Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Horisontale Streep


<hr /> skep 'n horisontale streep
<hr width="?" /> stel die wydte
<hr size="?" /> stel die hoogte
<hr color="?" /> stel die kleur
<hr align="?" /> stel die belyning
<hr shade/noshade /> stel die 3D effek

Jy sien dit oral op hierdie webblaaie van my, 'n horisontale streep oor die bladsy. Is dit grafika? Nee, dit is die <hr />-merker wat daardie streep skep. Jy doen dit so:

 

<hr />

 

en dit lyk so:

 


 

Sien jy weer die spasie en vorentoeskuinsstreep voor die regterhoekhakie? Dieselfde storie as met die lynbreuk- en grafika-merkers. Gebruik dit maar so, dan sal jou webblaaie versoenbaar wees met nuwe generasie blaaiers.

Daardie fyn swart strepie? Jy spot seker, sê jy? Nee, regtig, dit is wat jy kry met die <hr />-merker. Kom ons gee hom nou bietjie lyf dat jy hom darem kan raaksien. As jy skryf:

 

<hr size="20" />

 

sal jy so 'n lekker dik streep kry:

 


 

Maar die swart pas nie in by jou kleurskema nie. Hoe nou gemaak? Maklik, jy spesifiseer net 'n kleur soos volg:

 

<hr size="20" color="#ff00ff" />

 

en dan lyk dit so:

 


 

Nou kan jy die kleur gaan aanpas net soos jy wil. Die kleur werk egter net in Internet Explorer, nie in Netscape 4.78 of vroëer nie, ook nie in vorige weergawes van Opera nie.

Jy is egter nie tevrede dat die streep oor jou hele blad strek nie. Maak hom dan kleiner soos volg:

 

<hr size="20" color="#ff00ff" width="30%" />

 

en dan lyk dit so:

 


 

Jy kan die streep ook belyn, links, regs of sentreer. Die verstekbelyning is gesentreer, en die HTML lyk soos volg:

 

<hr size="20" width="30%" color="#ff00ff" align="left" />

<p><hr size="20" width="30%" color="#ff00ff" align="center" /></p>

<p><hr size="20" width="30%" color="#ff00ff" align="right" /></p>

 

en dan lyk dit so:

 




 

Onthou dat die <hr />-merker 'n horisontale streep op 'n nuwe reël skep. Dit slaan ook nie 'n reël oor na die tyd nie. Om dus 'n bietjie spasie te skep, moet jy gewoonlik 'n <p> merker voor en na die horisontale streep gebruik.

Die laaste ding wat jy moet weet oor 'n horisontale streep, is die 3D effek. Dit werk egter net wanneer jy nie 'n kleur vir die streep spesifiseer nie. Jou webblaaier ken dan die agtergrondkleur van jou dokument daaraan toe. Vir die 3D effek, lyk die HTML soos volg:

 

<hr size="20" width="90%" />

 

en dit lyk soos volg:

 

As jy egter vir jou dokument 'n agtergrondkleur spesifiseer, sal die horisontale streep met die 3D effek, die dokument se agtergrondkleur aanneem. Jou HTML gaan dus so lyk:

 

<body bgcolor="#C0C0C0">

<hr size="5" width="90%" />

 

Dit sal dan soos volg lyk:

 

Die verstekwaarde vir die 3D effek is "shade". Dit is dus slegs nodig om "noshade" te spesifiseer wanneer jy nie die 3D effek wil hê nie, maar as jy dan ook nie 'n kleur gespesifiseer het vir die horisontale streep nie en dit neem die agtergrondkleur van jou blad aan, gaan jy nie die streep sien nie. Wanneer jy wel 'n kleur vir die horisontale streep gespesifiseer het, val die 3D effek outomaties weg.

OM OP TE SOM:
  • <hr /> skep 'n horisontale streep
  • <hr width="?" /> stel die wydte
  • <hr size="?" /> stel die hoogte
  • <hr color="?" /> stel die kleur
  • <hr align="?" /> stel die belyning
  • <hr shade/noshade /> stel die 3D effek
  • Die <hr />-merker skep 'n horisontale streep op 'n nuwe reël. Dit slaan ook nie 'n reël oor na die tyd nie.
  • Die 3D effek werk net wanneer jy nie 'n kleur vir die streep spesifiseer nie.
  • Wanneer jy nie 'n kleur vir die streep spesifiseer nie, neem dit die agtergrondkleur van jou blad aan.
  • Wanneer jy 'n kleur vir die horisontale streep spesifiseer, val die 3D effek outomaties weg.

Indien jy voel jy het die horisontale streep onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor basiese tabelle.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1