Leer Webbladontwerp


Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke


  1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Definisie Lyste


<dl> begin 'n definisie lys
<dt> begin elke definisieterm
</dt> eindig elke definisieterm
<dd> begin elke definisie
</dd> eindig elke definisie
</dl> sluit die definisie lys

Die definisie lys gee jou alles wat jou hart begeer en nog meer. Vir die wat dit werklik nodig vind om terme te definieër, skep dit 'n leesbare lys met verskillende kantlyne. Die ander wat net kantlyne wil hê - maar nie regtig 'n lys nie - kan die merker maklik aanpas vir hulle eie doel.

Alle definisie lyste begin met die <dl>-merker en word geëindig met die </dl>-merker. Maar anders as die genommerde en ongeordende lyste - wat die <li></li>-merker gebruik om lysitems aan te dui - maak die definisie lys gebruik van die <dt></dt>- en <dd></dd>-merkers, wat onderskei tussen die terme (<dt>) en hulle definisies (<dd>).

Die HTML vir 'n eenvoudige lys sal soos volg lyk:

 

<dl>
<dt>Inspeksie</dt>
<dd>Om nie die goed raak te trap nie, het die kat homself amper dubbel na regs gevou en met die linkervoorpoot sand gegooi. Elke nou en dan inspekteer die Siamees sy resultate maar die hoop toekry, is min.</dd>
<dt>Doelgerig</dt>
<dd>Na so vyf minute se sandgooi stap hy toe terug huis toe. As jy kat ken, sien jy sommer wanneer hy doelgerig stap. Hierdie Siamees was nog beneuk ook want die stert was regop in die lug - dan ruk hy sy stert hiernatoe en weer daarnatoe.</dd>
</dl>

 

en sal soos volg vertoon:

 

Inspeksie
Om nie die goed raak te trap nie, het die kat homself amper dubbel na regs gevou en met die linkervoorpoot sand gegooi. Elke nou en dan inspekteer die Siamees sy resultate maar die hoop toekry, is min.
Doelgerig
Na so vyf minute se sandgooi stap hy toe terug huis toe. As jy kat ken, sien jy sommer wanneer hy doelgerig stap. Hierdie Siamees was nog beneuk ook want die stert was regop in die lug - dan ruk hy sy stert hiernatoe en weer daarnatoe.

 

Dit is hoekom dit 'n definisie lys genoem word. Maar in die praktyk word die <dl>-merker selde vir hierdie doel gebruik. Jy sal dit meermale sien waar dit gebruik word om oor die algemeen teks rond te skuif. Neem bv. die volgende:

 

<dl>
<dt>En hy's die huis in. Ons meen toe hy't opgegee. Watwou! 'n Halfminuut later hier kom hy weer uitgestap en die wyfietjie is saam met hom en hulle peil reg op die hond se nalatenskap af.</dt>
<p><dd>Saam het daardie twee Siamese in 'n japtrap die hele storie netjies onder grond begrawe. Hy het beslis sy maat gaan roep om hom te kom help.</dd></p>
<p><dt>Al waaroor ek nie uitsluitsel het nie, was sy taalgebruik in die proses. Moes seker iets gewees het soos:</dt></p>
<p><dd>"Hei, lig jou lui dinges daar en kom help my hier buite. Daar's groot k@k."</dd></p>
</dl>

 

wat soos volg sal vertoon:

 

En hy's die huis in. Ons meen toe hy't opgegee. Watwou! 'n Halfminuut later hier kom hy weer uitgestap en die wyfietjie is saam met hom en hulle peil reg op die hond se nalatenskap af.

Saam het daardie twee Siamese in 'n japtrap die hele storie netjies onder grond begrawe. Hy het beslis sy maat gaan roep om hom te kom help.

Al waaroor ek nie uitsluitsel het nie, was sy taalgebruik in die proses. Moes seker iets gewees het soos:

"Hei, lig jou lui dinges daar en kom help my hier buite. Daar's groot k@k."

 

Sien jy hoe die <dt>- en <dd>-merkers binne die definisie lys gebruik is om die teks rond te skuif? Die paragrawe word dan vertikaal gespasieer met die <p>-merker. Onthou net om die <dl>-merker weer af te sluit met die </dl>-merker.

OM OP TE SOM:
  • <dl> begin 'n definisie lys
  • <dt> begin elke definisieterm
  • </dt> eindig elke definisieterm
  • <dd> begin elke definisie
  • </dd> eindig elke definisie
  • </dl> sluit die definisie lys
  • Die definisie lys skep 'n leesbare lys met verskillende kantlyne.
  • Die definisie lys gebruik die <dt>- en <dd>-merkers, wat onderskei tussen die terme (<dt>) en hulle definisies (<dd>).
  • Die <dl>-merker word meermale gebruik om teks rond te skuif.

Indien jy voel jy het die definisie lys onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor agtergrondkleur.


Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1