Alcatraz 

Home Up Allerlei.. Alcatraz Bay Bridge Dieretuin Golden Gate Bridge Golden Gate Park Palace of Fine Arts Stad self

Alcatraz Eiland - San Francisco

Alcatraz was 'n Amerikaanse federale tronk gewees vanaf 1934 - 1963. Van die meer bekende name van mense wat in die tronk was, is onder andere : Al Capone, (ons het sy sel ook gesien) George "Machine Gun" Kelly en Robert Franklin Stroud ("The Birdman"). Dit was so interessant om die tronk te sien. Die aanbieding daarvan is baie goed. Elke persoon het sy eie oorfone en kaset wat die hele verhaal op het en dan loop jy op jou eie deur die tronk. Mens kry nogals koue rillings as jy deur die tronk beweeg.

Daar was 36  mense wat ontsnap het uit die tronk, of probeer het. Meeste is weer gevind of geskiet. Behalwe die Morris en Anglin broers..... Of hulle vasteland kon bereik sonder om te vries in die water, sal ons nie weet nie. Hulle is nie weer opgespoor nie...

Die mense wat by die tronk gewerk het, het saam met hulle families op die eiland gewoon. Dit het egter te duur geword om die tronk daar te hou en is 21 Maart 1963 gesluit. Gedurende 1969 het die "Native Americans" die eiland beset. Hulle het geglo dat die grond aanvanklik aan hulle behoort het voor die Amerikaners daar was. Maar hulle het ook besef dat om daar te wil oorleef duur is en is 18 maande later daar weg. Oneglukkig het van die geboue in die tyd afgebrand en is daar orals geskryf op die mure. Daar is toe besluit om dit as 'n Nasionale Park te verklaar en toeriste is vanaf 1973 toegelaat.

 

Alcatraz eiland

Jy mag nie gavangenis bevry nie

Een van die selle

Bharat, wat het jy verkeerd gedoen?

Nog steeds in die tronk

Johan & Rona ook in die tronk...

 

Hosted by www.Geocities.ws

1