<BGSOUND SRC="Tears_in_Heaven.mid">
Links na ander blaaie

Hoof Bladsy
Teken Gasteboek
Lees Gasteboek
Foto Bladsy
Foto Bladsy 2
Foto Bladsy 3
Die Internet Gemeenskap van
Afrikaanse Kitaarspelers

Gedigte
Gedigte 2
Gedigte 3
Ter herriniring van Eugene van Rooyen
Koos Kombuis
Kristoe Strauss
Huldeblyk aan Afrikaanse Kunstenaars
Eugene van Rooyen
1981 - 2005
Hierdie bladsy word opgedra aan my beste vriend van 18 jaar wat geskiet is op die 30ste April 2005 en in die hospitaal oorlede is op die 10de Mei 2005.
Ek mis jou baie...
Ek mis jou...

Die nag kleur grys
En die dag breek aan
Die windjie waai
En ek hoor jou naam
Langsaam kom ek by
Ek mis jou
Mis jy my?

Die daglig skreeu
Elke woord verdoof
'n Werwelstorm
Raas in my hoof
Tog is jy stil
Hier langsaan my
Mis ek jou steeds
Mis jy my?

In 'n droom
Staan jy langs my
En in 'n ander
Is ek aan jou sy
Ek mis jou
Mis jy my?

'n Nuwe dag
Ek is maar stom
Ek sit en wag
Tot niemand kom
Sit steeds en wag
Maar niemand kom
Ek mis jou...
Ek het jou nie vergeet nie

Jy was nie net 'n vriend nie
Soms meer ook as 'n broer
Dit is dan seker daarom
Jy so in my gedagtes boer

Eensaamheid is moeilik
Ek mis jou elke dag
Jou stem is nog so duidelik
Hoor jou elke dag nog lag

Jy bly steeds leef hier in my
En sal nooit regtig sterf
Want als jy wat jy gedoen het
Het ek vir ewigheid ge-erf

Vir my het jy beteken
Meer as jy ooit kon dink
Maar jy moes ons dalk verlaat het
Want die Vader het gewink

Jy't nie verniet gesterf nie
Ons almal het geleer
En wat jy my geleer het
Sal ek tot in ewigheid vereer.
Onthou...Wens...

Jy was my beste maatjie
En jy sal ook altyd bly
Die eerste een met brille
Van graad 1 af saam met my

In die parkie het ons fiets gery
En op die houtklimraam gespeel
Later ook daar saam gevry
Die herinneringe is te veel

Saam het ons daar bier gedrink
En skelm ook gerook
Nicolene wat oorkant die pad gewoon het
Onthou jy nog die kak wat ons kon stook?

In London het jy weggeraak
Jy het my weer kom vind
Ons het mekaar weer gesien
En omhels met die vreugde van 'n kind

18 Jaar se vriendskap
Is te veel vir papier
Kortliks wat ek probeer se is:
"Ek wens jy was nog hier..."
Hemel

Toe ek klein was, was die hemel
Erens bo in die lug
En jy kon slegs daar daar kom
Met 'n allerlaaste sug
Jy le tussen witte lakens
En jy loop in goue strate
Oor pleine met fonteine
Gevul met lemonade

Jy vlieg deur spierwit wolke
En 'n engel hou jou vas
Jy kon geloop het op die water
Want die water was van glas
Elkeen was daar gelukkig
Sou nooit weer honger wees
Op aarde net ellende
Sou als hier anders lees

Maar ek weet nie meer
Waar die hemel is nie
Ek weet nie meer waar ek gaan
Probeer weer kyk
Deur die oe van 'n kind
Maar daardie prentjie is vergete
Verlore in die wind

Ek word ouer, steeds gelowig
Bly leef in fantasie
Kyk rondom my wat aangaan
Na 'n wereld gevul met anargie
En ek vlieg hoog deur die wolke
Na 'n plek ver van hier vandaan
Maar ek sien geen goue poorte
En geen fonteine staan

En ek weet nie meer
Waar die hemel is nie
Ek weet nie meer
Waar ek gaan
En kyk weer deur die oe van 'n kind
En glo net - die hemel bestaan...
Kan jy my hoor?

Ek roep jou naam
Maar jy's nie meer hier nie
Ek soek jou raad
Maar jy kan my nie meer help nie

Die verlange na jou is byna ondraaglik
Die gedagte van die res van my lewe sonder jou
Die laaste tyd is ek mislik
Jy moes nog daar gewees het as ek trou...

Daar is 'n gat in my siel
En my toekoms verniel
Waar sit die 'visual switch' in my kop?
Want ek wil net he die drome moet stop

Ek sal altyd met jou praat
Ek hoop dat jy sal luister
Want alleen daardie gedagte
Sal die gat in my hart toe pleister...
Daar was nog soveel op ons agenda...
Ons sou nog soveel saam beleef het en soveel dinge wat beplan was moes nog gedoen word.Nooit in my lewe het die gedagte dat jy van my ontneem gaan word my gedagtes gekruis nie.Ek sien jou steeds, hoor jou steeds en ek weet jy is nie ver nie.Ek mis jou elke dag, maar die realiteit is nog nie daar nie...Ek vrees die dag wanneer ek besef jy is regtig weg.
Hosted by www.Geocities.ws

1