Big Basin Park 

Home Up Big Basin Park Henry Coe Park Hillsborough River Sequoia Nas Park Yosemite Park

Big Basin Rooihout Park

Kalifornië is mos bekend vir al die Rooihoutbome en ons het na nog 'n park gaan kyk met die gewilde bome. Die Big Basin Park is die oudste  Park in Kalifornië en is sowat 18 000 akker groot. Die park is suidwes van San Jose, Kalifornië.

Dis net ongelooflik hoe mooi die bome is en hoe hoog hulle is. Saam met die Rooihoutbome is daar talle ander plantegroei. Dis nou begin Lente en ons het 'n groot verskeidenheid van groen kleure gesien en daar is baie mooi varings en veldblomme wat so tussen die bome groei. Die dag wat ons daar was, was dit mistig na so bietjie reën. Die son het begin deurkom en dit was asemrowend. Kyk self.

Rivier met helder water

Baie ou brug

Een van die Rooihoutbome

Son kom deur die bome

Nog steeds mistig

Fantasties!

 
Hosted by www.Geocities.ws

1