| Afrikaans ROCK!!!!! |
| My Info: |
| Rudi Greyson |
| Name: |
| Email: |
| Na lange duur en baie aande se spook om die klank reg te kry het ek my eerste CD opgeneem, sommer so by die huis. Klank is ietwat suiserig maar die beter gawe is in die pyplyn en sal seker so teen einde Maart/April klaar wees. Weereens stuur ek die boodskap uit...Sou julle enige musiek soek met kitaar drukke stuur vir my e-mail of sit die versoek in my gasteboek dan sal ek dit vir julle mail.As gevolg van kopie regte ensovoorts gaan ek nie die kans vat om dit op die site te sit nie. |
| Ek wil graag nog 'n bladsy by die site voeg maar dit is waar ek julle mense se hulp gaan benodig. Ek sou graag 'n bladsy wil byvoeg in die lyn van "Die Internet gemeenskap van Afrikaanse kitaar spelers" of iets van die aard. So as julle foto's het van jul self sal ek dit waardeer as julle dit vir my kan stuur dat ek dit op die site kan post. Nog iets wat ek graag sal wil doen is gedigte of liedjies wat julle geskryf het en met die wereld sal wil deel kan julle dit vir my stuur sodat ek dit ook op die site kan sit. |
| As daar enige mense is wat gedigte en/of liedjies skryf en die woorde graag wil stuur is julle welkom om dit te doen dan post ek dit ook op die site. |
![]() |
| MY CD!!! |