|
Dis hier waar ons elke Sondag bemoedig word deur ander Christene en hulle bemoedig. Ons is al van Julie 1999 betrokke by hierdie gemeente.
Inligting omtrent die kerk kan by die volgende webwerf gekry word: Creek Road Presbyterian.
^ Na Bo
Wat 'n wonderlike geskenk van Ons Vader dat ons saam kan kom en tot Hom kan bid. Ons bid saam oor ons persoonlike behoeftes, en ook oor behoeftes en aktiwiteite in die gemeente en die Kerk in die wêreld.
Elke week word 'n gebedslys opgestel. Iemand bied aan om 'n Bybelgedeelte met ons te deel, ons sing en bid saam en geniet na die tyd 'n ietsie te ete saam.
Oor die amper twee jaar wat ons so saamkom, is dit lekker om die Here se antwoorde op ons gebede te sien: mense kry werk of verblyf, kom gesond uit die hospital, gesonde babatjies word gebore, mense reis veilig en ons ervaar die Here se seën in die kerk se uitreikaksies en ander aktiwiteite.
Dis ook lekker om die Here so saam te loof vir Wie Hy is: die Skepper wat van altyd af betrokke was by sy mense en ons red sodat ons die hoop te kan hê om eendag saam met hom te wees.
As jy in die omgewing is en lus voel om die Here se hand te sien in Creek Road, jou eie lewe en in die wêreld, val 'seblief saam met ons in.
Biduur Details:
535 Old Cleveland Road, Camp Hill, Brisbane, AUSTRALIA
7:30pm - 9:30pm
Donderdagaande
^ Na Bo
Ons het so-pas die 'Christianity Explained' kursus afgehandel en is besig met 'n studie oor Vriendskap. Die mense wat kom is: Jonathan Jasch, Tommy, and Tony Behan, met Malcolm aan die stuur. Enige iemand anders is welkom.
Details:
Unit 19, 10 Cameron St, Fairfield, Brisbane, AUSTRALIA
6:15pm - 8pm
Elke tweede Dinsdagaand
Kontak asseblief vir Jonathan Jasch as jy geïnteresseerd is om te kom: 3844 4964
^ Na Bo
|