Duncan BUCHANAN
Roy BUCHANAN
Petra LE ROUX
Surita LE ROUX
Danie LE ROUX
|
Duncan was tot onlangs 'n motorwerktuigkundige vir 'n safari agentskap en het al in Afrika, Australi� Nieu-Seeland, Kanada en die Midde Ooste getoer.Hy is op die oomblik besig met sy toer van die suidelike punt van Afrika al die pad terug Engeland toe met 'n 4x4. Hy geniet ook diepsee duik en die werk op die plaas. Kontak hom per e-mail:Duncan Buchanan |
^ Na Bo
|
Roy het 'n voorliefde vir sport. Hy is een van die min mense wat 'n marathon binne 'n tikkie langer as drie ure kan klaarmaak! Hy het ingenieurswese studeer en was laasjaar die bestuurder van 'n sportklub. Op die oomblik werk hy by 'n jeugherberg in Edinburgh en help op die plaas. Roy geniet hardloop, fietsry, golf en diepsee duik. Hy het al heelwat op sy fiets rondgetoer in Europa en was al in Australi�. Laas jaar het hy vir Duncan in die Midde Ooste gaan kuier en hulle het in die Dooie See geduik. Hy kan per e-mail gekontak word: Roy Buchanan
|
|
^ Na Bo
|
Petra is die Wiskunde SG onderwyseres van Ho�rskool Hartbeespoort hierdie jaar. Sy het ook musiek studeer en help met die dorp se kinderkoor en sing self in 'n koor. Sy speel klavier en orrel. Justin, een van ons goeie vriende, het in 1998 hierdie kort video'tjie van Petra en Karin opgeneem. Kliek 'peet en karin en die pizza'. (dis omtrent 'n meg en mag 'n tydjie neem om af te laai). Petra is by die volgende e-mail bereikbaar: Petra le Roux |
^ Na Bo
|
Surita is finale jaar Spraakterapie en Oudologie op TUKS. Sy is betrokke by die Universiteitsoord as hoofdiaken vir die meisies en geniet haar sport: swem, tennis, fietsry en draf. Sy en Adele deel op die oomblik 'n woonstel in Hatfield. Sy is bereikbaar by die volgende e-mail adres: Surita le Roux |
|
^ Na Bo
|
Danie het laas jaar sy elektroniese ingenieursgraad klaargemaak op TUKS, waarna hy vir drie maande in Holland gewerk het. Op die oomblik werk hy in London. Hy en Wynand beplan om later die jaar van Engeland na Suid-Afrika te toer met 'n Land Rover, wat hulle Broeder gedoop het. Danie geniet dit ook om lang afstande te hardloop en het in 1999 die Comrades klaargemaak. Kontak hom per e-mail: Danie le Roux
|
^ Na Bo
Opgedateer: 29-Mei-01
|