|
|
|||||||||||||||||||||||
Ons WerkMalcolmElmari Malcolm se werk by AstraZenecaMalcolm doen chemiese navorsing by AstraZeneca R&D Griffith Universiteit (AZGU). Hy en ander werk daaraan om medisyne van natuurlike produkte te maak. In die laboratorium ondersoek hulle ekstrakte van natuurlike produkte om hulle biologiese aktiwiteite teen ensieme en reseptore te bepaal. Die verbindings van die aktiewe komponente word ge�soleer en die molekul�re struktuur word bepaal. Besoek gerus hulle webwerf: AstraZeneca R&D Griffith Universiteit vir meer inligting.Elmari het die begeleide toer deur Malcolm se kantoor terde� geniet. Dit lyk soos in die flieks, met proefbuisies in allerhande kleure en groot, duur toerusting waarmee toetse gedoen word en skerms waarop grafieke en resultate vertoon word. Malcolm ry elke dag fiets werk toe en terug en draf soms.
Hy het 'n navorsingsassistent, Annette, en hou toesig oor Alice, a Chinese vrou wat haar doktorsgraad hier in Brisbane doen. AZGU bied 'n kursus in "Drug Design" aan by die universiteit, waar Malcolm elke jaar twee lesings aanbied. Hy moes ook laas jaar hulle takke in Engeland en Swede besoek en was 'n spreker by 'n kongres in Bangladesh.
Elmari se werk in die telekom industrieElmari het tot dusver as 'n ingenieur in die telkom industrie gewerk. Haar werkgewers tot dusver was Siemens, Lucent Technologies en AAPT. Sy was meestal betrokke by die netwerk beplanning en het veral met databasisse en geografiese inligting stelsels gewerk. ^ Na BoOpgedateer: 11/06/2001 |
||||||||||||||||||||||||