Hoofopskrif

begin groot hoofopskrifte

eindig groot hoofopskrifte

begin medium hoofopskrifte

eindig medium hoofopskrifte

begin klein hoofopskrifte

eindig klein hoofopskrifte
Jy sal die idee kry.
Eendag, lank, lank gelede het iemand besluit dat die hoofopskrif van 'n HTML-bladsy groter en "bolder" moet wees as die res van die teks, net soos in koerante. En dit was so. Hoofopskrifte kan wissel in grootte van h1 (GROOT) na h6 (klein). Die hoofopskrif-merker is maklik om te bemeester. Hulle word begin met 'n merker soos
en geëindig met 'n ooreenstemmende

As jy in jou HTML-dokument skryf:

EKSTRA! SLANG BYT MAN, SLANG DOOD!

kry jy:
EKSTRA! SLANG BYT MAN, SLANG DOOD!

As jy skryf:

Onderwyser Slaan Lui Kinders!

kry jy:
Onderwyser Slaan Lui Kinders!

Eenvoudig, nè? Wel, as jy vervelig raak is daar 'n hoofopskrif toertjie waarmee jy kan rondspeel om jou besig te hou. Deur die
-merker met die
-merker te kombineer, kry jy vooraf-geformateerde teks in groot, "bold" skrif. Die geheim daaragter is egter dat jy die hoofopskrif-merker buite die
-merker moet plaas vir dit om te werk.
As jy in jou HTML dokument skryf:

Vaste wydte? SIES!

kry jy:
OM OP TE SOM:

begin hoofopskrifte.

eindig hoofopskrifte.
- Daar is 6 vlakke van hoofopskrifte.
- Hoofopskrif-merkers kan gekombineer word met ander merkers, maar dan moet die hoofopskrif-merker buite die ander merker wees.

Indien jy voel jy het die <h#> merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor skrifgrootte.