|
Een van die basiese metodes van kommunikasie is die geskrewe woord. In ons moderne tyd neem die geskrewe woord baie verskillende vorms aan. Die Internet is sekerlik die grootste vorm van geskrewe kommunikasie wat daar ooit bestaan het. In die lig van die elektroniese media loop boeke die risiko om stadig maar seker van die toneel te verdwyn.
Die lekker van met 'n boek agteroor te gaan sit en rustig te lees vir die ontspanningswaarde daarvan, sal egter nooit deur die elektroniese media vervang kan word nie. In 'n groot mate het die elektroniese media dan ook tot die redding van boeke gekom. Vandag kan jy aanlyn jou gunsteling boek bestel van enige plek in die węreld. Daar is heelwat verskillende elektroniese boekwinkels, een daarvan is Amazon.co.uk . Jy kan gerus van die blad af na hulle toe skakel om jou boekaankope te gaan doen.
Ek plaas hier kort resensies oor die boeke wat ek al gelees het en genotvol gevind het. Helaas is die spasie te beperk om alles wat ek al gelees het, hier te behandel. Die wat ek wel hier behandel, is dan die beste uit my leesstof. Al die boeke kan ook aanlyn bestel word vanaf Amazon.co.uk .
![]() |
Tom Clancy
Hunt for Red October
|
In hierdie boek maak ons vir die eerste keer kennis met die karakter Jack Ryan, 'n jong miljoenęr en strategiese analis wat deur die CIA betrek word om die geheim van die Red October te help ontrafel. Dit is 'n spannende wegkruipspeletjie tussen 'n hoogs geheime Russiese ballistiese missiel duikboot, 'n Amerikaanse Delta-klas duikboot en die Russiese vloot. Die spel speel af oor 'n tydperk van 18 dae oor 4 000 myl oseaan. The Hunt for Red October is die topverkoper wat Tom Clancy se fenomenale loopbaan ingelui het. 'n Militęre riller wat so akkuraat en oortuigend geskryf is, dat die stories geloop het dat Tom Clancy deur die Wit Huis ondervra is. Patriot Games
Die terroriste volg hom dan terug na die VSA, waar hulle hulle wraak teen hom beplan. Die verhaal ly na 'n spanningsvolle klimaks wat uitloop in 'n dodelike skietgeveg teen die einde. 'n Mondwater boek wat jy nie maklik neersit voor jy nie die laaste woord gelees het nie. The Cardinal of the Kremlin
The Cardinal of the Kremlin gaan egter meer oor die verskuiwende alliansies van die intelligensiewęreld en die onstabiele węreld van die laat 1980's Amerikaans-Russiese verhoudinge as oor militęre tegnologie. Kolonel Mikhail Filitov is die Kardinaal, die CIA se oor in die Kremlin en 'n stabiele bron van die nuutste Russiese geheime. Hy ontmasker 'n dubbele agent in die Amerikaanse SDI-program. Ongelukkig weet die KGB ook dat hulle 'n verraaier in hulle midde het. Te midde van politiek maak Jack Ryan 'n plan om Filitov veilig uit Rusland uit te kry, en John Clark, ex-Navy SEAL en huidig 'n CIA agent, maak sy eerste verkyning in 'n Clancy boek (alhoewel sy vroeë lewe in Without Remorse uiteengesit word). Tom Clancy lewer weereens 'n boeiende storie wat die naam riller deur en deur węrd is. Hy kyk verby die normale swart-en-wit voorstellings van 'n "bose staat" in 'n grys węreld in waar politieke ideale die werklikheid ontmoet. Clear and Present Danger
In Clear and Present Danger is niks so duidelik soos wat dit voorkom nie. Die president, ontevrede met die resultate van sy "oorlog teen dwelms", besluit dat hy onmiddellike sukses wil hę. Nadat John Clark se koverte span ontplooi is in Colombia vir Operasie Showboat, slaan die dwelmbase terug en dood verskeie siviele mense, onder andere die Amerikaanse Ambassadeur en die hoof van die FBI. Die president se gewildheid val en hy beveel Ritter om hulle nie-amptelike plan te beďndig en geen spore na te laat nie. Jack Ryan, wat pas aangestel is as die Assistent Direkteur van Intelligensie van die CIA is woedend wanneer hy uitvind dat hy uitgesluit is uit die Colombiaanse operasie. John Clark se span sit gestrand op 'n onvoltooide operasie wat volgens alle rekords nooit bestaan het nie. Jack Ryan besluit om die manne uit te kry uit Colombia. Clear and Present Danger handel uiteindelik oor morele gewete, wet en politiek, met Jack Ryan en CIA agent John Clark as gesamentlike helde. Ryan jaag dit na wat hy weet reg en wettig is, selfs al beteken dit persoonlike konfrontasie met die president van Amerika. Clark is die perfekte soldaat, 'n man wat sy manskappe hoër ag as die bevele van 'n hardvogtige bevelvoerder. Saam met die gebruiklike indrukwekkende vertoon van militęre toerusting en die nuutste tegnologiese speelgoed, ontwikkel Clear and Present Danger die verhoudings en karakters wat Clancy aanhangers geleer liefkry het: Admiraal James Greer oorhandig die CIA fakkel aan sy leerling, Jack Ryan; John Clark en Ding Chavez ontmoet die eerste keer; en ander herhalende karakters soos Robert Ritter en "die President" voeg kontinuďteit by Clancy se geloofbare, alternatiewe realiteit. Hierdie is Clancy op sy beste. The Sum of all Fears
