Leer Webbladontwerp

Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke

1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Masjienteks

<tt> begin masjienteks
</tt> eindig masjienteks

Vooraf geformateerde teks is presies dit wat dit sê - vooraf geformateer: die einde van 'n reël word aangedui deurdat jy die "enter" sleutel druk. Indien jy nie die "enter" sleutel druk nie, sal jy net een lang reël teks hê wat van die regterkant van die skerm af verdwyn. Masjienteks daarteenoor, word deur HTML hanteer soos gewone teks. Dit kan formaterende merkers hanteer soos
en
en sal outomaties oorskakel na 'n nuwe reël aan die einde van die webblaaier venster

Die HTML vir masjienteks lyk soos volg:

<tt>
Toe ek instap in die werf, was ek net betyds om te sien hoe die windhond

- hierdie GROOT Whippets -

van Stan se ander buurman - opstaan vanwaar hy gehurk het en terugspring in sy eie erf.

Nie eens op die gras dit gedoen nie. Sommer langsaan op die grond. 'n Skopgraaf vol. En in die geestesoor het ek al ou Stan se kommentaar gehoor.
</tt>

en sal soos volg vertoon:

Toe ek instap in die werf, was ek net betyds om te sien hoe die windhond
- hierdie GROOT Whippets -
van Stan se ander buurman - opstaan vanwaar hy gehurk het en terugspring in sy eie erf.

Nie eens op die gras dit gedoen nie. Sommer langsaan op die grond. 'n Skopgraaf vol. En in die geestesoor het ek al ou Stan se kommentaar gehoor.

Aangesien masjienteks hanteer word soos normale teks, kan dit aangepas word met ander skrif merkers sonder om op 'n nuwe reël geforseer te word. As jy dus in jou HTML dokument skryf:

My programme het altyd gesê <tt>"Hallo, Piet!"</tt> Nou sê hulle <tt>"Byt my!"</tt>

sal dit soos volg vertoon:

My programme het altyd gesê "Hallo, Piet!" Nou sê hulle "Byt my!"

Masjienteks is dus basies soos vooraf geformateerde teks, maar met minder probleme. Jy sal nog steeds vooraf geformateerde teks gebruik, maar net waar jy regtig moet. As jy egter net daardie tikmasjien teks voorkoms wil hê, is <tt> die merker om te gebruik.

OM OP TE SOM:
• <tt> begin masjienteks.
• </tt> eindig masjienteks.
• Masjienteks word deur HTML hanteer soos gewone teks.
• Masjienteks kan aangepas word met ander skrif merkers sonder om op 'n nuwe reël geforseer te word.
• Masjienteks is soos vooraf geformateerde teks, maar met minder probleme.

Indien jy voel jy het die <tt> merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor lynbreuke.

Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1