Gunsteling Boeke


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


Een van die basiese metodes van kommunikasie is die geskrewe woord. In ons moderne tyd neem die geskrewe woord baie verskillende vorms aan. Die Internet is sekerlik die grootste vorm van geskrewe kommunikasie wat daar ooit bestaan het. In die lig van die elektroniese media loop boeke die risiko om stadig maar seker van die toneel te verdwyn.

Die lekker van met 'n boek agteroor te gaan sit en rustig te lees vir die ontspanningswaarde daarvan, sal egter nooit deur die elektroniese media vervang kan word nie. In 'n groot mate het die elektroniese media dan ook tot die redding van boeke gekom. Vandag kan jy aanlyn jou gunsteling boek bestel van enige plek in die węreld. Daar is heelwat verskillende elektroniese boekwinkels, een daarvan is Amazon.co.uk . Jy kan gerus van die blad af na hulle toe skakel om jou boekaankope te gaan doen.

Ek plaas hier kort resensies oor die boeke wat ek al gelees het en genotvol gevind het. Helaas is die spasie te beperk om alles wat ek al gelees het, hier te behandel. Die wat ek wel hier behandel, is dan die beste uit my leesstof. Al die boeke kan ook aanlyn bestel word vanaf Amazon.co.uk .


Search:
Keywords:
In Association with Amazon.co.uk
In Association with Amazon.co.uk


(Alfabeties volgens skrywers)
(Titels volgens volgorde waarin dit geskryf is)

Indeks

Tom Clancy

Hunt for Red October
Patriot Games
The Cardinal of the Kremlin
Clear and Present Danger
The Sum of all Fears
Debt of Honour
Executive Orders


Tom Clancy

Hunt for Red October

The Hunt for Red October - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelIewers onder die Atlantiese Oseaan het 'n Russiese duikboot kommandeur sopas 'n besluit geneem wat verreikende gevolge gaan hę: die Red October vaar wes. Die Amerikaners soek haar. Die Russe wil haar terug hę. Die mees fantastiese wedloop in die geskiedenis is aan die gang.

In hierdie boek maak ons vir die eerste keer kennis met die karakter Jack Ryan, 'n jong miljoenęr en strategiese analis wat deur die CIA betrek word om die geheim van die Red October te help ontrafel. Dit is 'n spannende wegkruipspeletjie tussen 'n hoogs geheime Russiese ballistiese missiel duikboot, 'n Amerikaanse Delta-klas duikboot en die Russiese vloot. Die spel speel af oor 'n tydperk van 18 dae oor 4 000 myl oseaan.

The Hunt for Red October is die topverkoper wat Tom Clancy se fenomenale loopbaan ingelui het. 'n Militęre riller wat so akkuraat en oortuigend geskryf is, dat die stories geloop het dat Tom Clancy deur die Wit Huis ondervra is.

Terug na Indeks


Patriot Games

Patriot Games - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelIn Patriot Games is Jack Ryan terug om sy dodelikste oorlog nog te veg. Wanneer hy 'n plan in die wiele ry om die Prins van Wallis te ontvoer, word hy die nommer een teiken van Noord-Ierland se mees gevaarlikste mense, 'n ultra-linkervleuel faksie van die IRA. Vir sy reddingsdaad moet hy betaal... met sy lewe.

Die terroriste volg hom dan terug na die VSA, waar hulle hulle wraak teen hom beplan. Die verhaal ly na 'n spanningsvolle klimaks wat uitloop in 'n dodelike skietgeveg teen die einde. 'n Mondwater boek wat jy nie maklik neersit voor jy nie die laaste woord gelees het nie.

Terug na Indeks


The Cardinal of the Kremlin

The Cardinal of the Kremlin - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelIn The Cardinal of the Kremlin neem Tom Clancy se fantastiese navorsing die leser in Rusland en Amerika se pogings in om 'n strategiese verdedigingsinisiatief (SDI) te ontwikkel. Rusland het suksesvolle toetse op hulle stelsel begin naby die grens van Afganistan. Die Amerikaners jaag om hulle eie stelsel, Tea Clipper, te implementeer, om sodoende strategiese voordeel te behou.

The Cardinal of the Kremlin gaan egter meer oor die verskuiwende alliansies van die intelligensiewęreld en die onstabiele węreld van die laat 1980's Amerikaans-Russiese verhoudinge as oor militęre tegnologie.

Kolonel Mikhail Filitov is die Kardinaal, die CIA se oor in die Kremlin en 'n stabiele bron van die nuutste Russiese geheime. Hy ontmasker 'n dubbele agent in die Amerikaanse SDI-program. Ongelukkig weet die KGB ook dat hulle 'n verraaier in hulle midde het. Te midde van politiek maak Jack Ryan 'n plan om Filitov veilig uit Rusland uit te kry, en John Clark, ex-Navy SEAL en huidig 'n CIA agent, maak sy eerste verkyning in 'n Clancy boek (alhoewel sy vroeë lewe in Without Remorse uiteengesit word).

