Heraldry Society of Southern Africa
http://uk.geocities.com/arma_za

Heraldiese argiewe in die Engelssprekende wêreld

 

In die Engelssprekende wêreld[1] is daar heraldiese owerhede in Engeland, Skotland, Ierland, Kanada en Nieu-Seeland (kyk hierdie bladsy). Australië val formeel onder die gesag van die College of Arms in Londen, maar het weinige effektiewe beheer oor die heraldiek nie. Die militêre vertakkings van die Verenigde State het die Institute of Heraldry in Washington DC, maar daar is geen formele beheer oor die wapens van òf staats- of plaaslike regerings òf dié van private burgers in die VSA nie. Amerikaners veral maak gebruik van ’n aantal private argiewe.

 

Burke’s Peerage and Gentry International Register of Arms

Burke’s was oorspronklik ’n private uitgewery van sir Bernard Burke, wat in die laat 19de eeu as Wapenkoning Ulster in Dublin gedien het. Dit is onlangs weer in die lewe geroep, en voorsien (onder ander dienste) ’n argief. Dit is gesetel in Collin, in Dumfriesshire, Skotland.

 

New England Historic Genealogical Society

In 1845 gestig. Onder sy dienste is ’n private heraldiese argief

 

The Augustan Society

Hierdie genootskap, wat in 1957 georganiseer is, het in 1966 begin om wapens te registreer. Dit is in Daggett, California, gebaseer.

 

American College of Heraldry

Private heraldiese argief

 

US Heraldic Registry

In 2005 gestig om gratis aanlyn-registrasie te voorsien van oorerflike, verleende of aangenome wapens in die Verenigde State.

 

Lede word genooi om bykomende webwerwe vir insluiting hierby aan te meld. Skryf aan die werfmeester.



[1] Buiten Suid-Afrika.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na argiewe-indeks

Terug na skakels-indeks

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1