|
|
|||||||||||||||||||||||
Glasshouse Mountains LandloopDie Glasshouse MountainsDie Landloop Die Glasshouse Mountains
^ Na Bo Die Landloop
Malcolm het nou al twee agtereenvolgende jare deelgeneem aan die 55km landloop en was elke jaar die wenner in sy afdeling. Daar is 5 ander afstande: 'n 100 myl, 'n 50 myl, 'n 55 km, 'n 27 km en 'n 12 km. Daar is nie so baie mense wat deelneem nie, so bv. was daar laas jaar 22 mense wat aan die 55 km deelgeneem het. Hierdie landloop is definitief nie vir enige Jan Rap nie - mens moet nogal taai wees - psigies en fisies. Dis op en af en op bergpaadjies of 4x4 paaie en mens kan vir groot dele alleen hardloop en dan net ander mense sien by die waterpunte. Dis gewoonlik 'n taamlike warm dag - so 30 grade Celsius. Voor die wedloop ondergaan elke deelnemer 'n mediese toets, wat later gedurende die wedloop herhaal word om te verseker dat mense nie dehidreer nie en dat hulle bloeddruk nie te veel verander nie. Na die wedloop is Malcolm gewoonlik taamlik spraaksaam: baie woorde, maar dieselfde boodskap - dit was taai, dit was regtig taai!
Daar heers elke jaar 'n regte "local-is-lekker" atmosfeer by die wedloop. Die wedloop word deur die mense van die dorp self gere�l. Die Vrydagaand kom al die deelnemers en organiseerders bymekaar vir 'n ete en om die laaste re�ls vir die volgende dag te finaliseer. Op die Sondagoggend is daar 'n gesamentlike prysuitdeling, gevolg deur 'n ete in die klubhuis. Vir verdere inligting, kontak: The Glasshouse Mountains Trail Run.. ^ Na Bo Opgedateer: 11/06/2001 |
||||||||||||||||||||||||