Die Krüger's se Tuisblad


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke



BELANGRIK!!

Hierdie webwerf word nie meer onderhou nie!! Die nuutste weergawe van hierdie webwerf is by http://padlangs.virafrikaans.com beskikbaar.


Dit is die tuisblad van Johan & Hanlie Krüger.

Die vraag is altyd "Wat is die doel van 'n Persoonlike Tuisblad?" Met hierdie blad hoop ons om jou:

  • 'n voorbeeld te gee van wat 'n Persoonlike Tuisblad behels.
  • aan ons gesin bekend te stel.
  • meer inligting gee oor ons gesin se doen en late.
  • te leer hoe om jou eie tuisblad te ontwerp.
  • te wys wat so 'n blad vir jou kan beteken.
Daar kan enige tipe inligting op so 'n persoonlike tuisblad weergegee word. So 'n blad kan dus help om vir u inkomste te genereer deurdat dit aangewend word as goedkoop advertensie medium.

Op hierdie tuisblad gaan jy ons gesin ontmoet op ons fotoblad, uitvind oor ons doen en late op ons aktiwiteiteblad, ons familie leer ken op ons familieregisterblad, sien wat is ons gunsteling Bybel sagteware, inligting kry oor immigrasie, sien hoe jy die Internet kan aanwend om inkomste te genereer, leer hoe om jou eie webblad te ontwerp, lekker lag vir ons humor, kommentaar lees (en lewer, hoop ons...) oor hierdie blad en skakels kan volg na ander blaaie wat vir ons interessant en van waarde is.

Om hierdie blad ten beste te benut, kan jy 'n paar metodes gebruik:

  1. Indien jy gelukkig genoeg is om 'n vinnige Internet verbinding te hę, kan jy bloot op die knoppies kliek waar jy heen wil gaan. Die blaaie is klein en maak dus baie vinnig oop.
  2. Indien jy egter 'n stadige Internet verbinding het en graag meer as een blad op 'n keer wil oopmaak, stel ons voor dat jy regskliek op die skakel waarheen jy wil gaan en die "Open in new window" opsie kies.

Let ook op dat die kleur van die knoppie van die blad waarop jy huidig is, verskil van die res an die knoppies se kleur. Dit sal altyd vir jou 'n aanduiding wees van watter blad jy huidig besoek.

Ons hoop jy geniet jou besoek aan ons webtuiste.


Terug na bo

Stuur vir my e-pos

Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1