Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Skrifgrootte


<font size="#"> verstel die skrifgrootte
</font> laat die skrifgrootte terugkeer na verstekgrootte (default).

In die begin was die Internet eenvoudig, en dit was goed. Topografiese opsies was beperk tot die een skrifgrootte wat enige webblaaier toegelaat het. Toe kom daar webblaaiers met gevorderde funksies en daar het die probleme begin. Die <font size="#">-merker - wat publiseerders toelaat om skrifgroottes te varieer, nie net van blad na blad nie, maar ook van woord na woord - gee ons nog 'n gereedskapstuk om die leesbaarheid van ons blaaie te verbeter (of te verswak!).

Die verstekskrifgrootte is 3, maar jy kan dit verander deur 'n grootte van jou keuse te spesifiseer, soos bv. <font size="5">, of 'n relatiewe waarde wat die grootte verander in verhouding tot die verstekgrootte: <font size="+2"> of <font size="-1">. Sien jy die aanhalingstekens waartussen die waardes geplaas is? Tot en met HTML 3.2 is die aanhalingstekens opsioneel, maar in die toekoms gaan die aanhalingstekens verpligtend word. Om jou webblad versoenbaar te hou met nuwe generasie webblaaiers, is dit dus beter om die goeie gewoonte nou al aan te leer om die aanhalingstekens te gebruik.

As jy dus in jou HTML-dokument skryf:

 

<font size="6">Ek is 'n groot persoon.</font>

 

kry jy:

 

Ek is 'n groot persoon.

 

Anders as die hoofopskrif-merkers wat hoofopskrifte van verskillende groottes op verskillende lyne forseer, laat die <font size="#">-merker jou toe om oor die bladsy te loop soos 'n KOLOSSUS!

Jy kan kies tussen sewe gerieflike groottes:

Dit is <font size="1">.

Dit is <font size="2">.

Dit is <font size="3">.

Dit is <font size="4">.

Dit is <font size="5">.

Dit is <font size="6">.

Dit is <font size="7">.

Neem kennis dat die <font size="#">-merker nie in alle webblaaiers werk nie. Sommige van die ouer blaaiers (soos Mosaic) ondersteun dit nie.

OM OP TE SOM:
  • <font size="#"> verstel die skrifgrootte.
  • </font> laat die skrifgrootte weer terugkeer na verstekgrootte (default).
  • Die verstekskrifgrootte is 3.
  • 'n Relatiewe waarde verander die grootte in verhouding tot die verstekgrootte: <font size="+2"> of <font size="-2">.
  • Jy kan verskillende groottes skrif in dieselfde reël gebruik.
  • Daar is 7 verskillende groottes skrif.

Indien jy voel jy het die <font size="#">-merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor skrifkleur.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1