Die Krüger's se Aktiwiteite


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


Indeks

Rekenaars
E-pos Groepe
Padlangs
KampvuurKuier
Houtwerk


Rekenaars

My belangstelling in rekenaars het in 1992 begin met 'n 286 AT 16 MHz masjien wat ek by die werk met ses ander mense gedeel het. Die enigste sagteware wat op die masjien was, was MS-Dos 5.0. Na 'n tydjie het ons Professional Write en Quattro Pro aangekoop en geïnstalleer. Tipies Ingenieur het ek aan die rekenaar begin krap om uit te vind hoe werk die ding. Dit het my sover gebring om vir myself 'n 286 AT 20 MHz masjien tweedehands aan te skaf met 'n 20 Mb hardeskyf en sedertdien het die gogga behoorlik gebyt.

Van daardie eerste masjien af het ek kort-kort opgradeer, eers 4 Mb RAM bygesit met 'n 210 Mb hardeskyf. Nie gedink ek sal daardie hardeskyf ooit volmaak nie en 4 Mb RAM was astronomies baie. Volgende stap was 'n 386 DX 33 MHz moederbord met 'n "Math Co-processor". WHAOU, nou was ek nie meer beperk tot dokumente skryf en spreistate opstel nie, skielik kon ek CAD tekeninge ook doen! Speletjies was altyd 'n groot gunsteling gewees en ek het gevolglik 'n goeie versameling opgebou.

Toe kom Windows 3.0 uit en daar begin die probleme! Saam met Windoze het MS Office gevolg en so het ek myself geleer. Geen formele opleiding of kursusse gedoen nie, myself alles geleer wat ek van rekenaars af weet. Vandag het ek 'n Pentium Celeron 266 MHz masjien met meer RAM as wat my eerste hardeskyf groot was. Wel 'n verouderde stelsel, maar dit doen nog wat ek wil doen. Heeltemal goed genoeg om myself te leer sodat ek selfonderhoudend is wat enige aspek van 'n rekenaar aanbetref.

Terug na Indeks


E-pos Groepe

Die groot mag van die Internet lê in die toeganklikheid van inligting. Hierin speel e-pos 'n baie groot rol. Stel jouself voor, jy soek inligting oor die aartappelkrisis in Sjina. Deur een e-pos uit te stuur kan jy internasionale opinies oor die saak inwin, letterlik honderde. Die probleem is gewoonlik dat jy nie honderde mense regoor die wêreld se e-pos adresse het nie. Dis hier wat e-pos groepe die oplossing bied. Een sentrale adres waarheen jy jou boodskap stuur en vandaar word dit na al die lede van die groep versprei, maak nie saak waar in die wêreld die mense hulle bevind nie.

Daar is verskillende sulke e-pos dienste op die Internet, onder andere Yahoo Groups (voorheen eGroups), Listbot en Topica. Hierdie dienste word gratis aangebied aan gebruikers en befonds deur adverteerders. Daar is ook dienste waarvoor die gebruikers self betaal, soos eList. Elkeen van die dienste bied verskillende opsies om so 'n e-pos groep te bedryf. Die beginsel is egter by almal dieselfde. Een persoon skep die groep en hy/sy word die "Lyseienaar" genoem. Die Lyseienaar is dan verantwoordelik om self lede vir die groep te werf en die administrasie van die groep te hanteer. Die Lyseienaar kan nadat daar lede ingeskryf is op die groep, addisionele "Moderators" aanstel vanuit die lede om te help met die administrasie van die groep.

Die e-pos groepe funksioneer op 'n vrywillige basis, met ander woorde jy besluit self of jy lid van die groep wil wees of nie. As jy nie meer aan die groep wil behoort nie, kan jy self jou lidmaatskap kanselleer sonder enige verpligtinge. Inskrywings, gesprekke en kansellasies vind alles deur middel van e-pos plaas. Jy het dus nie Internet toegang nodig om aan so 'n groep te behoort nie, slegs e-pos fasiliteite.

