Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Robert Arthur Laing van Colington

Robert A Laing of Colington

Die Middeleeuse wapen van die hoof van die Klan Laing was in silwer, drie omgekeerde swart punte, die punte waarvan saamgetrek is. Robert A Laing van Colington, SBStJ, KCLJ, is die huidige Hoof van Klan Laing (alhoewel hy nog nie vir die Wapenkoning Lyon genader het om erkenning as klanhoof nie).

Robert Laing van Colington (eenvoudige wapen)

Voordat hy as klanhoof opgevolg het, het hy bekend gestaan as Robert A Laing van Colington Ygr (die Jongere).

Lid van die Heraldiekraad van Suid-Afrika tussen 1984 en ’96, het hy in 1995 beide voorsitter van die HGSA en redakteur van Arma geword, nà die dood in die vorige jaar van dr Cor Pama.[1] Laing het tot in 2002 as voorsitter van die HGSA gedien, toe majoor F G Brownell as voorsitter verkies is nà sy aftrede as Staatsheraldikus.

Hierdie wapen is 11 Junie 1978 aan die Lyon-Hof gematrikuleeer, en is 12 Januarie 1979 deur die Buro vir Heraldiek bevestig (met inbegrip van skildhouers en grond).

Daar is ook ’n ex-libris, omstreeks 1973 geteken, die werk van Chevalier T A Keith-Hill, GCLJ. Dit toon die wapen as dié van ’n erfopvolger, met ’n baresteel van drie punte. Gavin Schlemmer van die Buro vir Heraldiek het dit met heroutstawe geteken (wat die wapenvoerder aandui as Heraldiekraadslid). Die eenvoudige tekening van die skild, helm en helmteken kom van die webwerf van Klan Laing.

Die wapen mag so geblasoeneer word:

 

Wapen: In silwer, drie omgekeerde swart punte, die punte saamgetrek; op die middelste punt in die skildhoof staan ’n skuinskruis in goud met leliepunte.

Helmteken: ’n Haan met sy bek, kloue en belle in natuurlike kleure.

Wrong: Silwer en swart.

Dekkleed: Rooi met silwer voering.

Skildhouers: Twee bere in hulle natuurlike kleure, silwer gemuilband, met ’n goue hertogskroon om die nek en goud geketting.

Grond: ’n bult in natuurlike kleur, met pienk heide besaai.

Strydkreet: Vigilance.

Leuse: Nisi Dominus frustra.

 

In die Skotse tradisie verskyn die lint vir die strydkreet bo die helmteken. Onderkant die skild is die lint vir die Latynse leuse. Kyk die webwerf van die Klan Laing vir meer oor die wapen.



[1] Pama het die titel doktor deurgaans in sy korrespondensie gebruik, alhoewel dit suiwer ’n eredoktoraat was. Hy het geen tersiêre kwalifikasie gehou wat deur studie verdien is nie.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na wapenrol

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1