Armoria civica
http://www.geocities.com/muurkroon

STREEKSDIENSTERAAD ALGOA / ALGOA REGIONAL SERVICES COUNCIL
Provinsie: Kaapprovinsie.
Gevorm: 1987, met inlywing van Afdelingsraad Dias (1978 AR Port Elizabeth, AR Bathurst, AR Albany, AR Alexandria), Afdelingsraad Winterhoek (1978 AR Humansdorp, AR Uitenhage, AR Kirkwood, AR Willowmore, AR Steytlerville).
Ingelyf in: Westelike Distriksraad (1995)

Streeksdiensteraad Algoa

Die wapen mag so geblasoeneer word:

In goud, besaai met rooi gelykarmige kruisies, ’n gegolfde paal in blou belaai met ’n goue skopgraaf; op ’n skildhoof van blou ’n agtgspekige wiel tussen twee ankers, alles van goud.

Helmteken: Die karavel São Gabriel met seile gespan, waarop die kruis van die Orde van Christus, bo-op die hoofmas ’n banier van die wapen van Portugal.

Dekkleed: Goud en blou.

Leuse: Deo adjuvante labor profecit (Met Gods hulp sal ons uit ons arbeid baat).

Wapen verduidelik:
Die veld belaai met kruisies simboliseer die doel van Christelike sending wat agter die ontdekkingsreise van die Portugese Orde van Christus gelê het, en die grotendeels Christelike karakter van die huidige Suid-Afrika.

Bartolomeo Dias se reis van 1488 aan boord van die São Gabriel was die eerste om Algoabaai te bereik. Daar het hy ’n houtkruis geplant op ’n eilandjie wat huidig St Croix of Santa Cruz genoem word. Hy het die baai ’n naam gegee wat “Baai van die Rots” beteken, wat in Portugal verander is na “Bahia de Lagoa” of Baai van die Lagune, en wat uiteindelik Algoabaai geword het. Da Gama het ook ’n klipkruis of padrão te Kwaaihoek, ten ooste van Algoabaai, geplant; hierdie punt val ook in die gebied van die SDR Algoa.

Die karavel is geneem van die wapen van die Afdelingsraad Dias. Ongelukkig word die banier op die hoofmas, wat veronderstel is om die wapen van koning João II van Portugal aantoon, alleenlik in rooi en wit getoon, terwyl die kruisagtige emblem in die middel in der waarheid in blou en wit is, en die rooi vlagsoom met kastele besaai is.

Behalwe die Christelike simboliek van die kruisies, verteenwoordig hulle die raad se gesondheidsdienste, die besorging van krankes en beseerdes, en vir die ambulansdiens wat deur die raad voorsien word.

Die gegolfde paal staan vir die riviere van die streek en die raad se verantwoordelikheid vir watervoorraad.

Die skopgraaf simboliseer padbou en -onderhoud, asook eerlike arbeid.

Die wiel verteenwoordig vooruitgang, vervoer, verkeer en paaie.

Die ankers stel glo standvastigheid en kalmte voor. Hierdie is die enigste wapenfigure wat van die wapen van die Stad Port Elizabeth oorgeneem is; dit is ironies dat die ankers (wat in die stadswapen in hulle natuurlike kleure voorkom) heel laaste by die stad se wapen bygevoeg is as breuk of aanduiding van verskil van die wapen van die stad se stigter, sir Rufane Donkin. Dit simboliseer ook die veilige hawe van Algoabaai, en moontlik ook die verbintenis met die Kaapprovinsie.

Oor die streek:
Die streek onder beheer van die SDR Algoa was gedurende die interim-tydperk vanaf Mei 1994 tot Julie 1995 deel van die Provinsie Oos-Kaap, totdat plaaslike regerings-verkiesings gehou is ná die einde van apartheid. In hierdie tydperk het die administrasies van Ciskei en Transkei ook steeds in die oostelike deel van Oos-Kaap gefunksioneer, alhoewel hulle reeds formeel afgeskaf is.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Bron: illustrasie voorsien deur Westelike Distriksraad.
  • Skandering met vergunning van die Evening Post.


    Terug na rade-indeks

    Terug na Armoria civica-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • Hosted by www.Geocities.ws

    1