Dagboek Nuusbrief Fotos CDs en DVDs Bladmusiek Amethyst Skakels Kontak Teken Gasteboek Lees Gasteboek


Hier sal jy inligting kry oor die optredes van Philip Raath, Dawie Beukes, Danie Grey en Hannes Schoeman, nuwe CD en DVD vrystellings, boeremusiekfeeste en -toere.

Hierdie blad word kort-kort opdateer, so kom kyk maar gereeld wat is nuut en onthou om die herlaai knoppie te druk.


NUUS


05/01/2007
Ons wens julle almal 'n baie voorspeodige 2008 toe en hoop die jaar sal net die beste voortbring. 2007 het met 'n fenominale spoed verby gevlieg en ek hoop hierdie jaar sal rustiger wees met meer tyd om aan familie en vriende te spandeer.

19/07/2007
Danie, Sollie en Theo se nuwe cd's is vrygestel en is beskikbaar in die winkels of by Hannes - 017 714 2209. Die dagboek is weer bygewerk so gaan kyk gerus of daar iets in jou omgewing aan die gang is. Ons speel binnekort in Pietersburg, Vyeboom, Middelburg, vd Bijl Park en Koster. Hannes se nuwe DVD is ook vinnig besig om klaar te kom so kyk uit daarvoor in die nabye toekoms. Radio Pretoria bied weer hulle Boeremusiekkompetisie aan vanaf 25 Augustus , luister gerus daarna en ondersteun julle gunsteling orkeste.

16/05/2007
Hierdie jaar vlieg vinniger as wat ek vermoed het. Gedurende Februarie het ek en Dawie gewerk aan 'n advertensie, gaan kyk gerus op die fotos bladsy vir 'n foto van ons saam met Malick Snell se Klopse. Sollie Marx se nuwe CD is tans by die drukkers, Danie Grey het ook 'n nuwe CD opgeneem en dit is ook al by die drukkers, Theo Slabbert se nuwe CD is besig om geredigeer te word en sal binnekort gereed wees. Daar is al twee Koppisol byeenkomste verby en dit word net al hoe beter. Die afgelope een (begin Mei) was stampvol met o.a. Theo Slabbert en die Bredell orkeste as hoofkunstenaars. Meer en meer belowende spelers daag op vir die Saterdag speel en daar was weer 'n lang ry spelers wat al van vroeg gewag het om hulle name op die speellys te kry. Daar was ook heelwat nuwe gesigte wat vir die eerste keer kom kuier het, ons hoop om hulle almal gereeld by Koppisol te sien.
Die dagboeke is weer vir 'n verandering bygewerk asook die Skakels bladsy.

15/01/2007
Ons het die afgelope naweek hard gewerk aan Piet Snyman se nuwe CD. Die musiek daarop is baie opgewek, so wees gerus op die uitkyk daarvoor, dit sal een van die dae klaar wees. Sollie Marx se nuwe CD word vroeg in Februarie opgeneem, so dis nog iets om na uit te sien. Koppisol is weer op ons en ek hoor die plek is al amper vol bespreek. Die piet Bester Boeremusiekklub se funksies word nou aangebied in die Tom Naude Hoërskool saal. Die 2007 funksiedatums vir Koppisol, TBK en Piet Bester klubs is bygewerk in die dagboek.

05/01/2007

Ons het baie goeie nuus ontvang gisteraand. Daar is 'n nuwe aankomeling in die boeremusiek kringe. Deon en Elna (beter bekend as Jakkals en Sagrys) Kemp se dogtertjie is gisteraand gebore! Sy het al klaar 'n konsertina en 'n kitaar, maar kan nog nie besluit watter instrument om te speel nie. Sy sing blykbaar ook nie te sleg nie.


Counter
Hosted by www.Geocities.ws

1