Tom Clancy lewer weereens 'n boeiende storie wat die naam riller deur en deur węrd is. Hy kyk verby die normale swart-en-wit voorstellings van 'n "bose staat" in 'n grys węreld in waar politieke ideale die werklikheid ontmoet.

Terug na Indeks


Clear and Present Danger

Clear and Present Danger - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelAan die einde van die proloog vir Clear and Present Danger skryf Tom Clancy: "And so began something that had not quite begun and would not soon end, with many people in many places moving off in directions and on missions which they all mistakenly thought they understood. That was just as well. The future was too fearful for contemplation, and beyond the expected, illusory finish lines were things fated by the decisions made this morning -- and, once decided, best unseen."

In Clear and Present Danger is niks so duidelik soos wat dit voorkom nie. Die president, ontevrede met die resultate van sy "oorlog teen dwelms", besluit dat hy onmiddellike sukses wil hę. Nadat John Clark se koverte span ontplooi is in Colombia vir Operasie Showboat, slaan die dwelmbase terug en dood verskeie siviele mense, onder andere die Amerikaanse Ambassadeur en die hoof van die FBI. Die president se gewildheid val en hy beveel Ritter om hulle nie-amptelike plan te beďndig en geen spore na te laat nie.

Jack Ryan, wat pas aangestel is as die Assistent Direkteur van Intelligensie van die CIA is woedend wanneer hy uitvind dat hy uitgesluit is uit die Colombiaanse operasie. John Clark se span sit gestrand op 'n onvoltooide operasie wat volgens alle rekords nooit bestaan het nie. Jack Ryan besluit om die manne uit te kry uit Colombia.

Clear and Present Danger handel uiteindelik oor morele gewete, wet en politiek, met Jack Ryan en CIA agent John Clark as gesamentlike helde. Ryan jaag dit na wat hy weet reg en wettig is, selfs al beteken dit persoonlike konfrontasie met die president van Amerika. Clark is die perfekte soldaat, 'n man wat sy manskappe hoër ag as die bevele van 'n hardvogtige bevelvoerder.

Saam met die gebruiklike indrukwekkende vertoon van militęre toerusting en die nuutste tegnologiese speelgoed, ontwikkel Clear and Present Danger die verhoudings en karakters wat Clancy aanhangers geleer liefkry het: Admiraal James Greer oorhandig die CIA fakkel aan sy leerling, Jack Ryan; John Clark en Ding Chavez ontmoet die eerste keer; en ander herhalende karakters soos Robert Ritter en "die President" voeg kontinuďteit by Clancy se geloofbare, alternatiewe realiteit. Hierdie is Clancy op sy beste.

Terug na Indeks


The Sum of all Fears

The Sum of all Fears - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelTom Clancy slaag nogmaals daarin om nuwe draaie die alternatiewe Amerikaanse geskiedenis te skilder wat hy in die Jack Ryan reeks begin het. In The Sum of All Fears is die sentrum van die konflik die warm plek van die węreld, die Midde Ooste, waar 'n kernwapen in die hande van terroriste beland net sodra vrede na 'n moontlikheid lyk.

Clancy skilder op realistiese wyse 'n bykans ondenkbare scenario - die bom word op Amerikaanse grond geplant in 'n groot sportstadion en duisende mense word in die ontploffing gedood. Dit gebeur te midde van 'n opbou van spanning met Rusland. Die terroriste hoop om die koue-oorlog vyandigheid weer nuwe lewe te gee en versoening tussen Israel en Palistina te voorkom.

Ten spyte van so 'n dramatiese storielyn verwaarloos Clancy nie die individue om wie sy verhaal geweef is nie. Jack Ryan se probleme is net soveel huislik as wat dit deel is internasionale krisis wat besig is om te ontplooi: Nasionale Sekuriteit Direkteur Elizabeth Elliot is die president se vertroueling, en sy het hom oortuig dat Ryan se morele waardes nie na wense is nie. Sy skimp op huweliksontrou en 'n "insider-trading" skandaal. Natuurlik is beide aanklagte vals, maar haar argumente het genoeg bewyse om spanning in die Ryan's se huwelik te veroorsaak en 'n vlaag van media dekking tot gevolg te hę. Terwyl John Clark terroriste naspeur, voorsien hy ook nodige inligting om die Ryan familie te heel.

