Leer Webbladontwerp

Hoofblad
Foto's
Aktiwiteite
Familieregister
Bybel Pakkette
Immigrasie
Verdien Geld
Webbladontwerp
Humor
Skakels
Kommentaar
Gunsteling Boeke

1 Basiese Beginsels
2 Bronkode
3 Paragraaf
4 Kommentaar-merker
5 Hoofopskrifte
6 Skrifgrootte
7 Skrifkleur
8 Bold/Kursief
9 Geformateerde Teks
10 Masjienteks
11 Lynbreuk
12 Blokaanhalings
13 Belyn Teks
14 Genommerde Lyste
15 Ongeordende Lyste
16 Definisie Lyste
17 Agtergrondkleur
18 Agtergrondgrafika
19 Grafika
20 Grafika Rame
21 Teks en Grafika
22 Skakels
23 E-pos Skakels
24 Spesiale Karakters
25 Divisie
26 Horisontale Streep
27 Basiese Tabelle
28 Gevorderde Tabelle
29 Tabel Kleur en Rame

Ekstra's
Kleurkaart
Kleurberekenaar
HTML Naslaangids

Lynbreuk

plaas 'n lynbreuk in 'n reël teks

In die meeste gevalle is die paragraaf merker (
) - wat 'n reël oorslaan voor dit 'n nuwe reël begin - die beste manier om teks op te deel in leesbare eenhede. Daar mag egter gevalle wees wanneer jy 'n reël wil eindig en 'n nuwe wil begin sonder om 'n reël oor te slaan tussenin. In hierdie gevalle kan jy van 'n lynbreuk gebruik maak met die
-merker.

Die HTML vir 'n gedig wat van lynbreuke gebruik maak, lyk soos volg:

Swart is die nag

Donker is die maan

Op die oewer van Zambesi

Het Amakeia gestaan

en dit sal soos volg vertoon:

Swart is die nag
Donker is die maan
Op die oewer van Zambesi
Het Amakeia gestaan

Sien jy die spasie en vorentoeskuinsstreep binne die merker? Tot en met HTML 3.2 sou die merker net
gewees het. Dit was nie nodig om die
-merker te eindig nie. Nuwe ontwikkelinge in HTML soos HTML4.1+ en XHTML1.0+ vereis egter dat alle merkers geëindig word.
word korrek deur ouer webblaaiers geïnterpreteer en dit voldoen aan die vereistes vir nuwe generasie webblaaiers. Gebruik dit dus maar so, dan sal jou webblaaie versoenbaar wees met nuwe generasie webblaaiers.

OM OP TE SOM:

plaas 'n lynbreuk in 'n reël teks

eindig 'n reël en begin 'n nuwe reël sonder om 'n reël oor te slaan tussenin.

Indien jy voel jy het die
-merker onder die knie, gaan gerus na die volgende les oor blokaanhalings.

Terug na indeks

Terug na bo

Stuur vir my e-pos
Kliek hier om my te kontak

Site Meter

Hosted by www.Geocities.ws

1