isabella KRUGER * 19-02-1852 ! 04-06-1896 Witpoort
f4 Johannes Abraham KRUGER * 07-01-1853 Waschbank Burgersdorp ! 09-09-1932 Waschbank en daar begrawe x Maria Elizabeth Johanna Christina COETZEE * 07-07-1860 Klipplaat ! 14-12-1894 Waschbank d.v. Tjaart Nicolaas COETZEE en Maria Elizabeth Cecilia KRUGER xx Levina Catharina AUCAMP
f5 Jan Hendrik KRUGER * 30-04-1855 Waschbank Burgersdorp = 02-07-1855 Burgersdorp ! 13-08-1884 Waschbank x 04-12-1882 Johanna Susanna Lasea COETZEE * 1865
f6 Hendrik Johannes Lodiwikus KRUGER * 30 03 1857 Waschbank ! 02-06-1878 Waschbank
f7 Alida Johanna Catherina KRUGER * 08-03-1862 Waschbank = 11-05-1862 Gereformeerde Kerk Burgersdorp ! 13-09-1926 Uitkyk x Tjaart AUCAMP * 03-02-1860 ! 01-09-1936 Uitkyk
f8 Anna Sophia KRUGER * 01-07-1864 Waschbank = 11-09-1864 Gereformeerde Kerk Burgersdorp ! 1939 Groenvlei x 1881 IZAK Jacobus AUCAMP * 10-08-1857 ! 1933 Groenvlei
f9 Frans KRUGER * 01-11-1866 = 30-12-1866 ! klein Waschbank
Johannes KRUGER stam van f3 soos volg
f3 Abraham Pretorius KRUGER * 03-12-1849 Waschbank = 15-04-1850 ! 21-07-1925 Witpoort en daar begrawe x 09-07-1868 Hester Maria Isabella KRUGER * 19-02-1852 ! 04-06-1896 Witpoort
g1 Anna Stevina Francina KRUGER * 25-08-1875 Witpoort Venterstad ! 20-06-1950 Pretoria x Hendrik Johannes Jacob COETZEE * 30-03-1870 = 07-03-1951
g2 Levina Catharina Susanna KRUGER * Witpoort x Piet COETZEE
g3 Alida Johanna Catharina KRUGER * Witpoort
g4 Hester Maria KRUGER * Witpoort
g5 Anna Sophia KRUGER * ca 1883 x Cornelius Johannes Stefanus MYBURGH. Hy was voorheen getroud met NN by wie hy twee seuns gehad het.
g6 Abraham Pretorius KRUGER * Witpoort
g7 Hendrik Johannes Jacob KRUGER * 25-01-1885 Witpoort Venterstad ! 21-05-1950 Burgersdorp x Anna Alida Elizabeth COETZEE * 30-05-1892 ! 25-01-1986
g8 Johannes Abraham KRUGER * 27-05-1892 Witpoort
Johannes KRUGER stam van g7 soos volg
g7 Hendrik Johannes Jacob KRUGER * 25-01-1885 Witpoort Venterstad ! 21-05-1950 Burgersdorp x Anna Alida Elizabeth COETZEE * 30-05-1892 ! 25-01-1986
h1 Hester Maria Isabella KRUGER jonk oorlede
h2 Abraham Pretorius KRUGER * 05-11-1927 Witpoort Venterstad x 12-04-1952 Alida Elizabeth HAASBROEK * 07-10-1925 d.v. Andries Cornelius HAASBROEK en Alida Elizabeth KLOPPER
h3 Johannes Henning KRUGER * 20-02-1929 ! 31-08-1985 x Maria Magdalena WELGEMOED * 10-06-1926
h4 Magdalena Catharina Cornelia KRUGER * 18-08-1933 x Thomas Johannes HOLTZHAUSEN * 23-10-1933 ! 09-03-1976
h5 Hendrik Johannes Jacob KRUGER * 17-02-1935 x Anna Fransina Catharina BARNARD * 30-04-1943 (#) xx Maria Elizabeth ROSSOUW * 02-12-1935 ! 04-06-1983 xxx Lola Agnes JANSEN VAN RENSBURG geb. CROESER
h6 Hester Maria Isabella KRUGER *09-06-1937 x Jan Abraham APPELGRYN (#)
h7 Anna Alida Elizabeth KRUGER * 30-05-1941 x Edward George Liveley DE WET * 15-09-1942
h2 Hierbo is dan my vader
h2 Abraham Pretorius KRUGER * 05-11-1927 Witpoort Venterstad x 12-04-1952 Alida Elizabeth HAASBROEK * 07-10-1925 d.v. Andries Cornelius HAASBROEK en Alida Elizabeth KLOPPER
i1 Hendrik Johannes Jacob KRUGER * 29-05-1953 Senekal
i2 Andries Cornelius KRUGER * 19-08-1955 Senekal x 10-12-1982 Pretoria Johanna Carolina VAN DER WESTHUIZEN * 24-08-1955
i3 Abraham Pretorius KRUGER * 19-08-1957 x 04-04-1982 Pretoria Elizabeth Francina DU PLESSIS * 04-08-1957 Durban d.v. Hendrik Abraham DU PLESSIS en Elizabeth Francina CRONJE
i4 Jacobus Martinus KRUGER * 09-10-1959 Senekal x 10-10-1987 Roodepoort Anna Cornelia NIEZEN * 12-02-1960
i5 Alida Elizabeth KRUGER * 16-05-1962 x 10-10-1986 Vanderbijlpark Bernardus Gerhardus NEL * 08-02-1958
i6 Johannes KRUGER * 14-12-1966 Vanderbijlpark x 29-09-1991 Potchefstroom Johanna Aletta GROBLER * 28-10-1962 Henneman d.v. Hendrik Frederik GROBLER en Anna Johanna SMIT
My kinders is dan soos volg
i6 Johannes KRUGER * 14-12-1966 Vanderbijlpark x 29-09-1991 Potchefstroom Johanna Aletta GROBLER * 28-10-1962 Henneman d.v. Hendrik Frederik GROBLER en Anna Johanna SMIT
j1 Hendrik Frederik KRUGER * 14-01-1997 Vanderbijlpark
j2 Anna Johanna KRUGER * 15-07-1998 Vanderbijlpark

Terug na indeks


Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1