Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Heraldiese argiewe in Slawiessprekende lande

‘‘Beli Orao’’Akademie heraldických nauk Ceské republikyCeská Genealogická a Heraldicka Spolecnost v Praze

Die heraldiese praktyk varieer heelwat van die een Slawiese land na die ander. In die meeste daarvan het die heraldiek onder kommunistiese oorheersing feitlik uitgesterf, maar floreer alweer sedert 1991. Sommige het amptelike heraldiese argiewe, maar geeneen van hulle maak voorsiening vir die verlening of registrasie van die wapens van private burgers nie. Twee lande, die Tsjeggiese Republiek en Serbië, het private vereningings wat nie-amptelike argiewe van persoonlike wapens aanhou.

 

Srpsko Heraldichko Drushtvo “Beli Orao”

(“Wit Adelaar” Serbiese Heraldiese Vereniging) – ’n privaat organisasie wat volgens oktrooi gemagtig is om nuwe wapens te ontwerp en te registreer, en om tesame met die geaffilieerde Serbiese Genealogiese Vereniging die oorerflike reg op reeds bestaande wapens te sertifiseer.

 

 Akademie heraldických nauk České republiky

(Akademie van Heraldiese Wetenskappe van die Tsjeggiese Republiek) – ’n navorsings-organisasie wat ook wapens, seëls, vlae en insignieë registreer.

 

Česká Genealogická a Heraldicka Společnost v Praze

Aanlynse register van persoonlike wapens (alleenlik in Tsjeggies) van die Tsjeggiese Genealogiese en Heraldiese Genooskap

 

Lede word versoek om bykomende webwerwe vir insluiting hierby aan te meld. Skryf aan die werfmeester.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na argiewe-indeks

Terug na skakels-indeks

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1