17/07/2006
Vriende,
`n Lekker bord sop, sit voor `n kaggel en lepel lê. Dit is die voordeel van wintertyd. Dit is nou te sê as jy `n kaggel het, of, as jy en die wederhelf nie kwaad vir mekaar is nie. Hoop julle geniet die winter, want een van die dae klae ons weer oor die hitte.
2 Weke gelede het ons `n week op die plaas by Theo Slabbert en Marita deurgebring, terwyl ons `n DVD van Theo se orkes in die Noorsveld gemaak het. Dit was voorwaar `n heerlike naweek en oud en jonk het lekker saam gekuier. Ek dink ons was partykeer tot 19 persone wat op die plaas ge-eet en geslaap het. Marita moes bontstaan om almal gelukkig te hou. Ons wil graag aan haar en Theo baie dankie sê vir hulle gasvryheid en geduld. Ons het `n prag DVD opgeneem en beslis nuwe talent ontdek as dit by toneelspel kom. Dit is `n lekker DVD met baie pret en humor daarop.
Ons volgende Koppisol na-week is gerëel vir 1 - 3 September (met die aanbreek van lente), en ons verwag weer `n groot opkoms. Ek het vir die Bredell orkes gevra om vir ons die aand se musiek te verskaf, maar ongelukkig (vir ons) moet Willie Kanada toe vir sy werk. Ons hoop hy sal dit daar geniet en sommer ook `n paar boeremusiek CDs uitdeel om ons kultuur daar te bemark.
Omdat Willie nie beskikbaar is nie, het ek toe weer vir Theo gevra om vir ons die musiek te verskaf, en het hy ingewillig. Ek hoop om die Noorsvelders se DVD dan ook beskikbaar te hê terwyl hulle hier is.
Die geestelike CD deur verskeie boeremusikante is uiteindelik (na meer as `n jaar) voltooi en word nou gedruk. Ons het ook `n prag CD van Robbie Holm en ds Dawie le Roux opgeneem wat op die winkel rakke gaan verskyn. Die manne het hulself oortref en ek wil hulle graag gelukwens met `n puik opname. Albei hierdie CDs sal die 1e September beskikbaar wees met ons saamtrek.
Groot was ons verbasing en blydskap toe ons onlangs vir die TBK, aan die Wesrand, gaan musiek maak het, en tannie Chrissie bring vir oom Rooies in. Ons is so bly om te sien dat sy vegtersgees, ten spyte van die beroerte, nog sterk is. Hy het dit moeilik gevind om met ons te kommunikeer, maar ons kon sien hy het dit geniet om die aand saam met ons te kuier. Hou asb aan om vir hom en tannie Chrissie te bid terwyl hy herstel.
Daar is vele mense wat ons geskakel het met nuus oor siekte onder ons mense, veral kanker gevalle neem toe, of so lyk dit altans. Omdat die meeste van u gereelde besoekers is by Koppisol, ken ons u, en is ons saam met u hartseer as ons mense siek word of aan die dood afgestaan word. Dit is ons voorreg as gelowiges om vir mekaar te bid. Neem asb die vrymoedigheid om ons te skakel of om `n briefie in die pos te gooi as u wil hê ons moet saam met u bid vir omstandighede wat moeilik is. Ons doen dit met graagte.
Welkom aan al ons nuwe lede wat op die adreslys is. Vele mense het ons geskakel om te sê hulle kry nou ons DVDs op die winkelrakke. Ek dink dit is omdat daar soveel navrae daarvoor is. Boeremusiek is besig om stadig veld te wen en dit kan net nog beter gaan vorentoe.
CDs en DVDs beskikbaar by Ina:
" Loof Hom - Hannes Schoeman
" Outydse Boeremusiek - Oom Thys NortjÉ
" Trap Der Boerpomp - Danie Grey
" Sunrise With Jesus - Gerhard Geldenhuys
" Lekker Ou Kitaar - Sollie Marx
" Boeremusiek Pitkos No 1 - Verskeie Kunstenaars
" Boeremusiek Pitkos No 2 - Verskeie Kunstenaars
" Jolige Kitaar - Sollie Marx
" Musiek Vir Die Wapad - Theo Slabbert
" Ek Sal By Jou Staan - Hannes Schoeman (Kitaar)
" Weskus-toe Met Die Korrelkoppe - Hannes, Danie, Philip En Dawie
" La Paloma - Hannes Schoeman
" Daar Doer Uit Die Noorsveld - Theo Slabbert
" Versamelgoed - Piet Snyman
" Daar Doer Uit Die Noorsveld - Theo Slabbert
" So Het Oupa Gespeel - Hannes Schoeman
" Kielie Konsertina - Hannes Schoeman
" Alla WÊReld - Die Vyf Namakwalanders
" Outydse Konsertina En Viool - Hannes En Oom Alby
" Kitaar Boertjie - Hannes Schoeman
DVDs
" Outydse"Padlangs" Boeremusiek - Verskeie Kunstenaars
" Weskus-toe - Die Korrelkoppe (Danie, Hannes, Philip En Dawie)
" "Boerse" Kitaar - Hennie De Bruyn, Sollie Marx, Michiel Visser En AndrÉ Henning
Die volgende CDs en DVDs sal eers die 1e September beskikbaar wees:
Ons Sal U Loof - Verskeie Boeremusikante (CD)
By Die Waterval - Robbie Holm En Sy Manne (CD)
Boeremusiek Met "Sports" - Theo Slabbert En Sy Manne (DVD)
Oom Thys Oosthuisen het `n briefie geskryf om dankie te sê vir die boeremusiek wat ons probeer bevorder en ook om te vra wat dit kos om aan H&R Musiek Klub te behoort.
Oom Thys, dit kos niks.
Ons is baie gelukkig om genoeg CDs te verkoop om ons kostes te dek. Al wat ons vra is dat ons mense ons net sal laat weet as hulle van adres verander, of nie meer briewe wil ontvang nie sodat ons hulle van die adreslys kan afhaal. Dit is 'n mors van geld om briewe uit te stuur net om dit weer terug te kry met `n nota "box closed" of "onbekend".
Groete,
Hannes en Ina Schoeman