Armoria civica
http://www.geocities.com/muurkroon

WESTELIKE DISTRIKSRAAD / WESTERN DISTRICT COUNCIL
Provinsie: Oos-Kaap.
Gevorm: 1995, met inlywing van Streeksdiensteraad Algoa en Streeksdiensteraad Camdeboo.
Herorganiseer: 2000, in Distriksraad Cacadu; 地 klein deel daarvan het deel van Nelson Mandela Metropool geword.

Westelike Distriksraad

Die wapen mag so geblasoeneer word:

In goud, besaai met rooi gelykarmige kruisies, 地 gegolfde paal in blou belaai met 地 goue skopgraaf; op 地 skildhoof van blou 地 agtgspekige wiel tussen twee ankers, alles van goud.

Helmteken: Die karavel S縊 Gabriel met seile gespan, waarop die kruis van die Orde van Christus, bo-op die hoofmas 地 banier van die wapen van Portugal.

Dekkleed: Goud en blou.

Leuse: Deo adjuvante labor profecit (Met Gods hulp sal ons uit ons arbeid baat).

Oor die wapen en die raad:
Die wapen is direk vanaf die Streeksdiensteraad Algoa oorgeneem, sonder enige veranderings, ten spyte van die feit dat die nuwe raad die meeste van die Streeksdiensteraad Camdeboo ook ingelyf het.

Die raad is aanvanklik Distriksraad Westelike Streek genoem, aangesien dit die westelike deel van die Provinsie Oos-Kaap gevorm het, maar die naam het kort voor lank Westelike Distriksraad geword.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Bron: illustrasie deur die raad voorsien.
  • Skandering met vergunning van die Evening Post.


    Terug na rade-indeks

    Terug na Armoria civica-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • Hosted by www.Geocities.ws

    1