My Gedigte en      Songs...         
Soos Jerigo

Onthou jy nog hoe lyk Firken drie uur die oggend?
Of die sterk smaak van News Cafe se cocktails?
Die musiek van Nardus du Plooy was vir my heeltemal nuut
Die gevoel wat ek vir jou gehad het ook
Ek het nog nooit vantevore so oor iemand gevoel nie!!
Besef jy dat ek steeds so voel?
Telkemale het jy hart gebreek, jy doen dit steeds...
Vergete le dit agter my want ek koester net die goeie
Jou beeldskoonheid verstom my steeds elke dag
Wanneer jy loop, sit, staan, le of lag
Maar soos Jerigo het jy ook 'n muur rondom jou gebou
Die mense in Jerigo kon die mense buite hoor
Maar hulle was nie deel van die stad nie, uit hul lewens gesluit
So ook kan jy my hoor maar ek is uit jou hart gesluit
Welkom is die mense wat voorheen daar was
Selfs het hulle die binnekant swart gesmeer en die meubels vernietig
Hulle het die gordyne geskeur en al die mooi verjaag...
Jy het dit weer herstel; jy het helder gordyne gehang
En die mooiste muebels daarin geplaas
Die mure is gerestoree na die helder kleure van die reenboog
Maar jy hou die deur toe onder grendel en slot
Aan my word daar geen duplikaat sleutel gebied
Vir sewe dae sal ek om jou stad se mure stap
Op die sewende dag sal ek op my trompet blaas en skree
Jou stad se mure sal inmekaar tuimel en ek sal jou inval
Ek gaan jou oorwin en myself in jou hart huisves
Ek wil die res van my korte bestaan aan jou opdra
Die tyd gaan so gou verby, ons lewens loop ons vooruit
Ons kan nie 'n dag verder mors nie...

Die rang wat ek dra

Die rang wat ek dra
Het al dikwels gepla
Soveel trane en smart
Deur hierdie hart

Tevergeefs probeer ek keer
Want altyd kry ek seer
Jy't jou hart gesluit
En jy hou my daaruit

Ek dra my hart op my mou
En wys dit te maklik vir jou
Geen militere rang
Maak mense so bang

Ek wens jy wil jouself oopmaak
Sodat jy vir my kan lief raak
Ek kan jou gelukkig maak
Maar uit die aard van die saak

WIL JY NIE BY MY WEES NIE!!!

Jy breek my hart

Ek kuier by jou huis
Maar jy's nie meer daar nie
Ek kuier nie alleen nie
Maar die persoon is nie jy nie

Diep in gedagte, ver in die hoek
Sit ek en smag
Om dit weer te hoor
Om jou te hoor lag

Dit is amper Kersfeestyd
En jy kla jy's alleen
Maar die besluit le by jou
Want EK is hier, en ek is dalk die een...

Jy't my altyd so goed laat voel
Deesdae is jou hart so donker
En die persoon so na aan my so koel
Wat is ons dan? Begin ek weer wonder

Jy se jy is lief vir my
En jy wil he ek moet bly
Maar sodra ons stry
Word voorregte en sleutels ontneem van my

Moet asb nie se jy is vir my lief
as jy dit nie bedoel nie
want soos jou kosbaarste besitting
gesteel deur 'n dief

BREEK DIT MY HART!!!


Links na ander blaaie
Hoof Bladsy
Foto Bladsy
Foto Bladsy 2
Foto Bladsy 3
Gedigte
Gedigte 2
Gedigte 3
Koos Kombuis
Kristoe Strauss
Die Internet Gemeenskap van Afrikaanse Kitaar Spelers
Huldeblyk aan Afrikaanse Kunstenaars
Hosted by www.Geocities.ws

1