op 'n kamp
1 kor.5:1
HOME GEBOORTES WERK BIKE FOR BIBLES TOEKOMSPLANNE
STAMBOME IETSIE MEER KERK
OUERS KOM KUIER LANDLOOP
BOETIES EN SUSSIES

Toe ons klein was...

MALCOLM
ELMARI




MALCOLM

Kliek om vergroting te sien Malcolm skryf:
Ek is gebore in Edinburgh, Skotland op 14 Junie. Soos ek verstaan is die foto van my geneem toe ek 6 maande oud was. Ek dink ek het sederdien 'n ietwat verander. Ek het meer om die lyf en het meer hare.

My ouers boer op hulle plaas, Earlston Mains, 32 myl suid van Edinburgh. Dis hier waar ek en my twee broers grootgeword het. Duncan en Roy is onderskeidelik twee en drie jaar jonger as ek.
^ Na Bo


ELMARI

Kliek om vergroting te sien Elmari skryf:
Ek is in Vanderbijlpark, Suid-Afrika gebore op 22 September. My pa het sy loopbaan by YSKOR in Vanderbijl begin as chemiese ingenieur. Die foto is van my en my ma geneem met my doop. Was ek nie 'n ou pragtige babatjie nie? Maar my pa s� altyd dis nie die uiterlike wat tel nie, maar die innerlike.

Petra, my jonger sus, is 18 maande na my gebore. Ek onthou natuurlik niks hiervan nie. Wat ek wel onthou is hoe ons latte gemaak het van wilgerboomtakke en hoe ons maatjies se ma eenkeer vir hulle 'n Liewe Heksie partytjie gehou het. Ek onthou ook hoe my ouma en oupa eenkeer kom kuier het en dat ons almal by 'n dam gaan stap het en hoe ek 'n hempie gedra het met patroontjies wat altyd vir my soos Marie-beskuitjies gelyk het. Later het ons Hartbeespoort toe getrek waar die tweeling, Danie en Surita, later gebore.
^ Na Bo

Opgedateer: 11/06/2001

Hosted by www.Geocities.ws

1