Clancy skilder op realistiese wyse 'n bykans ondenkbare scenario - die bom word op Amerikaanse grond geplant in 'n groot sportstadion en duisende mense word in die ontploffing gedood. Dit gebeur te midde van 'n opbou van spanning met Rusland. Die terroriste hoop om die koue-oorlog vyandigheid weer nuwe lewe te gee en versoening tussen Israel en Palistina te voorkom. Ten spyte van so 'n dramatiese storielyn verwaarloos Clancy nie die individue om wie sy verhaal geweef is nie. Jack Ryan se probleme is net soveel huislik as wat dit deel is internasionale krisis wat besig is om te ontplooi: Nasionale Sekuriteit Direkteur Elizabeth Elliot is die president se vertroueling, en sy het hom oortuig dat Ryan se morele waardes nie na wense is nie. Sy skimp op huweliksontrou en 'n "insider-trading" skandaal. Natuurlik is beide aanklagte vals, maar haar argumente het genoeg bewyse om spanning in die Ryan's se huwelik te veroorsaak en 'n vlaag van media dekking tot gevolg te hę. Terwyl John Clark terroriste naspeur, voorsien hy ook nodige inligting om die Ryan familie te heel. The Sum of All Fears is kos vir nagmerries, maar bevat genoeg realiteit om sobere mense angsbevange te maak. Ryan het verander in 'n komplekse pratagonis, net soos Clancy se skryfstyl ook volwasse geword het. Ryan ly aan stress en twyfel in homself tot so 'n mate dat sy vlekkelose moraliteit tot die uiterste beproef word en dit maak hom 'n meer interessante onderwerp vir die leser se aandag. Die lesers wat gefassineer word deur militęre toerusting, van kernduikbote tot kernwapens, sal bykans genoeg daarvan hier kry om hulle eie weermag te begin. Clancy se insig in internasionale politiek kom ysingwekkend korrek voor. Debt of Honour
Al wat hy nodig het om sy plan in werking te stel, is 'n katalis. Wanneer die foutiewe petroltenk aan 'n Tennessee familie se motor lei tot hulle vlammedood, gebruik 'n senator die geleentheid om 'n nuwe handelswet deur die sisteem te druk. Die wet is daarop gemik om Japan onder ekonomiese druk te plaas. Dit voorsien Yamata egter met die nodige katalis om sy plan in werking te stel. Soos wat Yamata se plan ontplooi, word dit vir die węreld duidelik dat iemand 'n ten volle geďntegreerde operasie teen Amerika loods. Daar is net een mens wat kan uitvind wie die skuldige is: Jack Ryan, die nuwe president se Nasionale Sekuriteit Adviseur. Hy verdedig Amerika teen ekonomiese sabotasie vanaf die Ooste. Teruggeroep vanaf pensioen om te dien as die nuwe Nasionale Sekuriteit Adviseur, besef Ryan vinnig dat die probleme van vredestyd net so kompleks is as die van oorlog. Debt of Honour is boeiende leesstof wat die leser vasgenael sal hou tot die laaste bladsy. Executive Orders
Skielik bevind Jack Ryan homself as waarnemende president van Amerika, sonder 'n kongres. Hy bevind homself in 'n politieke magstryd met Ed Kealty, die voormalige visiepresident wat weens 'n seksskandaal gevra is om uit te tree. Intussen loods die Iranese 'n Ebola virus aanval op Amerika en vermoor die president van Iraq. Sodoende vorm hulle die United Islamic Republic en val Saudi Arabië binne om beslag te lę op die olievelde. Midde dit alles moet Ryan regeer sonder 'n kabinet. Hy benut die geleentheid om die regering 'n nuwe blaadjie te laat omslaan. Op uiters onkonvensionele wyse, stel hy kabinetslede aan vanuit die privaatsektor wat geen politieke aspirasies het nie, maar wat hy weet in staat sal wees om die werk gedoen te kry. Tom Clancy slaag op meesterlike wyse om met hierdie politieke riller die leser vas te vang in die węreld van internasionale terrorisme en mensgemaakte rampe. 'n Uiterste moet vir enige Clancy aanhanger. Wanneer mens Executive Orders lees na die terroriste-aanval op die Węreldhandelsentrum en die Pentagon van die 11de September 2001, kom die gedagte onwillekeurig by mens op of diegene wat verantwoordelik is vir die laakbare daad, nie juis hulle planne op hierdie boek gesmee het nie. Dit is ysingwekkend om te dink hoe die boek met die werklikheid ooreenstem as in gedagte gehou word dat die boek sowat drie jaar voor die aanval geskryf is. Sou dit Tom Clancy dan enigsins moreel aandadig maak aan die aanval? Ek glo nie. Ek dink eerder dit is 'n geval van die realiteit wat die kuns naboots. |
| Kliek hier om my te kontak |