AANKONDIGING VAN DIE SITE SE PRESIDENTE:
Goeiedag of -nag en 'n vuurwarm welkom aan julle by KITAAR MY KRUIS - 'n webblad dedicated aan kookwaterwarm Afrikaanse kitaartabs. Soos ons almal weet is die aanvraag vir Afrikaanse kitaartabs op die internet geweldig groot, en daarom het ek en my neef WP (beter bekend in die underground kringe as Mr. P) besluit om di� liedjies wat ons kan speel uit te tik en aan die mense te bring.
As 'n punt van orde: ons probeer geensins plagiaat pleeg of op kopiereg inbreuk maak nie, maar ons is bewus van die feit dat dit vir sommige kunstenaars 'n probleem kan wees. Dus, as daar sterk gevoelens oor die saak is, kontak ons groot asseblief en ons kan die saak bespreek! Ons sal ook wil hoor van die skrywers van die liedjies, sodat ons die nodige erkenning kan gee.
Laastens, Afrikaans is ons taal en dis belangrik om trots daarop te wees. Wys my nog 'n taal so reg gebek vir raak-s�! Dit gaan my verstand te bowe dat mense skaam kan wees om te luister na Koos Doep, Kerkorrel, Mel Botes, Koos Kombuis en Piet Botha, maar nie hulle koppe onder bruin winkelsakke toemaak as hulle Britney of *N'Sync koop of luister nie. Afrikaans is my trots en wat 'n beter manier om dit te bevorder as deur musiek? As daar van julle is wat enige Afrikaanse liedjies kan speel wat nie op die site is nie, stuur hulle groot asseblief. Help die mense en help die taal. Afrikaans - hiert, jou lostong re�nboogtaal!
(*) |