The Sum of All Fears is kos vir nagmerries, maar bevat genoeg realiteit om sobere mense angsbevange te maak. Ryan het verander in 'n komplekse pratagonis, net soos Clancy se skryfstyl ook volwasse geword het. Ryan ly aan stress en twyfel in homself tot so 'n mate dat sy vlekkelose moraliteit tot die uiterste beproef word en dit maak hom 'n meer interessante onderwerp vir die leser se aandag. Die lesers wat gefassineer word deur militęre toerusting, van kernduikbote tot kernwapens, sal bykans genoeg daarvan hier kry om hulle eie weermag te begin. Clancy se insig in internasionale politiek kom ysingwekkend korrek voor.

Terug na Indeks


Debt of Honour

Debt of Honour - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelRazio Yamata is een van Japan se mees invloedrykste industrialiste en deel van 'n relatief klein groep wat ongelooflike invloed uitoefen in die Pacific Rim se ekonomiese magstruktuur. Hy het met 'n plan vorendag gekom om Amerika se posisie te vernietig, die Amerikaanse weermag te verneder en Japan te verhef tot 'n dominante posisie in die węreld arena. Yamata se motivering spruit uit sy brandende behoefte om 'n Debt of Honour aan sy ouers gestand te doen en die land wat hy voel verantwoordelik is vir hulle dood: Amerika.

Al wat hy nodig het om sy plan in werking te stel, is 'n katalis. Wanneer die foutiewe petroltenk aan 'n Tennessee familie se motor lei tot hulle vlammedood, gebruik 'n senator die geleentheid om 'n nuwe handelswet deur die sisteem te druk. Die wet is daarop gemik om Japan onder ekonomiese druk te plaas. Dit voorsien Yamata egter met die nodige katalis om sy plan in werking te stel. Soos wat Yamata se plan ontplooi, word dit vir die węreld duidelik dat iemand 'n ten volle geďntegreerde operasie teen Amerika loods.

Daar is net een mens wat kan uitvind wie die skuldige is: Jack Ryan, die nuwe president se Nasionale Sekuriteit Adviseur. Hy verdedig Amerika teen ekonomiese sabotasie vanaf die Ooste. Teruggeroep vanaf pensioen om te dien as die nuwe Nasionale Sekuriteit Adviseur, besef Ryan vinnig dat die probleme van vredestyd net so kompleks is as die van oorlog.

Debt of Honour is boeiende leesstof wat die leser vasgenael sal hou tot die laaste bladsy.

Terug na Indeks


Executive Orders

Executive Orders - Kliek hier om die boek by Amazon.co.uk te gaan bestelDie verhaal wat in Debt of Honour begin is, word voortgesit in Executive Orders. Jack Ryan word gevra om te dien as die Visie President. Enkele minute voor hy oorstap na Capitol Hill om ingehuldig te word, vlieg terroriste met 'n geskaakte vliegtuig in die Pentgon vas. Die president, die grootste deel van die kongres en die lede van die Hooggeregshof word gedood in die aanval.

Skielik bevind Jack Ryan homself as waarnemende president van Amerika, sonder 'n kongres. Hy bevind homself in 'n politieke magstryd met Ed Kealty, die voormalige visiepresident wat weens 'n seksskandaal gevra is om uit te tree. Intussen loods die Iranese 'n Ebola virus aanval op Amerika en vermoor die president van Iraq. Sodoende vorm hulle die United Islamic Republic en val Saudi Arabië binne om beslag te lę op die olievelde.

Midde dit alles moet Ryan regeer sonder 'n kabinet. Hy benut die geleentheid om die regering 'n nuwe blaadjie te laat omslaan. Op uiters onkonvensionele wyse, stel hy kabinetslede aan vanuit die privaatsektor wat geen politieke aspirasies het nie, maar wat hy weet in staat sal wees om die werk gedoen te kry.

Tom Clancy slaag op meesterlike wyse om met hierdie politieke riller die leser vas te vang in die węreld van internasionale terrorisme en mensgemaakte rampe. 'n Uiterste moet vir enige Clancy aanhanger.


Wanneer mens Executive Orders lees na die terroriste-aanval op die Węreldhandelsentrum en die Pentagon van die 11de September 2001, kom die gedagte onwillekeurig by mens op of diegene wat verantwoordelik is vir die laakbare daad, nie juis hulle planne op hierdie boek gesmee het nie. Dit is ysingwekkend om te dink hoe die boek met die werklikheid ooreenstem as in gedagte gehou word dat die boek sowat drie jaar voor die aanval geskryf is. Sou dit Tom Clancy dan enigsins moreel aandadig maak aan die aanval? Ek glo nie. Ek dink eerder dit is 'n geval van die realiteit wat die kuns naboots.

Terug na Indeks


Terug na bo

Stuur vir my e-pos

Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1