Terug na Indeks


Padlangs

Padlangs is so 'n e-pos groep waarvan die diens deur Yahoo Groups verskaf word. Die groep is in Oktober 1999 gestig deur Sarel Wessels en het 'n Christelike karakter. Die lede het al hegte vriendskapsbande gesmee en daar word gereeld vir mekaar se laste en vreugdes gebid. Verder word enige onderwerp denkbaar bespreek en humor gedeel. Die lede het ook al verskeie byeenkomste gereël om mekaar persoonlik te ontmoet. So het daar letterlik vriendskappe gegroei in die kuberruimte. Die groep het ook hulle eie webblad by http://www.webwonder.co.za/padlangs wat jy gerus kan gaan besoek om meer van die groep te leer.

As jy by Padlangs wil aansluit:

Stuur 'n leë e-pos aan [email protected]

Om 'n boodskap aan die groep te stuur nadat jy ingeskryf het, stuur dit aan [email protected]

Indien jy nie meer pos van die groep wil ontvang nie, kan jy jou lidmaatskap kanselleer deur 'n leë e-pos te stuur aan [email protected]

Om vorige gesprekke van die groep te gaan lees:

Nadat jy ingeskryf het by die groep, kan jy vorige gesprekke gaan lees by http://www.groups.yahoo.com/list/padlangs

Terug na Indeks


KampvuurKuier

KampvuurKuier is nog so 'n e-pos groep. KampvuurKuier is gestig in Januarie 2000 deur vier mense wat nie die gemors op die Afrikaanse Nuusgroep kon uitstaan nie. Dit is 'n aangename kuierplek en enige onderwerp word hier bespreek. Van die lede is oud Suid-Afrikaners wat migreer het na ander lande, dus kry mens oorsese nuus wat nie normaalweg in die Suid-Afrikaanse media beskikbaar is nie.

As jy by KampvuurKuier wil aansluit:

Stuur 'n leë e-pos aan [email protected]

Om 'n boodskap aan die groep te stuur nadat jy ingeskryf het, stuur dit aan [email protected]

Indien jy nie meer pos van die groep wil ontvang nie, kan jy jou lidmaatskap kanselleer deur 'n leë e-pos te stuur aan [email protected]

Om vorige gesprekke van die groep te gaan lees:

Nadat jy ingeskryf het by die groep, kan jy vorige gesprekke gaan lees by http://www.groups.yahoo.com/list/kampvuurkuier

Terug na Indeks


Houtwerk

My liefde vir hout en houtwerk het ek van my pa geërf. Daar is vir my min dinge wat so mooi is soos 'n meubelstuk wat van mooi hout gemaak is. Houtwerk is 'n kunsvorm waarin jy enige iets kan uitdruk. En nou praat ek nie van meubels wat op groot skaal deur massaproduksie gemaak is nie. Ja, sulke meubels is ook mooi, maar dra nie vir my soveel waarde as daardie unieke enkele stuk wat met liefde en toewyding gemaak is nie. So 'n meubelstuk het sy eie karakter, dit weerspieël die hart van die kunstenaar, dit gee 'n blik in die siel van die skepper daarvan. As mens houtwerk doen vir 'n kuns, slaan jy nie net 'n klomp planke saam nie, nee, jy bekyk elke stukkie hout in besonder, kyk na die grein daarvan, ervaar die wil van die hout en besluit dan waarvoor die plankie die beste gaan werk. Eers as mens die hout ken, kan jy dit op sy regte plek in die meubelstuk inbou om die beste daarvan na vore te laat kom.

Vir houtwerk het mens groot geduld nodig. Dit is 'n langsame werk wat nie gejaag kan word nie. Die sukses van 'n meubelstuk lê in die beplanning daarvan. Die konstruksiemetode en finale afwerking is ook net so belangrik. 'n Mooi meubelstuk kan totaal ruïneer word deur swak afwerking. Hier volg so 'n paar foto's van my houtwerk.

Ons dubbelbed

Ons dubbelbed

Ons kinders se bababed

Ons kinders se bababed

Enkelbed

Enkelbed

Koffietafel

Koffietafel

Skaaktafel met Skaakstel

Skaaktafel met Skaakstel

Terug na Indeks


Terug na Bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1