|
|
|||||||||||||||||||||||
Bike for Bibles (BfB)InleidingOns betrokkenheid by BfB tot dusver Wheels Across Australia 2000 InleidingBike for Bibles is 'n Bybelgenootskap organisasie wat geld insamel deur mense wat fiets ry. Dit maak nie saak hoe ver hulle ry nie - party projekte behels dat hulle dwars-oor Australi� ry of om Tasmani�, ander projekte weer is kinders wat op driewiele om die kerk ry of mense ry selfs net op oefenfietse in winkelsentrums. Mense van alle ouderdomme kan betrokke raak. Dis een van daai lekkerte-met-'n-doel dinge. Besoek gerus die BfB webwerf: Bike for Bibles^ Na Bo Ons betrokkenheid by BfB tot dusver
Malcolm het voorheen vir twee en 'n half jaar in Melbourne gebly. Gedurende hierdie tyd het hy eenkeer 'n advertensie vir BfB in 'n boekwinkel gesien. Van Melbourne af het hy twee keer aan BfB deelgeneem. Die eerste toer was van Melbourne na Broken Hill. Omdat hy nie geweet het wat om te verwag nie, het hy baie hard vir hierdie toer voorberei en was topfiks. Na die toer kon hy, sonder enige verdere voorbereiding, sy eerste marathon (42.2km) hardloop! Die fondse vir hierdie toere het vir Indi� en vir Afrika gegaan.
In Duitsland was Malcolm eenkeer uitgenooi as die gasspreker by 'n BfB-dag vir kinders in die Baden-Wuertemburg gebied. Na ons troue het ons hier in Australi� kom bly en ingeskryf vir Wheels Across Australia 2000. ^ Na Bo Wheels Across Australia 2000Van Perth na Sydney 12 Augustus - 13 September
Ons het ingeskryf vir hierdie toer aan die begin van 2000 en aan die einde van Februarie saam begin oefen. Ons het dit albei baie geniet en kon oor die Paasnaweek 500km ry. Daarna het Elmari besluit om eerder 'n "roadie" te wees as 'n fietsryer. Sy kon solank begin oefen om 'n roadie te wees op Saterdae oggende deur 4:45 in die oggend saam met Malcolm op te staan en met die kar agter hom te ry totdat dit lig word. Sy roete was van Camp Hill, oor Mount Cotton, dan met Beenleigh Straat na Victoria Punt en op na Wellington Punt en dieselfde pad terug. Altesaam 150km.
Die doel van hierdie toer was om geld in te samel vir 'n produksie van die Bybel in die Australiaanse gebare taal vir die dowes. Daar is sowat 40 000 dowes in Australi�. Elke deelnemer (fietryers, sowel as roadies) moes voor die aanvang van die toer 'n minimum van $4000 insamel. Daar was sowat 33 fietsryers en 6 roadies wat deelgeneem het. Ons kan met dankbaarheid s� dat ons die volle ondersteuning van ons kerk hier in Brisbane geniet het. Selfs die eerste keer toe ons dit aangekondig het by die kerk het mense begin om met OOP HANDE te GEE! In Maart het die kerk 'n ete gehou met 'n gasspreker oor "Evangelisasie" en die opbrengs van die aand het vir die WAA2000 projek gegaan. Dit was meer as AUS$2000! Ons ouers en vriende van oorsee het bygedra, en verder het ons by ander kerke in Brisbane gaan praat waar mense elke keer bygedra het en vir ons en vir die projek gebid het. Die gebede was ook baie nodig, aangesien al die ryers lang ure op die pad moes spandeer en ook omdat die toer fyn beplanning geverg het aan die kant van die organiseerders. Ons laaste pogings om geld in te samel en mense bewus te maak van die projek was om oggendtee's by ons werksplekke te hou. By Malcolm se werk het van die vrouens aangebied om gebak te bring en Elmari het 'n wenner melktert saamgestuur. By Elmari se werk is 'n muffin-Maandag gehou. Die toer self was wonderlik. Elmari was roadie saam met twee gesoute BfB roadies: Jan Coggins, die nasionale BfB ko�rdineerder vir 12 jaar en Loris Garwood, wat al vir 14 jaar lank by BfB betrokke was en die vrou van die ko�rdineerder vir Tasmanie". Malcolm was baie goed voorbereid en vir hom was die ryery meeste van die tyd 'a piece of cake'! Dit was wonderlik om te sien hoe die Here elke dag vir elkeen genoeg krag gee om die lang afstande af te l�. Dit was ook 'n voorreg om oral oppad Christene te ontmoet. Meeste van die aandetes was deur die kerke vir ons voorberei en ons het baie kere in kerk- of skoolsale geslaap. Ons het heelwat re�n gehad op die toer en die wind was gelukkig meeste van die tyd van agter. Dit was lekker om die verskillende natuurtonele te sien: van die Nullarbor en Hay vlaktes tot die koring- en rapslande en die vrugteboorde. Tydens die toer het een van die ryers vir Jesus aangeneem as haar Verlosser. Dit was nogal 'n hoogtepunt vir ons almal. Nog 'n hoogtepunt was om van die die dowes te ontmoet en hulle dankbaarheid vir wat ons gedoen het, te sien. Ons het o.a. 'n dowe predikant in Adelaide ontmoet: Ds. John Hoopman. Ons sal die Here altyd dankbaar wees dat ons aan hierdie toer kon deel h�. Aan die einde van die toer was ons dit almal eens dat ons kinders van 'n Getroue God is! ^ Na Bo Opgedateer: 11/06/2001 |
||||||||||||||||||||||||