|
|
|
|
Sequoia Nasionale Park Die Sequoia Nasionale Park is waar die Sequoia bome aangetref word en dis die grootste lewende wesens. Dit is vreeslik mooi en ongelooflik groot! Kyk gerus self. Clint ('n SA vriend van ons) het ons genooi om die naweek daar te kuier. Dis 'n ski-oord waar ons gebly het en dis pragtig! Ons het dit vreeslik geniet. Ons wil egter Januarie weer gaan as daar sneeu is. Hulle het nou ook sneeu gehad, maar meeste het al gesmelt. |