Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

"Bold" en Kursiewe Teks


<b> begin "bold" teks
</b> eindig "bold" teks
<strong> begin "bold" teks
</strong> eindig "bold" teks
<i> begin kursiewe teks
</i> eindig kursiewe teks
<em> begin kursiewe teks
</em> eindig kursiewe teks

Sowel "bold" as kursiewe teks word gebruik om beklemtoning aan te dui. Gelukkig is dit twee van die maklikste merkes om aan te leer.

Om "bold" teks te skep, plaas net die woorde wat jy "bold" wil hê tussen die <b>- en </b>-merkes.

Jy kan bv. iets wil sê soos:

 

<b>Help!</b> Daar's 'n <b>leeu</b> op my spoor!

 

Wat dan soos volg sal lyk:

 

Help! Daar's 'n leeu op my spoor!

 

Om kursiewe teks te skep, plaas net die woorde wat jy kursief wil hê tussen die <i>- en </i>-merkes.

Jy kan bv. die vorige sin eerder soos volg wil uitdruk:

 

<i>Help!</i> Daar's 'n <i>leeu</i> op my spoor en ek is <i>vreeslik</i> bang!

 

Wat dan soos volg sal lyk:

 

Help! Daar's 'n leeu op my spoor en ek is vreeslik bang!

 

Jy sal by tye alternatiewe merkes teëkom soos <strong> en <em> wat ook gebruik word om teks te beklemtoon. Hierdie merkes kan egter, afhangend van die webblaaier wat jy gebruik, of as "bold", of as kursief vertoon word. Die norm is egter dat <strong> 'n alternatief is vir <b> en <em> 'n alternatief is vir <i>.

Maar as jy presiese beheer oor die voorkoms van jou teks wil uitoefen, gebruik eerder die <b>- en <i>-merkes. As jy van onsekerheid hou, gaan voort en gebruik die <strong>- en <em>-merkes.

OM OP TE SOM:
  • <b> begin "bold" teks.
  • </b> eindig "bold" teks.
  • <strong> begin "bold" teks.
  • </strong> eindig "bold" teks.
  • <i> begin kursiewe teks.
  • </i> eindig kursiewe teks.
  • <em> begin kursiewe teks.
  • </em> eindig kursiewe teks.
  • Sowel "bold" as kursiewe teks word gebruik om beklemtoning aan te dui.
  • <strong> en <em> kan, afhangend van die webblaaier wat jy gebruik, of as "bold", of as kursief vertoon word.
  • Die norm is dat <strong> 'n alternatief is vir <b> en <em> 'n alternatief is vir <i>.

Indien jy voel jy het die <b>- en <i>-merkes onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor geformateerde teks.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1