Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Heraldiese argiewe

Apart van heraldiese owerhede wat volgens landswette daargestel is, is daar verskeie heraldiese argiewe wat half-amptelike en nie-amptelike status het. Hulle mag volgens lande in kategorieë onderverdeel word:

 

Duitsland

‘‘Zum Kleeblatt’’‘‘Wappen-Löwe’’Heraldische Gemeinschaft WestfalenRhein-Main WappenrolleOstdeutsche Wappenrolle

Sedert 1918 het Duitse wetgewing voorsiening gemaak vir die bestaan van private heraldiese genootskappe nie vir wins nie (heraldische Gemeinschaften) wat die wapens van private burgers opteken. Hierdie optekenings word volgens die Siviele Regskode (bürgerliche Gesetzbuch) beskerm.

 

Nederland en België

Nederlandse Genealogiese VereenigingFryske Rie foar HeraldykDrentse Heraldisch CollegeConsulentschap voor Heraldiek in de Provincie GroningenAfdeling Heraldiek van de Koninklijke Commissie voor Monumenten en LandschappenHeraldisch College van de Vlaamse Vereniging voor Familiekunde

Die Lae Lande is in 1815 as die Koninkrijk der Nederlanden verenig, en is in 1830 tydens die Belgiese opstand verdeel. Die koningswapens en die wapens van provinsies, plaaslike regerings en ander amptelike instansies, sowel as die wapens van die adelstand, val onder amptelike beheer, maar nie dié van private burgers nie. Etlike heraldiese streeksargiewe voorsien wel ’n diens.

 

Frankryk

Société Française d’Heraldique et de SigillographieConseil Français d’Heraldique

Toe Frankryk onder die heerskappy van die konings van die Huis Capet geval het, het dit geen voorsiening gemaak dat heroute heraldiese wapens kon verleen nie. Hierdie toestand duur vandag voort in die Franse Republiek.

 

Switserland

Switserse Heraldiese VerenigingWappenkommission der Zünfte Zürichs

Die private wapens van Switserse burgers was nog altyd sonder regulering, alhoewel beide stadsburgers en boere heelwat gebruik maak van die heraldiek. Sommige kantons hou boek van sulke wapens, alhoewel geen voorsiening gemaak word vir wetlike beskerming nie. Twee private verenigings voorsien ook ’n soortgelyke diens.

 

Skandinawië

Skandinavisk VappenRulleSvenska Heraldiska FöreningenHeraldiese Vereniging van FinlandCollegium Heraldicum Fennicum

Terwyl die heraldiese praktyk van land tot land in Skandinawië verskil, val die wapens van private burgers onder geen Staatsbeheer nie. Daar is vier private genootskappe (twee in Swede, twee in Finland) wat private wapens registreer.

 

Engelssprekende lande

In die Engelssprekende wêreld is daar heraldiese owerhede in Engeland, Skotland, Ierland, Kanada en Nieu-Seeland. Australië val formeel onder die gesag van die College of Arms in Londen, maar daar is weinige effektiewe beheer oor die heraldiek nie. Die militêre vertakkings van die Verenigde Sate val onder die Institute of Heraldry in Washington DC, maar daar is geen formele beheer oor die wapens van òf staats- of plaaslike regerings òf dié van private burgers in die VSA. Veral Amerikaners maak gebruik van ’n verskeidenheid private argiewe.

 

Slawiese lande

‘‘Beli Orao’’Akademie heraldických nauk Ceské republikyCeská Genealogická a Heraldicka Spolecnost v Praze

Die praktyk van die heraldiek varieer heelwat van die een Slawiese land tot die ander. In die meeste van hulle het die heraldiek onder kommunistiese oorheersing feitlik uitgesterf, maar sedert 1991 floreer dit alweer. Etlikes het amptelike heraldiese argiewe, maar geeneen van hulle maak voorsiening vir die verlening of registrasie van die wapens van private burgers nie. Twee lande, die Tsjeggiese Republiek en Serbië, het private genootskappe wat nie-amptelike argiewe van persoonlike wapens aanhou.

 

Die werfmeester wil sy dank uitspreek teenoor Joseph McMillan van die American Heraldry Society vir sy navorsing aangaandie hierdie argiewe.

 

Lede word versoek om addisionele webwerwe vir insluiting hierby in te sluit. Skryf aan die werfmeester.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na skakels-indeks

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1