Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Kommentaar-merker


<!-- --> maak 'n spasie vir kommentaar

Die kommentaar-merker doen dit wat die naam impliseer. Dit skep 'n spasie in jou HTML dokument wat nie vertoon word nie, waar jy vir jouself kommentaar kan skryf. Aangesien die kommentaar nie vertoon gaan word nie, kan jy die spasie gebruik om notas te maak oor wat die HTML-kode doen. Onthou egter dat die kommentaar sigbaar sal wees vir enige een wat na die bronkode van jou dokument kyk.

Die kommentaar-merker begin met 'n linkerhoekhakie, gevolg deur 'n uitroepteken, twee strepies en 'n spasie. Dit word geëindig met 'n spasie, twee strepies en 'n regterhoekhakie. Kommentaar-merkers lyk soos volg:

 

<!-- die p-merker begin 'n nuwe
paragraaf -->

 

en sal soos volg vertoon... uhmm... nee, ek kan jou nie wys hoe dit gaan lyk nie, want dit word nie vertoon nie! Jy sal maar net my woord moet neem hiervoor. Of gaan skryf 'n kommentaar-merker in jou HTML-dokument en kyk vir jouself of dit vertoon of nie.

Die kommentaar-merker kan op enige plek binne jou HTML-dokument gebruik word, selfs buite die <html>- en </html>-merkers, aangesien dit nie vertoon word nie. Let ook op dat die spasies tussen die <!-- en jou kommentaar, en tussen jou kommentaar en die --> verpligtend is.

OM OP TE SOM:
  • <!-- --> maak 'n spasie vir kommentaar.
  • Die kommentaar word nie vertoon nie.
  • Die kommentaar-merker kan op enige plek binne jou HTML-dokument gebruik word.
  • Die spasies tussen die <!-- en jou kommentaar, en tussen jou kommentaar en die --> is verpligtend.

Indien jy voel jy het die kommentaar-merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor hoofopskrifte.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1