|
|
|||||||||||||||||||||||
Ons ouersIan en Sylvia BUCHANANDaan en Rita LE ROUX Ian en Sylvia BUCHANAN
Malcolm skryf:
My pa is in Indi� gebore waar sy pa die bestuurder van 'n teeplantasie was. Hy het sy skoolloopbaan in 'n kosskool voltooi en het later aan 'n Landbou Kollege studeer. Na sy studies het sy ouers teruggekom Skotland toe van Indi� af en Earlston Mains gekoop. My ouers het mekaar in Edinburgh by die kerk ontmoet. My ma het kantoorwerk gedoen en was 'n kranige hokkiespeler in Edinburgh. Na hulle getroud is, het hulle op Earston Mains kom bly en dis ook waar hulle nog steeds boer. My pa het al met 'n wye veskeidenheid van dinge geboer o.a. skape, beeste, aarbeie en aartappels. My ma is betrokke by 'n paar liefdadigheidsorganisasies en hulle is ook betrokke by 'n Bybelstudiegroep. Elke nou en dan kry ons 'n brief van hulle. My ma gee altyd 'n kort inleiding en dan 'n lys van hulle doen en late in dagboek vorm. Hierdie deel van die brief begin sy altyd met die woorde: "to recap". Hulle besoek gere�ld die gym waar Roy vroe�r die bestuurder was en bly so jonk en gesond. My pa het ook daar 'n rekenaarkursus bygewoon. Andersins geniet hulle dit om uitstappies te onderneem na besienswaardighede in die omgewing. Hulle kan by die volgende e-mail adresse gekontak word: Ian Buchanan of Sylvia Buchanan ^ Na Bo Daan en Rita LE ROUX
Elmari skryf:
My ouers het op Tuks ontmoet. Hulle vertel altyd hoe kupido op die tennisbaan se net gesit en pyltjies afvuur het. My pa het ingenierswese studeer en my ma maatskaplike werk. Na my ma haar studies voltooi het, is hulle getroud, terwyl my pa nog sy meestersgraad voltooi het. Daarna is hulle Vanderbijlpark toe waar my pa by YSKOR begin werk het. Ek en Peet (Petra) is in Vanderbijl gebore en my ma s� altyd dat dit hulle lewens totaal verander het. Na Vanderbijl is ons Hartbeespoort toe waar die tweeling, Danie en Surita gebore is. My pa het by die AEK (Atoom Energie Korporasie) gewerk en my ma het altyd Avroy Schlain verkoop en tennis afgerig. Op ons klein dorpie was tennis baie gewild en ons het op 'n jong ouderdom leer speel. My ma het later 'n eiendomsagent geword. Na 13 jaar by AEK het my pa vir een jaar by WNNR gewerk en toe vir SASTECH in Secunda, waar hy nog steeds is. My ma is nou 'n eidomsagent vir Perfectum Eiendomme in Secunda. Hulle kan by die volgende e-mail adres gekontak word: Daan le Roux ^ Na Bo Ons sal altyd baie dankbaar wees vir die wonderlike ouers waarmee die Here vir ons gese�n het en dis lekker om te weet dat hulle vir ons lief is en altyd vir ons bid. Opgedateer: 11/06/2001 |
||||||||||||||||||||||||