Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Blokaanhaling


<blockquote> indenteer teks aan beide kante
</blockquote> eindig geïndenteerde teks

<blockquote>-merkers was ontwerp om lang uittreksels of aanhalings te indenteer - die tipe aanhalings wat eerstejaarstudente gebruik om aan hulle werkopdragte lyf te gee wanneer hulle nie weet wat om te sê nie. Daar mag 'n paar gevalle wees wanneer jy hierdie merkers sal gebruik vir hulle oorspronklike rede, maar tensy jy jou tesis aanlyn wil plaas, sal jy gewoonlik die merkers gebruik om kantlyne te skep.

Blokaanhalings is baie maklik. Die HTML daarvoor lyk soos volg:

 

<blockquote>
Persoonlik dink ek dit was 'n weerwraak aksie van die windhond want net 'n dag of wat tevore het hy sy lang dun snoet deur die "diamond mesh" heining gedruk om aan die kat te ruik en toe's dit net sy agterent wat hy geruik het.
</blockquote>

 

en die paragraaf gaan soos volg vertoon:

 

Persoonlik dink ek dit was 'n weerwraak aksie van die windhond want net 'n dag of wat tevore het hy sy lang dun snoet deur die "diamond mesh" heining gedruk om aan die kat te ruik en toe's dit net sy agterent wat hy geruik het.

 

Tensy jy die webblaaier vertel om iets anders te doen, sal dit die teks op jou webblad van links na regs die venster laat vul. Afhangend van die grootte van die skrif, mag daar te veel woorde per reël wees om gemaklik te lees. (Die menslike oog kan die lengte van twee alfabette lees - 52 karakters - en nog steeds sy weg vind na die volgende reël. Indien die reël langer as dit is, verloor die oog sy plek.)

Die <blockquote>-merker is een metode om kantlyne te skep waarmee die lengte van 'n reël beperk word om sodoende die algemene leesbaarheid van 'n dokument te verhoog. Met dit in gedagte, kyk hoeveel beter lyk die tweede paragraaf:

Sonder <blockquote>:

 

Deur die heining het die Siamees hom beetgekry en hom alles gegee wat 'n kat reken hel vir 'n hond kan wees. En nou kom dinges hy in die kat se werf van pure spaaitvoelnis.

 

Met <blockquote>:

 

Deur die heining het die Siamees hom beetgekry en hom alles gegee wat 'n kat reken hel vir 'n hond kan wees. En nou kom dinges hy in die kat se werf van pure spaaitvoelnis.

 

As jy wil, kan jy 'n <blockquote> binne 'n <blockquote> plaas, alhoewel nie alle webblaaier die tweede <blockquote> gaan herken nie.

 

So tref Stan my daar buite in nadenkende bui aan en ek vertel hom en wys hom.
Stan het my ook nie teleurgestel met sy woordeskat nie maar reken toe na die eerste tien sinne die Renault geniet voorrang. Die werf sal hy later opruim.
En ons begin werk aan die Fransman. Nie honderd jaar later nie kom groet die katmannetjie ons daar langs die Renault en begin sy oggend-werfinspeksie.

 

Neem kennis dat, vir een of ander duistere rede, vroeëre weergawes van Microsoft Internet Explorer blokaanhalings in kursiewe teks vertoon het. Gelukkig het die maatskappy weggedoen met die konvensie.

OM OP TE SOM:
  • <blockquote> indenteer teks aan beide kante.
  • </blockquote> eindig geïndenteerde teks.
  • <blockquote> kan gebruik word om kantlyne te skep.
  • Die menslike oog kan die lengte van twee alfabette gemaklik lees - 52 karakters.
  • Jy kan 'n <blockquote> binne 'n <blockquote> plaas.

Indien jy voel jy het die <blockquote>-merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor teksbelyning.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1