| Kristoe Strauss |
![]() |
| KRISTOE SE CD - KOOP DIT!! |
| Ek het na Koos Kombuis se Valentine show gaan kyk en toe het Kristoe saam met hom opgetree. Ek het nog nooit in my lewe voorheen van hom gehoor nie, en toe hy begin sing was ek spyt... Spyt dat ek nie van die begin af van hom geweet het nie! Kristoe is kookwater!! Hy skryf sy eie lirieke en deesdae in afrikaanse musiek betekin dit vir my persoonlik baie...Dit is nie net NOG iemand wat op die soustrein wil klim nie. Sy songs is sekerlik van die beste afrikaanse musiek wat ek nog teegekom het... As julle hom nog nie hoor optree het nie doen jouself 'n guns en gaan na www.rsgmusiek.co.za en kyk wanneer hy optree.Jy sal nie spyt wees nie! Van sy lirieke met akkoorde is op www.geocities.com/kitaarmykruis |
![]() |
![]() |
![]() |
| Kristoe en Koos sing by KKNK |
| Kristoe by Oppikoppie |
![]() |
| Kristoe by Oppikoppie 2000 |
| En so ook is ek nie die enigste persoon wat so dink nie...Lees hier onder: Katvrou skryf op LITNET: "..Om 'n onbekende CD te luister en dadelik daaraan vas te groei, gebuer minder gereeld. Maar sodra jy die musiek voor jou sien gebuer, kry daai plat blink skyf altemit sy tweede wind. Ek het gedink ek ken Kristoe Strauss se liedjies. En so sit ek toe heel gemaklik die pot mis. Die CD is net die resep. Op die verhoog wys Kristoe se lyftaal en oopbek gesels met kaal voete en kitaar op die heup vir jou hoe naby hy eintlik aan sy musiek is....." (Verkry vanaf Kristoe se webwerf) |